Malema gewaarsku: ‘Die Boeremag se lot wag op jou’

julius malema eff

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Jackson Mthembu, die ANC se hoofsweep, het EFF-leier Julius Malema Woensdag gewaarsku dat hy binnekort dieselfde pad kan loop as die Boeremag-lede wat aan hoogverraad skuldig bevind is.

Mthembu het tydens die presidensie se begrotingsrededebat Malema se optrede vergelyk met dié van die Boeremag nadat Malema tydens ʼn onlangse televisieonderhoud gesê het dat sy party bereid is om die regering “deur die loop van ʼn geweer” te verwyder. Baie van die Boeremagleiers is agter tralies nadat hulle in 2002 onder meer bomme in Soweto geplant het en in 2013 skuldig bevind is.

“Ons wil ʼn streng waarskuwing uitreik aan mense wat dink hulle kan met ons demokratiese stelsel en hardgewonne vrede en stabiliteit mors. Ons wil ook ʼn streng waarskuwing uitreik aan mense wat dink hulle kan die regering saboteer en ʼn burgeroorlog aanhits – hulle sal dieselfde lot as die Boeremag teëkom en die tronk sal hul huis wees,” het Mthembu gesê.

“Agbare Malema, wanneer dit gebeur, moenie sê ons het jou nie gewaarsku nie. Die keuse is joune.”

Mthembu het daarna sy woordaanval na die DA-leier Mmusi Maimane verskuif en hom daarvan beskuldig dat hy aan die hoof staan van ʼn party vol “self-erkende rassiste”. “Ek dink agbare Maimane word deur hierdie verkrampte party gebruik wie se lede steeds hunker na die dae van PW Botha en wat swart mense ape noem. Maimane word gebruik as aas om swart stemme te lok,” het hy gesê.

Mthembu het direk na Zuma gepraat wat uiteindelik sy toespraak gelewer het nadat die verrigtinge chaoties afgeskop het. Zuma het gehou by sy toespraak deur die regering se prestasies en prioriteite vir die volgende paar jaar te lys en nie aandag gegee aan opposisiepartye se versoek om te reageer op die konstitusionele hof se uitspraak oor die Nkandla-sage of die Noord-Gautengse hooggeregshof se uitspraak oor die omstrede spioenasiebande verlede week nie.

Die begrotingsrede is oorskadu deur LP’s van die opposisiepartye wat voortdurend die president beledigings toegesnou het oor hierdie twee hofuitsprake. EFF-LP’s is later fisiek uit die parlement verwyder voordat Zuma sy plek op die podium ingeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Jacobus

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Koos ·

Die boeremag lede het nie n waarskuwing gekry nie, summier gearresteer. Waarom moet hy gewaarsku word. Dubbele standaarde

jaco ·

Die boeremag was bloot onnosel: hoe kon 23 wit mans dink hulle gaan dit regkry om n land met 50 miljoen meestal swart mense oor te neem?

Otter ·

Ek stem saam. Boeremag kry geen waarskuwing. Is dit omdat hulle bang is vir Boeremag of te bang om Malema vas te vat?

Jenny ·

Bere hom en gooi daai sleutel weg. Hoekom waarsku julle hom.

André ·

Nee los hom uit. Hy is ‘n doring in die vlees vir die regerende party.

Janneman ·

Andre’, ons geniet almal zuma se verleenheid maar hel hierdie vet mannetjie moet in sy spore gestuit word. Hy is uiters, uiters gevaarlik vir ons land!
Die anc se onbeholpenheid het n groot vakuum geskep wat hierdie opportunis opslurp om die gepeupel se frustrasies met lee beloftes te paai en hulle om te swaai.
As jy daarin dink, wat het hulle gedoen sedert hulle ontstaan behalwe te plunder, breek, brand en n huis te bou in Inkandla wat binne 2 jaar begin vermurwe het? As hulle die dag aan bewind kom gaan ek ernstig my stamboom ondersoek vir n kortpad land uit! Sosialiste kan net regeer met geweld en onderdrukking. Dit sal nag wees.
Lees gerus Lauren Hutton se berig in The Daily Maverick

m ·

Hy is n produk van die ANC so hy sal nooit iets oorkom nie en hy weet dit baie goed.

Gerhard ·

Geneig om met jou saam te stem…hulle is almal kop in een mus.

Otter ·

Sabotasie gebeur weekliks tydens betogings. Mthembu moet bietjie kyk na die nuusblaaie.

