Malema het weer houtwerk gedop, sê Mandla Mandela

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Mandla Mandela het ʼn striemende aanval op Julius Malema, leier van die EFF, gedoen.

Mandela het in ʼn verklaring ANC-beleid en -praktyk verdedig en Malema aangevat oor opmerkings wat laasgenoemde Woensdag oor Mandla se oupa, Nelson Mandela, by die Oxford Universiteit gemaak het. “Dit blyk dat Malema hom oorgegee het aan die soort denke wat Eugene Terre’Blanche se missie gekenmerk het, naamlik om ons ontluikende demokrasie tot elke prys te ondermyn.”

Malema het studente by die universiteit toegespreek en onder andere ook vir adjunkpresident Cyril Ramaphosa en die sakeman Patrice Motsepe aangeval. “Die afwyking van die Vryheidsmanifes was die begin van die uitverkoop van die revolusie. Toe Mandela teruggekeer het uit die tronk het hy van Winnie Mandela geskei en in die huis van ’n ryk wit man gaan bly. Die Oppenheimers het vir hom gesorg.

Mandla Mandela

Mandla Mandela

“Mandela het die klubvergaderings bygewoon van die wit mans wat die Suid-Afrikaanse ekonomie besit het. Hy het in een van hul huise gewoon; hulle het 24 uur per dag toegang tot hom gehad. Hulle het vir hom gesê dit wat hy verteenwoordig, sal nie bereik word nie. Dis toe dat hy teen homself gedraai het,” het Malema aan die studente gesê. “Die Nelson wat ons nou vier, is ’n verhoog-beheerde Mandela wat die beginsels van die revolusie in gedrang gebring het, dit wat in die Vryheidsmanifes vervat is.”

Volgens Mandela is dit verregaande dat Malema vir “Madiba” daarvan beskuldig dat hy die Vryheidsmanifes “uitverkoop” het aangesien die EFF volgens hom alles waarvoor die Vryheidsmanifes staan, minag.

“Julius Malema het geen agting vir tradisionele Afrika-waardes soos respek vir ouderlinge, wedersydse respek, soos vervat in die gees van ubuntu, of ons lang tradisie van beginselvaste stryd waarvoor baie geslagte lewe en ledemate geoffer het nie. Soos dié van baie van ons staatmakers en helde, is Madiba se nalatenskap onaantasbaar. Julius Malema se twakpratery is net dit, naamlik twak.

“Daar is geen perke aan Malema se onbetaamlike gedrag nie. Hierdie keer was dit Madiba se nalatenskap wat hy aangeval het. Hy het nie besef dat hy die einste tak waarop hy sit, afkap nie. Hy het weer houtwerk gedop,” het Mandela gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Gerhardt ·

Julius moet dringed vir Prof Tim Noakes gaan spreek, of wag die Prof mag nie babatjies raad gee nie.

GES ·

Malema is so “slim” soos ‘n boom vol uile en sy grootste vyand is hyself. Die houtwerkspook wil hom ook nie uitlos nie. So het elkeen van hulle maar hulle knakke soos stortkoppe, houtwerk ens. ens.

Dan ·

Malema Mandela twee spoke wat ewe veel werd is….en dis niks.

Winston ·

@Dan. Net so. Altwee soek die mag en nie een ken die grondwet of betekenis van demokrasie nie. Jammer vir alle Suid Afrikaners wat weet hoe om geld te maak en te bou aan ekonomie. Nie steel of eis nie.

Johannes Meintjes ·

Ek stem saam dat daar van ons blanke Afrikaners is wat te krities is oor die baie stadig ontluikende nasionale meerderhede. Die fout, – meen ek, – wat die blanke minderhede maak is om nie doelgerig en self-verantwoordelik op hulle eie kulturele ontwikkeling en ekonomiese herlewing te fokus nie.

Lynette ·

Ai tog gaan die Malema nooit ophou nie . Hy kort n kringetjie op sy kop . Onthou julle die saint .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.