Video: Malema en EFF-LP’s uit parlement gejaag

EFF-lede word uit die parlement verwyder. Foto: Jacaranda/Twitter

EFF-lede word uit die parlement verwyder. Foto: Jacaranda/Twitter

Julius Malema, leier van die EFF, en Floyd Shivambu, die party se adjunkpresident, is Donderdagaand tydens pres. Jacob Zuma se staatsrede uit die Nasionale Vergadering verwyder.

“Ek vra die parlemente se diensbeamptes om in te kom en die agbare lede te verwyder,” het Baleka Mbete, speaker van die parlement, gesê. “Ek vra ook veiligheidsbeamptes om hulle by te staan.”

Mbuyiseni Ndlozi, die EFF se woordvoerder, is ook gevra om die Nasionale Vergadering te verlaat. Malema het omstreeks 19:42 die parlement verlaat met sy hoed in sy hand.

Mmusi Maimane, parlementêre leier van die DA, het Mbete gevra om te verduidelik of die veiligheidsbeamptes wat die EFF-lede verwyder het, lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is.

[wpvideo tdwKM3UX]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Nico ·

Dit was die beste tyd in my lewe om te sien hoe Mbete en Zuma gesink word.. Ongelooflik. Viva DA, Viva VF+, Viva EFF, Viva!

dr know ·

Bevrees Zuma is nie gesink. Hy kom by verre die beste van hierdie rondte af. Mens moenie uitloop as jou standpunt debatteerbaar is nie. nee, nee, nee. Die radiokommentator wat se dat daar ‘n rede gesoek is om uit te stap om nie toe te laat dat die EFF al die aandag alleen trek nie. En lekker lag Zuma uit sy maag. Lekker laaste lag. Ek skud my kop in ongeloof. Is dit hoe onkundig more se aspirant-regeerders is? Geel hempies of blou hempies of rooi hempies. Geletjies het vanaand gewen.

Nico ·

Dr not-know, nee, jy is verkeerd, jy het net Zuma se grynslag gesien toe hy begin voorlees het. Jy het die punt gemis en waarom dit gegaan het. Het jy nie gehoor hoe die ANC wegskram en die antwoord omseil het nie?

Maar as ek soos jy ANC was, het ek ook soos jy redineer. hehehehe.

Dave ·

Ek stem 100% met jou saam Nico want Zuma se lag was niè uit sy maag nie maar verbloemd verleë. Dit was uiters ooglopend ‘n poging om te wys dat hy nie bekommerd is en dit snaaks vind maar so onoortuigend as kan wees. Dit was nie uit sy maag maar uiters vlak.

Nico ·

En daar val die Rand! Ek as pensionaris het ook nou my alie gesien, maar is dit nie ‘n opoffering as die land van daai mannetjie ontslae kan raak nie.

Dan sal die rand weer kop optel.

August ·

Zuma weet jy nie dat jy te lig is nie, jou skoot hond gaan jou aan die gat byt. Jou sand kasteel is besig om te val. Al jou makkers lag vir jou, maar agter jou rug.
Jou skoot hond lag vir jou in jou gesig. Die pap kant van die wiel sal ook bo kom, en jy sal kry net wat jy verdien.

Theo ·

Hahaha. Die land is n joke. Parlement is vol standup comedians. Toevalig hoe die sapd se 10111 no net vanaand buite werking is.

Jamie ·

wat n grap. Dit is nou ons land se leiers wat soos n klomp poepolle optree

Amanda de Lange ·

In my opinie gaan dit nie oor wie bly, wie loop, wie lag nie. Die groot krisis hier is die skade wat aan die integriteit van die hoogste gesag van die land aangerig is – en nie die eerste keer nie. Daar is wette en regulasies in plek wat gebruik moet word om druk uit te oefen op die ANC. Sommige partye raak egter elke keer so meegevoer deur hul stryd om kunsmatige media dekking te bewerkstellig dat die prosesse verlam word deur hul opportunisme. Om uit te stap of dan, nie teenwoordig in die huis te wees nie is fataal vir kiesers!

Nico ·

Ek het die eerste keer vanaand sedert 1994 gekyk en was ek in ‘n stadium in trane en baie baie hartseer om te sien waarheen ons gaan. Ek het getjank, maar is ek ook ‘n realis. En toe tjank ek eers, want dit kon met die agtergeblewenis soveel beter gegaan het.

Is dit die kruis van Afrika?

Andre ·

En ons honourable member of the right wing Mr. Mulder was a sitting duck! Te bang om sy mond oop te maak! Ek sou my skaam! En bedank?

Willem ·

Jy het dit gemis toe hy ook tevelde getrek het en laat waai het!

Fanie ·

Die heel hartseerste vir my was dat baie, baie swart mense moet na vanaand voel die wêreld lag vir hulle. Hulle voel tenagekom. Die stelsel, die land en die grondwet het hulle versaak. My hart gaan na hulle toe uit.