Grap ·

Malema mag miskien skuldig wees aan baie negatiewe dinge en ek hou niks van hom nie maar hy is tans die enigste politieke leier wat baklei vir sy mense en nie te slapgat is om ‘n spade ‘n spade te noem nie

M A ·

Whoa, Grap! Malema baklei net vir himself. Sodra hy iets regkry, sal hy sy aanhangers vertrap net soos die ANC met hulle s’n doen. Maar ek moet saamstem, bang gat is hy nie.

Jan maak n Plan ·

Dit is mos algemene kennis dat die regering nie hulle eie mense toesluit nie. Daar sal met Malema niks gebeur nie.

T ·

Waar is die hardgewonne vrede? ek het dit gemis was seker baie baie vinnig gewees, want hier is GEEN vrede in ons land nie

sethos ·

Dink nt goed as malema aan bewind kom dan sal nt soos mugabe maak dat di wit boere se plasse afgevat word.malema is baie rasisties,dink bietjie daar oor.

André ·

Sethos
Malema is soos Eugene Terblanché. ‘n Grootmond en ‘n opstoker. En waar bevind ET homself vandag? Gaan kyk na al die vorige ANCYL leiers…..almal leë blikke wat geraas gemaak het. En almal nou “onder die kluite”.
As jy jou aan Malema steur is jy bang vir klein brakkies.

marita ·

Stem saam jou sethos,hy moet toegesluit word en die sleutel moet weggegooi word.

Johann ·

Wens die blanke bevolking het die voorreg gehad wat sommige ander landsbewoners as hul uitsluitlike reg beskou: te sê wat ons dink en voel sonder absurde toepassings van eensydige gevolglikhede…amper iets soos die engelse spreekwoord van “call a spade a spade”.

Karma ·

Stem, Johann, veral Maroela muilband mens (my) goed. Weinig van my kommentare word geplaas nie, al vloek ek nie, gebruik ek skoon, ordentlike Afrikaans, en is ek ‘nie die omie of die tannie in die familie van wie niemand hou nie’. Ek gee net my earlike opinie, maar dit word nie geplaas nie. Ek is seker nie te “polities-korrek” vir Maroela se sensors nie.

Theuns ·

As Malema gearesteer en aangekla word sal daar ‘n burgeroorlog wees! Die EFF se volgelinge, wat baie is, sal daarvoor sorg! Die Boere wat aangekla is vir Hoog Verraad het bykans geen volgelinge gehad nie. Eugene Terblance was dalk ‘n groot mond, se liewers goeie Orator, maar hy het sy land lief gehad. Toe word hy deur n Zimbabwier vermoor! Na sy tierade teen Malema verskuif Mthembu se aandag na “Mymoney” toe en hy stook die rassehaat teen blankes dat dit klap! Aseblief mense laat die ANC en EFF mekaar aanvat en as hulle met mekaar klaar is dan vat ons maar die wenner aan!! Dit sal vir ons wat op die kantlyn gesit het, se taak baie vergemaklik!

Hannie ·

Na aanleiding van die mangat moord, die skuim kry jy maar onder alle nasies.

Sarie ·

Malema is Zuma se “sidekick” Malema vat die aandag van Zuma af om die ander partye om die bos te lei. Elke keer as Malema iets doen – dan vergeet almal van Zuma en anders om. Wie was saam met Zuma toe hy president geword het – Malema. Hulle was GROOT pelle en Zuma is lojaal teenoor sy pelle want Malema weet van ‘n paar goed wat Zuma nog meer in die gemors kan laat beland – so Zuma sorg vir Malema en Malema sorg vir Zuma. Saam gaan hulle die wit landsburgers uitmoor. Skrik wakker.

Lance ·

Ag is maar net n waarskuwing …gaan hom nie steur aan dit nie …kyk maar na die optrede in die parlament …

vermeende ·

Ruik mooi, dis die reuk van n vars revolusie wat kook in die swart Afrika politiek pot.

jen ·

Sarie jy praat so die waarheid hoor. En Hannie die mangat moord het net mooi niks te doen met die Malema aangeleentheid nie

pop ·

Ek kan nou nie uit die land uit nie. (te arm) So nou gaan ek maar Kaap toe, sal maar daar tussen onse mense gaan nesskrop. Daar lag die mense en hoor jy min politiek. Almal rustig op hulle stoepe met n rooietjie. Lekker!!!!!Ons land sal nooit weer dieselfde wees nie, so moet nou die beste van n sad en slegte saak maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.