Malema en EFF dok nóg op vir AfriForum-regskoste

Julius Malema. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Julius Malema en die EFF het die afgelope week vir die tweede keer in twee maande ’n betaling van meer as R100 000 aan die burgerregte-organisasie AfriForum gemaak.

Die betaling is deel van die rooi barette se verpligting om twee van die vyf kostebevele te delg wat AfriForum in die howe teen hulle bekom het.

Die afgelope week se betaling beloop R108 960,79. Die bedrag wat AfriForum op 13 November 2018 van Malema en die EFF ontvang het, was R126 703,59.

AfriForum het die vyf kostebevele in vyf verskillende hofverskynings sedert Maart 2017 in die Noord-Gautengse hooggeregshof teen Malema en die EFF bekom. Na raming beloop die gesamentlike verskuldigde bedrag vir die vyf kostebevele sowat R550 000.

Ná die EFF en Malema reeds in totaal meer as R235 000 aan AfriForum betaal het, beloop die verskuldigde bedrag na raming sowat R315 000. Die uitstaande drie kostebevele gaan volgens AfriForum eers later verhaal word, aangesien twee daarvan nog getakseer moet word en een onderworpe is aan ’n appèlaansoek wat deur Malema en die EFF gebring is.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het vandeesweek gesê weens die twee betalings wat die burgerregte-organisasie reeds van Malema en die EFF ontvang het, sal AfriForum nie voortgaan om die EFF se bates – waarop die balju reeds beslag gelê het – op ’n veiling te verkoop voordat die regsprosesse oor die drie uitstaande kostebevele afgehandel is nie.

“AfriForum gaan Malema en die EFF se betalings aanwend om pogings om die land se Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, in die howe te beveg,” sê Kriel.

Die betrokke vyf kostebevele spruit voort uit ’n hofgeding wat AfriForum verlede jaar teen Malema en die EFF aanhangig gemaak het om ’n interdik te bekom om hulle te verbied om mense aan te hits om grond onwettig te beset of te betree. Die hooggeregshof in Pretoria het op 7 Maart 2017 in AfriForum se guns beslis en die interdik met koste toegestaan.

Malema en die EFF het daarna ’n tersydestellingsaansoek teen die interdik gebring, wat op 12 September 2017 aangehoor sou word. Die hof moes die saak egter uitstel nadat Malema en die EFF se hoofde van betoog in hul eie saak laat ingedien is. Die regter het gevolglik ’n bestraffende kostebevel teen Malema en die EFF uitgereik. Met die hervatting van dié saak op 18 Februarie 2018 het Malema en die EFF se regsverteenwoordigers nie opgedaag nie en is die saak in AfriForum se guns beslis, met die afwysing van die tersydestellingsaansoek, en ’n verdere kostebevel is teen Malema en die EFF uitgereik.

Die ander twee kostebevele is beide op 14 November 2018 in twee afsonderlike sake in die hooggeregshof in AfriForum se guns teen Malema en die EFF uitgereik.

Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof. Foto: Reint Dykema

Die eerste bevel was in ’n saak van minagting van die hof, wat AfriForum teen Malema en die EFF aanhangig gemaak het. Dit volg nadat Malema en die EFF voortgegaan het om grondgrype aan te moedig, ondanks ’n staande interdik wat AfriForum bekom het om hulle te verbied om mense aan te hits om grond te beset.

Die EFF en Malema se regspan het nie betyds hul betoogshoofde ingedien nie, wat beteken dat die saak later aangehoor sal moet word. Daarmee het die EFF en Malema hulself nóg ʼn kostebevel op die hals gehaal.

In die ander saak het die EFF en Malema probeer om ’n dringende hofbevel te bekom om te verhoed dat AfriForum die EFF se eiendom verwyder en op ’n veiling verkoop om regskoste te verhaal. Die hof het beslis dat die EFF en Malema se saak nie dringend was nie en het ’n verdere kostebevel teen Malema en die EFF gegee.

Die betalings wat Malema en die EFF die afgelope week en op 13 November aan AfriForum gemaak het, was dus om die kostebevele te delg wat onderskeidelik op 12 September 2017 en 18 Februarie 2018 uitgereik is. Malema en die EFF appelleer tans teen die interdik wat AfriForum op 7 Maart 2017 teen hulle bekom het, terwyl 14 November 2018 se twee kostebevele nog getakseer moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Kokkie ·

Laat hulle hoes ! Stroop hulle heeltemal kaal….sonder ‘n sent, bankrot. Hulle wil mos saam met die groot honde blaf. Roer hulle Afriforum ! Julle maak my trots !

Karin ·

Bloed geld! Oppas waarop.julle.dit.spandèer! Die EFF, het.nie daai.geld.betaal.met vrede nie!

Henco ·

Die EFF spandeer geweldig baie geld aan partytjies, veldtogte, salarisse en sekuriteit, hulle het baie geld ja.

Johan H. ·

As daar geld oor is gebruik dit vir wit werkskepping en om bbbee te beveg!!! Dis hoekom ek vf+ stem!!

Winx ·

Ek stem… verbeel jou net die media opskrifte: “EFF FUNDS JOB CREATION FOR WHITE PEOPLE.”

Andre Stander ·

Hoe lekker kry ek nou!! : -]

Welgedaan Afriforum, Welgedaan……

Gert ·

En wat van die saak wat n automatiese masjien geweer in die open baar af gevuur word .

