Malema: ‘Ek haat nie wit mense nie’

Julius Malema, leier van die EFF, saam met ander verteenwoordigers van die party. Foto: ANA

EFF-leier Julius Malema het geen doekies omgedraai tydens ʼn saamtrek Woensdag by die Nangoza Jebe-saal in Nelson Mandelabaai nie.

Die saamtrek is gehou in aanloop tot die mosie van wantroue teen burgemeester Athol Trollip wat vandag aangehoor word.

“Julle moet nooit slapelose nagte hê omdat bendelede [die Patriotic Alliance] hulle by Trollip geskaar het nie. Solank as wat ons sê Trollip sal gaan, sal hy gaan. As hy [Donderdag] oorleef, sal ons net weer terugkom,” het Malema gesê.

“Ons kom vir hom. Hoeveel mosies het Zuma oorleef? En waar is Zuma nou?” het Malema gesê. Hy het bygevoeg hy gee nie om of Trollip voortgaan om die leier te wees nie en het voorspel dat Trollip nie ʼn volle termyn sal uitdien nie.

Die stemmery vir die mosie van wantroue in Trollip vind vandag tydens ʼn spesiale raadsvergadering plaas.

Malema was in die stad om vir sy ondersteuners te verduidelik hoekom die party besluit het om ʼn mosie teen Trollip in te stel. Hy het gesê die rede vir die mosie kom neer op die DA se versuim om die EFF se beleid van grondonteiening sonder vergoeding te ondersteun.

“Hoekom baklei hulle so? Dit is omdat hulle dink Port Elizabeth behoort aan ʼn wit man en Malema wil dit by die wit man vat en dit teruggee vir die swart mense wat nie verdien om PE te bestuur nie. Hierdie grond is ons s’n ook. PE behoort aan ons ook. Dit is nie Europa dié nie.”

Malema het gesê hy “haat nie wit mense nie”, maar dat daar fundamentele verskille is wanneer dit by die kwessie van grond kom omdat die DA meen mense moet laekostebehuising ontvang en nie grond nie.

“Wanneer ons oor grond praat, praat ons oor die gedwonge verwydering van mense. Ons praat oor die grond en ons praat oor die oorloë wat in die Oos-Kaap plaasgevind het. Ons onthou die moorde deur die setlaars. Ons onthou die sambokke, ons onthou die huise wat deur die regime vernietig is. Hoekom reduseer hulle dit tot HOP-huise? Wanneer ons praat van grond, praat ons van die diepe pyn van die Afrika-mense.”

Malema het aan sy ondersteuners gesê die besluit om Trollip te verwyder is deel van ʼn groter strategie van die EFF om in beheer van Nelson Mandelabaai te kom en die grond aan swart mense terug te gee.

“Die grondkwessie is ʼn kardinale pilaar in die EFF. Ons is nie lojaal teenoor enigiemand nie, ons is lojaal teenoor die grond. Enigiemand wat wil grond hê, is ons vriend. Sommige van julle leiers vra hoekom ons nie in die regering ingaan nie. Ons gaan nie in ʼn regering ingaan wat nie vir julle grond gaan gee nie,” het hy gesê.

“Ons het nooit gesê dat wit mense hierdie land moet verlaat nie. Geen wit mens sal oor ons loop nie. Ons sê die grond moet deur almal besit word volgens demografie. Wit mense moet grond besit en vroue moet grond besit, maar meer swart mense moet grond besit.”

Malema het aan die skare gesê dat hy nie wit mense haat nie, maar dat hy “lief is vir swart mense” en dat hy enige pogings sal ondersteun om die swaarkry van swart mense in arm gemeenskappe te beëindig.

“Ons mense ly onder Trollip. Hy het hierheen gekom en die elektrisiteit van ons mense afgesny. Om dit weer aan te kry kos R300. Waar moet ons mense dit kry?”

Hy het belowe dat die EFF in Nelson Mandelabaai nie enige begrotings sal ondersteun wat aan die raad voorgelê word nie.

Malema het ook na Trollip gekap wat “gespog” het oor die 92% oorwinning in die tussenverkiesing in Wyk 1 in Nelson Mandelabaai. “Hy [Trollip] weet dit nie, maar hy ontbloot net homself. Dit wys net daar is geen swart mense in Wyk 1 nie, want die huise daar is duur. PE het nie transformeer nie, daar is ʼn probleem hier. PE behoort aan ons ook, dit behoort nie aan Elizabeth daar in Europa nie,” het hy gesê.

