Julius Malema geskors uit parlement

Julius Malema, leier van die EFF, in die parlement Foto: africa.widme.com

Julius Malema, leier van die EFF, in die parlement Foto: africa.widme.com

Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag die eerste slagoffer geword van die nuwe strenger parlementêre reëls toe hy fisies uit die Nasionale Vergadering verwyder is oor aanmerkings wat hy oor adjunkpresident Cyril Ramaphosa gemaak het.

Malema is versoek om op te staan en ʼn uitlating wat hy in die Nasionale Vergadering gemaak het, dat Ramaphosa ʼn moordenaar is, terug te trek. Malema het verwys na die Marikana-gebeure in Augustus 2012 waartydens 34 mynwerkers deur polisiebeamptes doodgeskiet is by Lonmin se myn. Ramaphosa was destyds ʼn direkteur van die mynmaatskappy.

Mmatlala Boroto, voorsitter, het bevind dat Malema se uitlatings “neerhalend” is en daarom onparlementêr is en dat Malema dit moet terugtrek. Malema het in plaas daarvan om die uitlatings terug te trek, gesê: “Cyril is ʼn moordenaar en Cyril het deelgeneem aan die sameswering om myners te vermoor.”

Boroto het Malema versoek om die Nasionale Vergadering te verlaat. Hy het geweier. “Ek sal nie gaan nie. Roep daardie uitsmyters. Ek gaan nêrens nie.” Die parlementêre beskermingsdienste is ingeroep en Malema is uit die Nasionale Vergadering verwyder hoewel EFF-lede dit eers probeer keer het.

Ingevolge reël 54 is Malema nou outomaties vir vyf dae uit die parlement geskors en mag hy nie die perseel in dié tyd betree nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Remondo ·

met of sonder betaling? En wat klaar gese is kan nie ongedaan maak nie so daai reel beteken eintlik niks , hy is die leier van die party so almal moet geskors word en n maand se salaris verloor

Anton ·

Ag asseblief, dit is pateties, geskors vir 5 dae?!!! Skors die Ou vir 2 jaar dan kan julle sê dit is nuus!

Ian ·

Ag asb! Wens hierdie ballet spel tussen die ANC en EFF wil nou einde kry. Ons weet almal dat hulle eintlik saam werk. Al hierdie drama is net om ons aandag af te lei van wat werklik aangaan.

Manie ·

Nou moet julle Zuma en sy trawante dophou. Hulle gebruik sulke situsies om asn te ja as g

Babs ·

En op die einde van die dag is EFF en ANC hand op die blaas.

SNEL ·

Vyf dae, WAT IS VYF dae, en die naweek tel ook seker. Vyf jaar sou beter geklink het.

Pietertjie ·

Piesangrepubliek. Ek is skaam om in die buiteland te sê ek kom uit Suid Afrika.

Herman ·

En so beheer die ANC die parlement. Een van die dae as jy enige iets negatief se is jy uit….. en nuus 24 laat nie meer toe dat mense komentaar lewer. So niemand mag iets sleg se oor die heilige anc gespuis nie…. the good story to tell…
Mag maroela media nog van krag tot krag gaan en aanhou om die ware storie te vertel.

CR ·

Ek vertel eerder vir die mense ek is ‘n gay stipper op ‘n verlate eiland voor ek se ek bly in Suid-Afrika

neelsie ·

Is dit n regering?
Wat of wie regeer hulle?
Skaamtelose, lagwekkende, hansworse.
Die wortel van Afrika se probleem.
Demokrasie is n vreemde konsep in Afrika.
Gee hulle n outokraat en sosialisme.

willie olivier ·

Die land hardloop op “autopilot ” en die politieke partye is agter by die toilets besig om mekaar met “modder” te gooi! Intussen is die land besig om bankrot te speel!

Elani ·

Ja Ja, net jammer as hy in die parlement is, is dit al waaraan hy kan dink, Marikana. Hy kan aan niks anders dink nie

Eduard ·

Malema jou mond gaan jou nog in grtoot mooilikheid laat kom . EN kan iemand asb v my vertel waar hulle daar aan kom dat die anc en die eef saam werk dis die grootste bog wat mense oor politiek kwyt raak .

Gideon ·

Wat ‘n belaglikheid!! Lekker 5 dae rus om nog meer kwaad uit te dink!! Daar moet ander maniere wees, om so iemand te straf!
Dit is ook nie reg dat die Parlementariërs niks mag sê nie, want dan word hulle uitgegooi nie!’ Die ANC misbruik hulle meerderheid stem, en so gly ons land al verder af in die slik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.