Malema glo deur veiligheidswag rondgestamp

Julius Malema tydens 'n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Julius Malema tydens ‘n vorige perskonferensie Foto: effighters.org.za

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) en ʼn veiligheidswag was glo Maandag in ʼn onderonsie in Parktown, Johannesburg toe opposisiepartye en adjunkpres. Cyril Ramaphosa vergader het.

“Hy het my gestamp en my toegang geweier omdat ek geweier het dat hy my deursoek,” het Malema na die vergadering aan verslaggewers gesê. “Hulle deursoek nie hierdie Cyril Ramphosa wat mense vermoor nie,” het hy gesê, blykbaar as verwysing na Ramaphosa se ingryping in 2012, as ʼn voormalige nie-uitvoerende direkteur by Lonmin, toe 44 mense tydens stakingsverwante geweld gesterf het. Ramaphosa het gesê hy het bloot probeer help toe hy sy kommer met voormalige polisieminister Nathi Mthethwa gedeel het.

Metaalverklikkers is by die ingang van die Emoyeni-konferensiesentrum opgerig waar Maandag se gesprekke plaasgevind het.

Malema voer aan die ANC-kongreslede wat die vergadering bygewoon het, is nie deursoek nie. “Watse nonsens is dit? Hoekom moet ons deur hierdie skurke deursoek word? Ek gaan myself nie blootstel aan teistering deur die ANC nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Francois ·

Goed so! 10 uit 10 vir die veiligheidswag. Malema dink mos HY kan so aan almal staan en stamp…soos hy met daai mannetjie in the Take-Away in Polokwane gedoen het. Nou kry hy net terug wat hy uitdeel…ek like!!

Mishka ·

Ek like ook!!!! Daai kapokhaantjie se kam moet geknip word en vinnig ook!!

Peter Says ·

Wat jy uitdeel, moet jy soms ook bereid wees om te ontvang….KRY Vir Jou…

Carel ·

Jis Mishka nou beledig jy darem n kapokhaantjie sleg jong….n hoener is nie so dom nie… ek moet se JuJu lyk nogal in sy element so op die grond…..dis waar bollie hoort …op die grond……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.