Malema gee speaker tot Sondag tyd

Julius Malema op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema op 21 Augustus 2014 buite die Nasionale Vergadering Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Baleka Mbete, speaker van die parlement, gewaarsku om teen Sondagmiddag af te sien van haar planne om hom uit die parlement te skors.

Malema het Mbete tot Sondag 12:00 gegee om af te sien van haar voorneme om hom uit die parlement te skors en sê hy sal met regsaksie voortgaan indien sy dit nie doen nie.

Malema het die uitlating gemaak in sy formele antwoord aan Mbete nadat sy briewe aan hom en die 24 ander EFF-LP’s gestuur het oor haar voorneme om hulle uit die parlement te skors.

Mbete het elke EFF-LP gevra om individueel antwoorde aan haar te verskaf oor hoekom sy hulle nie vir tot twee weke uit die parlement moet skors nie.

Malema voer in sy antwoord aan dat Mbete buite haar mandaat optree aangesien hy geen wet oortree het nie. Malema sê hy is nie direk gevra om die parlement te verlaat nie en dat die EFF eers nadat die sitting verdaag is begin dreunsing het. Hy sê dit is dus vals om te sê dat hulle die sitting ontwrig het.

“Dit is my oortuiging dat dit wat ons gedoen het, ten doel gehad het om die president as hoof van die uitvoerende gesag aanspreeklik te hou,” het hy gesê.

Mbete sal die Nasionale Vergadering na verwagting Dinsdag formeel versoek om haar toestemming te gee om die EFF se LP’s te skors.

Die EFF het verlede Donderdag chaos in die Nasionale Vergadering veroorsaak terwyl president Jacob Zuma besig was om vrae te antwoord.

Lees ook:
EFF dreig met regstappe oor moontlike skorsing
EFF-LP’s dalk geskors oor ontwrigting in parlement
Gebeurlikheidsplan in plek gestel ná ontwrigting in parlement
Video: Malema-sekwestrasie: Saak uitgestel
EFF ‘n “bedreiging vir demokrasie”
EFF ontwrig wéér parlement

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansie ·

Malema tree op soos ‘n bedorwe brokkie wat nie sy sin kan kry nie. Sy optrede en ongeskikte maniere raak regtig nou irriteerend. Tyd dat hy “groot word” en sommer by Weigh Less aansluit want elke keer wat mens hom op foto’s of iets sien is hy net nog ronder. Oorgewig kan skadelik wees vir mens se hart.

Thys Human ·

Ek sien vanoggend op ‘n ander webwerf dat Malema se^ dat hy die Parlement gaan “toemaak” – met die hulp van ander opposisiepartye.

Nou wonder ek net of die DA saam met hom stem?

En ek wonder ook of Maroela se nuus- en kommentaarbase steeds dink dat Malema darem so reg en wonderlik was met sy “gide back the money” kreet?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.