Malema het ook teruggekap na kritici wat meen hy is fascisties en gesê hy het nooit enigiemand doodgemaak nie. “Hulle het vir my gesê, jy het gesê jy sal moor vir Zuma en toe het jy om verskoning gevra, daarom is jy fascisties. Maar [pres. Cyril] Ramaphosa het nooit gesê hy sal moor vir enigiemand nie. Hy het gesê daar moet opgetree word teen die werkers in Marikana en daardie werkers is doodgemaak – Ramaphosa is nie ʼn fascis nie, hy is demokraties. Volgens die nuwe definisie is hy die tipe mens wat julle moet volg. Ek het nooit iemand in hierdie land doodgemaak of aangerand nie.”

Vroeër vandeesmaand het die EFF, wat die DA gehelp het om ná die plaaslike verkiesing in Augustus 2016 beheer by die ANC oor te neem, ʼn mosie van wantroue in Trollip ingedien. Die EFF het die ondersteuning van elke ander opposisieparty, insluitend die ANC, nodig om die 61 stem-meerderheid in die raad van 120 setels te kry.

Die DA het saam met sy oorblywende koalisievennote, die Congress of the People (Cope) en die African Christian Democratic Party (ACDP), altesaam 59 setels, terwyl die ANC 50 het, die EFF ses, die UDM twee en die PA, AIC en United Front een elk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Ruan ·

As hy wit mense dan nie haat nie hoekom wil hy ons uitmoor. Vandat ramaphose pres. Is is julius aan die gang laat mens wonder of die pres. Nie agter als sit nie laat julius sy vuil werk doen. My meening is ons sal baklei vir ons land en vir ons grond ons het hard gewerk vir dit wat ons het en sonder ons sou mense soos julius nog in klei huisies gebly het want elke liewe ding wat hy gebruik in sy lewe is deur die wit ma gemaak en ontwerp

E ·

Twyfel of Malema al ooit’n dag se werk gedoen het. Hy is ‘n windlawaai wat wil beslag lê op grond waarvoor hy nie gewerk het nie. Leë blikke maak die grootste lawaai …

Sê maar net ·

Kan die voorbok( kwaadstoker) nie ook uitgehaal word nie.

GM ·

Ons glo dat jy vreeslik lief is vir witmense ou Malematjie. My pa is die paashaas…

Veritas ·

As twak praat kolletjies was, was dié klong ‘n smartieboks. Hy is niks en sal nooit iets wees nie, maar onsin kwytraak, dié kan hy goed. Diegene wat hom ondersteun, is nog erger.

Theresa B ·

Hi O Blommie – en ek is Tinkelbell…………………………

Anoniem ·

Dankie Julius, as grond verdeel moet word volgens demografie, dan kan jou stammetjie net aanspraak maak op ‘n klein stukkie grond in die Oos-Kaap. Jou voorouers was mos nie destyds met oom Jan se aankoms in die Wes of Noord Kaap nie, so Transkei toe met jou ou grootbek.

LB ·

Hy “haat nie wit mense nie” … wie de joos gee enigsins om of hy sê dat hy ons haat of nie. Sy optrede en haatspraak wys dat hy nie net haat nie, dat hy leuens verkondig en anargie saai en mense aanhits tot moord. Sy dag sal nog kom.

Op die oomblik voel hy in beheer van hierdie land want by elke sogenaamde “protes optrede” waar eff lede paaie blokkeer en mense met klippe gooi. eiendomme afbrand en mense met die dood dreig. stap hy tree vir tree nader na sy mikpunt… Dit toon ‘n leier wat net in staat is tot verwoesting, geen opbouing van geen aard nie. As dit sy tipe beheer is, gaan sy ondergang seer en groot wees.

marous ·

Huigelaar ! Hy haat witmense en spesifiek die Afrikaner soveel dat hy opdrag uit gil in die openbaar om hulle uit te moor , en dan word dit gedoen . Hy weet baie goed dat sy optrede deur sy hanteerders goedgekeur word . Hy en sy president besef as die witmense oornag verdwyn gaan daar chaos wees en gaan die massas wat hulle so opsweep hulle koppe eis .

