Malema gee ‘bewyse’ oor Gordhan vir polisie

Julius Malema Dinsdag buite die Brooklyn-landdroshof. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Julius Malema, leier van die EFF, het Dinsdag gesê hy het bewyse aan die polisie oorhandig dat Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, korrup is.

“Ons het nooit iets anders oor Pravin gesê nie, net dat hy korrup is. Pravin het ʼn rekening in Kanada oopgemaak en mense aangemoedig om geld daarin te deponeer indien hulle probleme ondervind met die Inkomstediens,” het Malema aan ondersteuners gesê wat by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria bymekaargekom het.

Die EFF het aanklagte van geldwassery, korrupsie, afpersing, bedrog, meineed en skending van die Intelligensiewet en die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupte Aktiwiteite teen Gordhan ingedien.

“In stede daarvan dat die media die bestaan van die rekening [in Kanada] ondersoek het, het hulle die EFF aangeval. Ons het vandag vir die polisie die rekeningnommer gegee en die naam van die bank in Kanada, want ons speel nie speletjies nie. Hulle moet Kanada toe gaan en sê ons soek die bankstate vir hierdie rekening.”

Malema het ook reageer op die aanklagte wat Gordhan Maandag by dieselfde polisiestasie ingedien het. Gordhan het klagte van strafregtelike laster en crimen injuria teen Malema en Floyd Shivambu, adjunkpresident van die EFF, ingedien.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, getuig voor die kommissie van ondersoek na staatskaping. Foto: Nhlanhla Phillips/ANA

“Hoekom maak hy ʼn saak rakende siviele eise oop, want met siviele eise maak ʼn mens nie ʼn saak oop nie. Jy skryf net ʼn brief van jou prokureurs af en sê Malema trek wat jy gesê het terug en vra om verskoning anders dagvaar ons jou vir R150 000. Hy het hiernatoe gekom om die polisie, wat ʼn wonderlike werk doen, te pla deur nuttelose aanklagte te bring wat niks beteken nie. Ons het die regte goed hiernatoe gebring,” het Malema gesê.

Volgens Malema het hy ʼn lys van mense wat geld aan Gordhan oorbetaal het en is hulle bereid om na vore te kom.

“Ons het die bewyse gebring na waar dit saak maak, so hou op om ons voor kommissies [van ondersoek] te roep. Ons het vir die polisie gesê ek het ʼn lys van mense wat geld in die rekening inbetaal het. Hulle is bereid om te praat mits hulle kwytskelding kry. Julle moet kwytskelding waarborg dan bring ek die mense.”

Gordhan het ook ʼn klag by die gelykheidshof teen Malema ingedien. “Die volgehoue verdediging van korrupsie en die korruptes deur die gebruik van persoonlike aanvalle, rassisme en beweerde haatspraak is onaanvaarbaar en moet aandag kry. Ek het tot dusver nie op hierdie onsinnige en ongegronde aanvalle gereageer nie, maar om my gesin by hierdie aanvalle te betrek en die harmonie tussen die mense van Suid-Afrika te bedreig is ʼn stap te ver. Genoeg is genoeg,” het Gordhan in ʼn verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

humor ·

Maar nou ja, nou wag ons vir die volgende swaardswaai. Malema jy kan so vol brawade wees maar die hele land weet jy het beslis nie n skoon bladjie nie

Ria Naude ·

Andre, jy moenie lag nie. Die polisie kyk dan so mooi agter Malema…lol…

Woef ·

Sit hom in die tronk en gooi die sleutel weg, kap die deur toe met spykers! WOEF!

Johann ·

Kan Maroela Media nie bietjie ondersoek instel na die rekening in Kanada nie? Sal Juju regtig so-iets sê sonder bewyse?

Emma ·

Malema maak so n groot lawaai om sy agenda”s weg te steek. Hulle sal hom moet vasvat . Daar is nou n bewys dat sy uitsprake mense opsweep om onskuldige mense op plase aan te val soos die geval in Porteville. Vetrou nie die EFF nie.

Rene ·

En so word die polisie se kosbare tyd ook gebruik om Malema te beskerm teen sogenaamde dreigemente.

Jannie ·

Ja Andre die polisie doen goeie werk, ek weet nie van die poliesie nie.

Outop ·

Waar daar ‘n rokie trek is daar ‘n vuurtjie. Kan enige lede van die ANC regering daarop roem dat hulle “skoon”is?

Realis ·

@Johann – Stem! Hier kom ‘n ding! Malema is ‘n groot lawaai, maar hy weet ook baie dinge! En, sy feite is gewoonlik korrek!

Hoc est bellum ·

Hy is uitgeslape. Terwyl hy die polisie so besig hou om hom te beskerm, kan sy kamerade lustig plase aanval. Daar sal mos dan nie genoeg mannekrag wees om die plaasboere te beskerm nie, wat nog te sê van die aanvalle ondersoek.

ne ·

Laat die rekening ondersoek word. Gordhan moet mos dan verduidelik wat aan die gang is. Ek dink ALMAL is korrup in die anc/eff

Francis Linström ·

Hoekom mag sekere mense polisiebeskerming kry maar swaar belaste blankes word vir niks op wreedste denkbare maniere vermoor.

HPV ·

Malema kan geen mens wat ‘n bankrekening oorsee oopmaak verkwalik nie. In ag geneem wat met VBS bank gebeur het en raai wie het dit help plunder….? Juliaas sê liewer vir ons wie het VBS geplunder… ons wag…

Dries du Toit ·

Ons sal hoor wat daai ondersoek oplewer na die Kanadese bankrekening. Die blankes in die land soek so naarstigtelik na ‘n Messias dat hulle lankal al vir Gordan gedoop het as ons Messias. Skoon vergeet hy is n kommunis. Net soos Ramaphosa eweskielik ons Messias geword het

Johann ·

Die rede hoekom Malema Kanada gekies het is omdat hy weet die gaan baie moeilik wees om die bank rek te bevestig en balans staat te kry. Dit is net ‘n mannier om die saak te laat draai terwyl die verkiesing op kom. Self JM moet aangekla word omdat hy geweet het van ‘n moontlike misdaad en nie dit gerapporteur het nie. Dit is verder ‘n bewys dat Malema in werklikheid geen bewyse het nie. Deesdae is hy vining om te se dat hy bewyse het van almal, maar bring werklik geen bewyse na voor nie. Dalk moet hy sy on point bank rek bewyse ook vir alaml wys of selfs sy bank rek waar hy sy VBS (lening) :) gekry het. Die appel val nie ver van die boom nie (ANC is corrupt en hy kom van dieselfde boom).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.