Malema en Gordhan gaan nou hooggeregshof toe

Pravin Gordhan. Foto: Thobile Mathonsi/ANA

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se saak in die gelykheidshof teen EFF-leier Julius Malema en sy adjunk, Floyd Shivambu, is Maandag na die hooggeregshof oorgeplaas.

Adv. Tembeka Ngcukaitobi het namens Malema en Shivambu ʼn aansoek ingedien om die saak na die hooggeregshof te laat oorplaas. Die versoek is gerig sodat die EFF-leiers artikel 10 van die Wet op Gelykheid waarin haatspraak vervat word, kan betwis. Ngcukaitobi se aansoek is nie teengestaan nie.

Gordhan het in November verlede jaar strafregtelike aanklagte teen Malema en Shivambu aanhangig gemaak nadat Malema buite die lokaal van die staatskapingondersoek sy mond behoorlik oor Gordhan uitgespoel het. Malema het beweer Gordhan het voordeel getrek uit die plundering van die staatskas.

Die EFF-leier, Julius Malema. Foto: ANA

Gordhan wil hê die EFF-leiers moet van crimen injuria, aanhitsing tot openbare geweld en laster aangekla word. Gordhan voer aan Malema en Shivambu se uitsprake kom neer op crimen injuria aangesien hulle wederregtelik en opsetlik sy waardigheid en privaatheid geskend het.

Hy het gesê die uitsprake was bedoel om skade te veroorsaak en leed en haat aan te hits, en daarom kan dit as haatspraak bestempel word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Ja of Nee ·

Die vrsoek is van die hand gewys om hooggeregshof toe te gaan, maar hulle gaan???

alida ·

Lees tog die artikel. Dit was nou in die gelykheidshof nou gaan dit Hooggeregshof toe. Hopenlik sal hierdie mense nou vir eens en vir altyd leer hoe om volwasse te raak. Ek kan hulle verseker hulle gaan baie baie seerkry.

Mariné Lourens ·

Dagsê Ja of Nee

Dankie vir jou kommentaar. Die aansoek is nie van die hand gewys nie. Die berig lui “Ngcukaitobi se aansoek is nie teengestaan nie”, met ander woorde Gordhan se regspan het nie beswaar aangeteken teen die aansoek nie. Die aansoek is wel deur die hof toegestaan.

Hoop dit klaar die verwarring op.

Groete
Mariné
nms Maroela Media

alida ·

Mnr Gordhan ASSEBLIEF sit hierdie nar vir eens en vir altyd op sy plek. Dit sal goed wees vir die hele SA.

jaco ·

vreemd, waarom dan hooggeregshof toe? wanneer Grodhan se gewone mede-Indiërs werk soek, moet hulle dan hoor “sorry no job because you are not black enough”. redes soos “nasionale demografie” wat gevolg moet word, word dan ook voorgehou. So waarom is Melama se uitsprake teen Gordhan dan rassisme, as Indiërs wat nie werk kry nie weens hulle “verkeerde” ras, nie rassisme is nie?
Ek suig nie die goed uit my duim nie. daars talle voorbeelde waar nie net wit mense nie maar ook Indiërs en Kleurlinge ook die slagoffers is van regstellende aksie.

Tom ·

Die gelykheidshof kan nie ‘n aansoek om artikel 10 ongeldig te laat verklaar, verhoor nie. Daarom die oorplasing.

Irene ·

Goed so Gordhan. Jy is a opgevoede man teen hom. Meeste mense in SA is vir jou

GES ·

Dit sal wonderlik wees as mnr Gordhan die kwaadstokers ʼn deeglike les leer. Hulle verbeel hulle dat hulle gode is. Wat wel sleg is, is dat sake so sloer om afgehandel te word. Sekerlik gaan die kwaadstokers apel aanteken as hulle verloor en dit gaan weer jare neem om agehandel te word.

Poot ·

Nog vermorsing van belasting betalers se geld want daar gaan niks van kom nie.

Abe ·

Poot,
‘n Regsproses is aan die gang. Hoekom sal daar niks van kom nie?

Andre ·

AP dit lyk of daardie narre al hoe meer word by die dag. Kyk hoe vol was die stadion laasweek toe die meneer ‘n toespraak vir sy ondersteuners gehou het

Michael ·

Hierdie mense word net op die vingers getik en LIGGIES ook. En Vikey Momberg? whow dit was ook n storie

jakes ·

Julius gaan sy naam krater maak teen Ghordan. Dit is soos n graad nul kind wat n volwasse wil aanvat. Eintlik is dit n nar v genie.

ne ·

Hoop die eff het genoeg geld om al die advokate te betaal. Hoop die rooi narre kry ‘n goeie pakslae in die hof. Ons is nou g*tvol vir hulle.

DeVill ·

Gordhan gaan buite die hof “skik”, alles net ‘n foefie!

DeVill ·

Gordhan gaan buite die hof “skik”, alles net ‘n foefie!!

Skroef ·

Wil malema beweer hy het nie voordeel uit die plundering getrek nie? Was daar in sy tyd by ancyl nie n huis van etlike miljoene gekoop en 100% gesloop nie? Waar her daardie gelsvandaan gekom? Die !alema’s wat ek ken het nie daaesie soort geld nie!

Veritas ·

My gevoel is dat die EFF die verkeerde perd opgesaal het. Sover my kennis strek is Gordan ‘n regsgeleerde en sou nie ‘n saak maak as daar nie ‘n goeie kans op sukses is nie. Die einde van JM is in sig. Die kans dat die Ekonomiese Vryheidsvrate hierdie saak kan wen, is na my mening, gering.

Sinies ·

Eintlik effens snaaks as die modus operandi wat hulle konstant teen blankes gebruik en straffeloos gelos word, onderling teen mekaar (ANC/EFF) gebruik word.

jaco ·

vreemd dat al hierdie stoere christen Afrikaners nou so vir Gordhan die kommunis ondersteun – seker maar n geval van “an enemy of my enemy is my friend”. Winston Churchill het ook so pelle met Stalin gemaak net omdat hulle albei teen Hitler was, maar dis goed bekend hoe daardie “vriendskap” uitgeloop het…

aj ·

Selfs al wen Gordhan die hofsaak is sy lewe in gevaar!

Daarom sal hy moontlik voor die tyd wil skik?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.