Cornelia ·

Malema, jou tong is ‘n vuur buite beheer. Jy oorskat jou invloed. Suid Afrika is nie bestem om op jou manier van doen, in ‘n bodemlose put te verdwyn nie. Wie kan jou polemiek nog uitstaan? Dit is nie eens meer ‘n antwoord werd nie. Jy is soos ‘n rustelose see. Almal behoort teen jou en jou volgelinge se wanorde en skade beskerm te word. En tog word jy verdra ten koste van ander se skade. Jóu regte om ánder se regte op brutale wyse te skend, sal nêrens elders met soveel stilswye van ‘n regering geduld word nie. Danksy Europa, is jy vandag ‘n opgeleide en toegeruste mededinger wat op jou manier almal dreig met jou onblusbare, smaaklose en droewe gedrag. Jou oomblik van waarheid sal wel aanbreek.

BEE ·

Malema is vol haat; hy is geen leier nie, slegs n opstoker en oproermaker; Madiba sal in sy graf draai as hy weet watse dinge hierdie man kwytraak! te veel haat in hom; hy blaas geweld aan.

Donald ·

Mandela het baie erger dinge as Malema gedoen. Ek glo Mandela kap hande vir Malema daar uir sy graf.

Vanessa Moore ·

Malema dink ons is aan die slaap, hoe sê die spreekwoord, stille waters diepe grond, onder draai die duiwel rond. Ons wag vir jou en almal wat dink hulle kan maak wat hulle wil. Ons wit mense het baie geduld, tot op ‘n punt.

liz ·

Intressant, dis nie die eerste keer dat hy dit in die openaar se nie, wie oortuig/beindruk hy?

INFAME LEUEN ·

AG HOU OP LIEG .. hoe kan jy nie witmense haat nie as jy die volgende goedkeur “we are not going to slaughter all whites .. at least NOT NOW”? “Kill the boer, kill the white” “one settler one bullet” “one bullet one Boerekind” “land or death” “no white will ever own land in SA again” .. wat hiervan dink jy VERSTAAN ONS WITTES NIE????

MANIE ·

Wie wil elk geval na die fassis en tender entrepeneur luister

MANIE ·

Wie wil elk geval na die fassis en tender entrepeneur luister. Hy het bloedbelope afgekom in PE mer sy skelm agterbakse streke

Sean ·

Die media moet ophou om Malema te cover. As niemand weet watse twak hy praat nie kan niemand hom volg nie.

Piet Pompies ·

Vir solank as wat Malema die voorblad van koerante en die hoofberig in die elektroniese media haal, sal hy aanhou doen wat hy nou doen. Om hierdie status te kan behou moet die man elke keer met aandagsoekende plan vorendag kom. Met sy brein kapasiteit kan dit nie vir altyd aanhou. So, vir solank as wat die media hom ‘n “leier” maak, sal die mense hom sien as leier. Sy grootste vrees is om nie aandag te kry, gun hom die geen aandag en moet net nie reageer op sy optrede en toesprake.

Koos ·

Said of Malema by Prince Mashele of the Sowetan –
“Watching him on stage last week, intelligent observers were left with the impression of a rumbling rabble-rouser who is vocally gifted and mentally destitute.”

Penellope Jones ·

“”Ek haat nie wit mense nie”, maar . . . . . . . .

Emma ·

Dit klink nie vir my so nie Julius, En jy praat van deel. Ek dink dit is hoog tyd dat almal moet besef hulle moet werk vir wat hulle in die lewe wil he. Ek moes!!

Liefde ·

Die seer wat julle diep binne jul dra is jul eie skuld. Die een wat seer moes gedra het was mandela en hy het besluit om te vergewe. Wat n voorbeeld was hy nie vir ons ALMAL nie.

Bokka ·

Ek stem en n grote ook daarby is Mandela wat opdrag gegee het vir die kerkstraat bom en ook al die ander hy sal beslis nie in sy graf omdraai nie.

Johann Marx ·

Awesome!! Grond moet verdeel word volgens “demografie”………..en dan moet daardie nuwe grond-eienaars die populasie van kos voorsien “volgens demografie”. Ons boere sal vir ons sorg……….en julle boere kan maar vir julle probeer plan maak. Eintlik moet die regering die apartheid van die ou SA in totaliteit omkeer. Sit die 4 miljoen wittes in die voormalige TBVC state. Ons sal in SA werk met ‘n “dom-pas”…en GEEN belasting aan die SA regering betaal nie, behalwe PAYE. Ons sal 10% AVB instel, en in die TBVC lande sal ons hospitale, skole, universiteite, industriëe, ‘n eie weermag, polisiemag en nooddienste op die been bring. Eie geld-eenheid en toegangsbeheer…………en VOILA!! Selfbeskikking. O ja….die nuwe SA regering moet dan ook net R100 miljoen per jaar aan die TBVC lande oorbetaal soos wat ons gedoen het voor 1990!!