Fanie ·

AfriForum se kriminele klagte word deur SAPS ondersoek, wat reeds laat blyk het dat hul Malema en sy lyfwag gaan vervolg. As hul dit nie doen gaan Gerrie Nel vervolg.

piper ·

hoe lekker kry ek nou. my ou geldjie wat ek elke maand aan afriforum betaal is n plesier.

Hansie Slim ·

Hulle dink hulle kan wegkom met alles.
Ek glo die EFF en Malema het miljoene…
Maar dit gaan oor die beginsel dat sekere groepe dink hulle kan maak en sê wat hulle wil! Hoop die apél teen die interdik van 7 Maart word van die hand gewys!!!

hb ·

Ja daai madjiengeweer saak is doodstil. Gedink een van di ander partye sou al iets daaroor gese het maar daars niks. Sal seker ook n stille dood sterf

aj ·

Baie goeie werk wat Afriforum doen.

Wat my sal hoop gee vir SA sal wees wanneer nummawan veilig in die tjoekie sit met ‘n oranje oorpak aan.

Die OORLOG van die Rewolusionêres word op baie fronte gevoer … en moet op AL die fronte gestuit word bv propaganda en teistering van joernaliste, skole, Vodacom ensovoorts. Asook terroriste aanvalle op plase en woongebiede, brandstigting, bankkaping ensovoorts.

Die TEENOFFENSIEF moet ook op alle fronte gevoer word as ons wil oorleef!

Gemaskerde Sopbeen ·

Ai, die deng wat die witmense hiernatoe gebreng het? Hof. Wat se “hof”? Voor 1652 was daar nie sulke goed soos “hof” nie…..daar was ook nie 1652 nie…..Dis alles die witmense se skuld dat ons nou so swaarkry…..met howe, en datums, en uitsprake, en aanhitsing, en sleg-sê, en verkragting, en naamskending, en korrupsie, en diefstal, en demokrasie, en verkiesings, en party leuses……..As dit nie vir die wit mense was nie, was hierdie gemors nie hier nie, en kon ons lekker leef net soos ons geleef het voor 1652….

Jerry ·

Elke bietjie help. Dit is goed om JM se oortredings in die hof te beveg en sodoende die man te speel. Daar is egter miljoene wat in die ry staan en by hom kan oorvat en daarom is dit nodig om ook die bal te speel. Wanneer jy ANC en EFF ideologiee ontleed, beveg, aanval en ontbloot, dan speel jy die bal. Aandadigheid van die ideologiee aan misleiding, orkestrering van openbare wanorde deur n doelbewuste gebrek aan daadwerklike optredes, aanslag of diskriminasie teen en uitsluiting van anti revolusioneres en misdaad vir die skep van die klimaat vir sosialistiese verandering moet bloot gestel word en aan die groot klok gehang word. Daar is absoluut niks demokraties aan ideologiee wat dit ten doel het om anti revolusioneres nie hulle plekkie in die SA son te gun nie. Elke liewe insident waar politieke vooroordele uitgespreek word en waar openbare wanorde, intimidasie en diskriminasie plaasvind moet begroet word met teenaanvalle teen die ideologiee sodat sosialistiese verandering nie implementeerbaar is nie. Net soos apartheid vir alles geblameer word, moet ANC en EFF ideologiee vir alles vanaf 1994 ontbloot en geblameer word en ook vir die sosialistiese verandering wat die ANC stelselmatig deur klimaatskepping implementeer.

Ellisras ·

Ek hou van goeie nuus. Daar is mos die gesegde dat goeie nuus nie nuus is nie. Hierdie bewys dit verkeerd. Ek wens ek kon hoor wat die EFF in die vergadering sê voor die geld betaal is.

Realis ·

Waarskynlik iets soos; julle sal moet ryker blankes gaan roof. Die plaasrowe bring nie genoeg geld in nie. Hijack meer duur karre wat ons oor die grens kan verkoop.

Tik tok tik tok ·

Als goed en wel
Good job afriforum
Maar hoekom vertrou ek nie die stilte nie

Chris Ws ·

Pragtig AfriForum pragtig!Roer die EFF goed!Julle maak my trots!

Gert ·

En daar word die vure nou ook in Matatiele oor ‘erge segregasie’ in ‘n skool gestook, per die TimesLive.

Word ons nou met die volle aanslag getref?

Donderstorm ·

Waar kry hul die geld vir die tractors wat hul so uit deel vir stemme ini opkomende verkiesing?Skenkings?

Pieter ·

Wat doen die wonderlike DA?? As dit nie vir Afriforum was nie, sal iemand iets doen nie.

Somme ·

R550,000 = Peanu… Grondboontjies.
Die prinsiep is uitstekend, die monitêre waarde is kleingeld.

Johan ·

Hoekom sien ons dit nie op die TV NUUS nie . Maar arme onskuldige klein kinders is elke aand op nuus

aj ·

Johan

Die antwoord op jou vraag is PROPAGANDA!!!

SABC = ANC = SABC = ANC

Die SABC is die ‘Communication Leaugue’ van die ANC!

Alles wat uitgesaai word is gerig op BREINSPOELING van die hele bevolking met ANC propaganda.

Die SABC tsotsis is die Breinspoel Bende van die rewolusie!

Elba Niemandt ·

Waarom gebruik Afriforum nie die geld om te sien dat Blf en Eff se leiers gedeporteer word nie? Blf kom van Zimbabwe en Eff van Malawi. Hulle is dus nie Suid Afrikaners nie maar word toegelaat om onrus en moord hier aan te blaas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.