Chris ·

Nog een?
Hoeveel van die wat so versaak is stem ANC of EFF en sal more weer so stem?
Jy gaan vir baie lank, indien nie altyd hartseer bly as jy nie die problem begin raaksien nie, Fanie.

Lindie Lourens ·

Dink jy hulle weet? Dink nie so nie. Hul stem net weer en weer vir dieselfde party.

Carol ·

Jammer om te se maar so word ons land deur die modder gesleep deur n klomp amateurs. Kom nou mense gaan ons agteroorsit en dit so laat??????

Paplepel ·

Carol, goeie probeerslag. Mense val lankal nie meer vir opruiende praatjies nie. Almal wat so kerm en dreig met oorlog, gaan kyk wat wys die statistieke. Kyk wie is nog steeds in beheer, wie het nog steeds die geld, wie het die minste misdaad, wie het die laagste werkloosheid, ens. ens. Klim af van die oorlogsperd en kyk rondom jou. Jy het reeds die “oorlog” gewen. Hulle (en julle) verstaan dit net nie.

Chris ·

Paplepel.
Nou laat jy my regtig mooi dink.Hier het jy ‘n punt beet en baie mense mis dit.
Ek dink ons sal egter nou verskul ,my mening, los die lot hulle sal mekaar vernietig.
Ons heil le nie in die politiek nie maar in gemeenskap en kultuur organisasies.

Hendrik van Niekerk ·

Eintlik hoort ons nie daar nie agv die getalle van die minderheidgroepe. Afrikaners het 1.4% van die stem…Hulle noem dit ‘n demokrasie. Wanneer 2 wolwe en ‘n skaap besluit wat hulle vir ete gaan he is dit nie ‘n demokratiese besluit nie. Burgerregte groepe het ver meer sukses as enige opposisie partye insluitend die DA. Burgerregtegroepe soos OUTA (e-tol), Afriforum, Section 25 (opvoeding – Mark ..kan nie sy van onthou, was my buurman), right to know (nationale sleutelpunte). Wat se verskil het enige opposisie politieke partye gemaak op munisipaal , provinsiaal en nationaal as die dominente party(ANC) ‘n volslae meerderheid het. Afriforum het beslis ‘n reuse verskil gemaak in die munisipaliteite waar hierdie opposisiepartye gesit het.

Paplepel ·

Hendrik, dis presies wat ek vir Carol sê; Los die politiek vir die wat graag sulke speletjies wil speel. Agterlangs, onderlangs is die blanke nog steeds in beheer. Wie het die meeste films gemaak in die laaste 20 jaar? Wie het die meeste kultuurfeeste? Kyk na die Duitsers. Hulle is een van die sterkste, indien nie die sterkste, ekonomieë in Europa. Met al die twak wat hulle kant toe gedeel was na WO2 moes hulle in sak en as gaan sit het. Hulle was verhoed om hulle eie militêre industrieë te hê. Vandag het hulle dit nie nodig nie. Hulle het geld.

Adriaan J Louw ·

Ek stem HEELTEMAL saam met Hendrik van Niekerk. Partye soos Front Nasionaal wat politieke en parlementere aspirasies het vir die toekoms, lewe in ‘n droomwêreld. My vraag aan hulle is altyd: OM WAT TE GAAN MAAK?

Johnathan ·

Ja, dit is baie sleg dat die land se president onderbreek word tydens sy staatsrede. Dit is so, dit is nie die tyd vir vrae en antwoorde nie. Maar kyk, Zuma is al maande terug deur EFF gevra oor Nkandla, en die president het stil gebly. Die afgekope klomp sittings in parlement was Zuma nêrens te sien nie.
Die beamtes van die parlement (speaker en chairperson) het geweet dat die EFF so iets gaan doen, hulle het dit selfs gesê.
Die ding kon baie vinnig gesmoor gewees het, as die president net die vraag beantwoord het. Die vraag wat hy nou al maande gehad het om te antwoord.
Weereens doen die president nie verantwoording vir sy dade nie.
Die DA het vir my reg opgetree om uit te loop. As hulle net bly sit het sonder om die speaker se besluite te bevraagteken, wys dit dat hulle haar gedrag en breek van die parlement reëls aanvaar. Hulle moes uitloop om te wys dat hulle nie haar of die sitting meer erken nie. Die DA sal dit beslis nie net daar laat nie.

pop ·

Ek het net gekyk tot ek gesien het wet en orde ontbreek totaal in hierdie land. Ons noem nie eers respek nie. Ek het so bang geword en so beklemming gekry. Soos Nico het ek net begin huil. Is dit net ek of is ek paranoies dat ons nie n kans staan hier nie. Die regering kan en sal seker ook nie wil in staat wees om ons te beskerm nie.

chris ·

Pop.
Daar is baie positiewe dinge om hieruit te haal.Wees kalm en rustig die reenboognasie het inwerklikheid nooit bestaan nie.Dit is net die begin van die verdwyning van die reenboog waarop die fuktiewe nasie gebou sou wees.
En nee die regering gaan jou nie beskerm nie ,jy sal jouself en die mense om jou moet beskerm.hierin le nog ‘n positiewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.