Malema glo ‘agtervolg, uit motor gedwing’

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, leier van die EFF, beweer hy is Sondagaand in Sandton deur gewapende polisiebeamptes uit sy motor gedwing.

Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, het gesê Malema se motor is by die Grayston-afrit deur ʼn “wit ongemerkte wa” van die pad af getrek en dat daar binne oomblikke ʼn verdere 10 polisiemotors op die toneel was. “Die polisiebeamptes het uit die motors geklim, hul vuurwapens op sy motor gerig en hom gedwing om uit te klim.”

Volgens Ndlozi is die hele afrit vir verkeer afgesper. “Malema het uit die motor geklim, maar die polisie het niks gedoen nie en beweer dit was ʼn fout.” Ndlozi het gesê Malema het hierna terug in sy motor geklim en om die polisiemotors en oor ʼn randsteen gery om weg te kom.

Ndlozi het gesê die EFF beskou die voorval as “intimidasie” en dit is glo duidelik dat Malema deur die “vyand” agtervolg word. Ndlozi het gesê Malema was in Soweto vir ʼn vergadering en dat die “wit wa” hom vermoedelik van daar af agtervolg het.

“Die mense van Suid-Afrika en die wêreld moet weet dat die huidige regime gewelddadig begin raak. Ons sal die mense van elke voorval inlig, want hulle moet weet in watter toestande ons sake moet doen,” het Ndlozi gesê.

Maroela Media sal navrae aan die polisie rig in verband met die beweerde voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Mielie ·

Stem saam, hy het geloofwaardige aankondiging gemaak omtrent geld wat landuit is. Of hy speel nou speletjies, met die kiesers. Laas week het n aktivis “verdwyn” een wat saam met hom kop in een mus is, die vraag is of hy ook nou gaan “verdwyn”, veral omdat hy nou sy bron gaan bekend maak. Dis dalk net n limelight ding, mens sal nie weet nie.

Manie ·

Nou kla hy. Wat van al die intimidasie wat hy en sy party gereeld toepas op onskuldige mense. Moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie.

christine ·

Ja tag wie gaan nou omgee. Hy kla met die witbrood onder die arm. Ons word nog slegter behandel. Wou jou besteel ou haas. Welkom in die land vra vir die rugbyspelers hulle weet net hoe om met hulle te werk. Soe vir n gradieerder maar LEKKER dom

Theresa B ·

Nou moet ek liewers niks sê nie……………………………….

Franscois ·

Roer hom, mag die volgende aftrek bietjie erger wees, en so moet dit aanhou, hy moet net so verskrik en angsbevange wees soos ons mense op hul plase wat deur sy aanhitsing in vrees lewe, jy gaan jou dag kry, hou fyn dop!

LMGA ·

“…..die polisie het toe niks gedoen nie…” ……………….DIT IS NOU JAMMER. BAIE SAD NUUS

DMC ·

“Wit wa” nogal, klink bietjie rassisties…. Wonder of hy beter sou voel as dit ‘n swart wa was(of pienk)

Lynet ·

My gedagtes ook hoekom die “wit wa” so uit druk?? Seker nou maar die “wit wa” se skuld
dat die insittendes so op getree het.

GROENIE ·

Kyk net hoeveel klem word op “wit wa” gesit. Laat jou wonder!!!

tamboti ·

In vandag se moderne wereld is dit ‘n SUV of ATV, wa is vir die donkie of osse, Malema.
O ja “wa” was van hout gemaak – daai waarvan jy nie uitmaak nie!

Francois le Cochon ·

Hier in my geweste ry ‘n taxi rond met ‘n slagspreuk op sy agter ruit, “Every Black man is a suspect”. Lyk my dis waar!

ST ·

Is dit nie dieselfde intimidasie wat die eff op ons kampusse saai nie. As ons uitdeel moet ons kan vat ook.

Sê maar net ·

Hy voel bietjie afgeskeep omdat hy nou nie die naweek so baie aandag gekry het nie. Sienende dat die ander een wat hom grootgemaak en geleer het die meeste gekry het. Die uitspraak van die hof Donderdag het sy graad vang bietjie oorskadu, nou moet hy iets sê om in tel te wees. Lekker gelag nou

John Scott ·

Oorweeg die volgende waarskynlikheid: die president is die hoof van die Suid Afrikaanse Weermag…dus sou mnr Zuma so in`n hoek gedruk word dat hy uit sy pos gedwing sou word, mag hy dalk net kapabel genoeg wees om die weermag opdrag te gee om `n staatsgreep uit te voer en die “rule of law” van die tafel te vee en soos `n diktator te regeer. Dit wat nou met ou Melema gebeur is dalk nie so onskuldig soos dit dalk voorkom nie. Dalk reeds oefenlopie wat op die proef gestel word????????????????

Flintstone ·

Wat jy saai sal jy maai en wee jou met onskuldige bloed nog nat op jou hande….

Theresa ·

Foei. Laat my dink aan ‘n ou liedjie: daar kom die wa, die vier perde wa … Ons ry nie meer in ‘n wa nie. NIemand doen nie. Nou wat se “wa-ery”is dit dan?? Ons weet die kwalifikasie is politieke reg, maar ken die mense dan nie motormake nie? Was dit ‘n Hummer? Was dit ‘n Ford? Was dit bloot ‘n wa . Voorop dié is baie wel. Ja en baai the whei: politiek is nie vir sissies nie, boet.

As dit waar is.... ·

As dit waar is……. bygesê! Malema is nie so stupid, hy create sy eie verhale en maak dan asof dit iemand anders is en Sê maar net – jy is Spot-on, hy het te min aandag gekry!!!! Dee, veral jy & die ander skerpes Uys, thanks vir ‘n lekker lag, dit is net so ……. Pers hehehehehe

charmaine ·

Eeder n “wit wa” as n “wit polisie man” kan julle net dink wat sou dan gebeur het.
Maar het ons in apartheid ook wit wa’s en karre gehad? dan is dit nou weer ons skuld dat die “wit mans” “wit wa’s” bou. Eish ding hy raak complicated for me to many colours.

Helen ·

Sou bly gewees het as dit ‘n wit wa gewees het wat sê “Forensics”. Die wit wa se wiel het begin draai…

Koos Visagie ·

Hy praat kaf. Ek betwyfel of hy op sy eie sal rondry. Het hy nie sy eie bloulig brigade nie? Of het hy miskien so roekeloos gery dat die polisie gedink het hy het iets om van weg te hardloop? As die polisie hulle werk gedoen het, was hulle besig om ‘n roof of ‘n moord of ‘n kaping te ondersoek (kanse is 100% dat daar ten minste een van daai in die omgewing was in daardie tydgleuf). So jy sien ‘n “fancy” kar wat verdag lyk, natuurlik gaan hy afgetrek word.

BOoBOo ·

Ag Malema gaan snork ‘n haas!!! Seker maar gedroom van ‘n WA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.