Anoniem ·

Die media moet in geheel ophou om enigsins berig oor Malema te lewer. Die ventjie sal nie sonder sensasie oorleef nie.

Flip Pretorius ·

Ag maar ek is te bly jy haat nie die witmense nie. Ek gaan meer eerlik wees. Ons haat ook nie swart mense nie. Ons hou net niks van jou en jou party nie

Casper Labuschagne ·

Golding se “Ryk van die Vlieë” het vir ons ‘n nuwe werklikheid geword. En al wat sal seëvier is die vlieë, die brommers en die maaiers. Eers word die laaste oorblyfsels van ‘n demokrasie wat lankal net ‘n demokrasie in naam is verwoes . Dan word die regte van die burgers vernietig, eiendomsregte uitgevee en die vlieë sal gedy op die karkasse van diere en verrotte oeste op plase wat nie meer produseer nie. Daarna sal die maaiers die lyke na ‘n hongersnood oortrek asook die lyke van gesneuweldes in ‘n oorlog wat sal volg. Die Ryk van die Vlieë is op ons.

Gestremde ·

Is dit nou ‘n Hitler solute op die prentjie en waarom dra Julius nou ‘n wit hemp. Hoop nie hy dink iemand gaan dink hy is nou ‘n engeltjie met al die twak wat hy praat nie. Sien in die engelse koerante daar is nou ander praatjies deur die ANC oor grondonteiening sonder vergoeding wat gaan fokus om lee geboue, grond wat nie bewerk word nie, ensovoorts. Nou hoe gaan Julius nou die haas uit die hoed trek en vir almal ‘n stukkie grond gee. Laat my dink aan die spotprentjie wat se daar is vir jou ‘n stukkie grond onder die stoel. Hy moet pasop dat sy eie mense nie teen hom draai nie. Dit eerder hy was van plan om ‘n kommunistiese “trick” te trek waar die grond aan die staat sal behoort het en hy die President sal wees wat sy sakke kan volmaak. Hy moet pasop vir die gesegte wat sê…slim vang sy baas. Hy gaan nog sy eie ondergang beteken.

jaco ·

As ons wit mense se belastinggeld REGTIG vir die ANC en andere balangrik was, sou daar nie goed soos regstellende aksie en BEE gewees het nie. Dis nou finaal duidelik dat hulle ons NIE in SA wil hê nie.
So, waarom agiteer ons nie dat hulle ons na Europa, Amerika en Australië deporteer nie? Dis op die meeste 4 miljoen enkel-vliegkaartjies. dis al. daardie lande sal dan met ‘n humanitêre problem sit en verplig wees om ons te help.

Kan mens dit nou glo ASB. ?? ·

Seker bang vir ‘n moontlike druk van oorsee…..glo dit beslis nie. Handelinge spruik harder as woorde!!!!! Tot Momberg se storie “oorwaai” !!??

Oom Kalahari ·

Ai die ou jong Malema seuntjie weet niks van Apartheid af nie en was 8jr oud, skaars uit sy doeke toe Mandela vrygelaat is. Op skoolvlak het die F simbool met houtwerk nie veel verrig nie, maar skielik na graad 7 kry hy ‘n Meesters Graad….Sjoe dieselfde as Mrs Grace Mugabe. Laat mens wonder. Hy weet tans na Mnr Groenewald van die VF+ se onlangse besoek is buitelandse oe op hom gerig en nou kom mooi paai woordjies weer. Hy haat witmense met ‘n passie en het ‘n houvas op CR oor die Marikana geval. Loop met oe agter jou kop waar hy en kaders is.

Soekie ·

Malema is een arm van die ANC en daarom dat hy soveel aandag gegee word deur die media. Mandela was die eerste spyker in die witman se kis. Maar mens kan seker n les leer by hierdie uitgesproke “politikus” en miskien moet ons mense dit ook begin toepas. Ons haat nie ander nie, maar ons is lief vir ons eie. Selfs Paulus het gesê ons moet begin by ons eie huis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.