Malema in hof oor grondbesettingsuitsprake

Die EFF-leier Julius Malema en ander lede van die EFF-leierskap tydens die party se verjaarsdagvieringe in Durban (Julie 2017). Foto: ANA

EFF-leier Julius Malema, wat aangekla word van aanhitsing om ʼn misdaad te pleeg, moet Vrydag weer in die Newcastle-landdroshof verskyn.

Die saak is op 4 Julie tot 1 September uitgestel nadat Malema se regspan ʼn aansoek by die hooggeregshof ingedien het om die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste te betwis. Die EFF beskuldig die regering daarvan dat hulle “apartheidswette” gebruik om die kritici stil te maak. Malema se regspan het die hof toe versoek om die saak teen hom uit te stel hangende die hooggeregshofuitspraak.

Volgens die klagstaat word Malema aangekla van die oortreding van artikel 1(1) van die Wet op Betreding. Malema het in Junie verlede jaar sy ondersteuners in Newcastle aangemoedig om grond onwettig te beset, omdat die grond “aan swart mense behoort”. Hy het gesê wittes kan nie aanspraak maak op eienaarskap van grond nie.

Nadat Malema verlede jaar in November vlugtig in die hof verskyn het op aanklag van oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste, het hy buite die hof weereens aan sy ondersteuners gesê om grond te beset omdat daar nog nie aan hulle grond gegee is nie. “As dit beteken ek moet tronk toe gaan omdat ek vir julle sê om grond te vat, dan moet dit maar so wees,” het hy gesê.

“Ek is nie bang vir die tronk oor die grondkwessie nie. Ek is net bang vir die tronk as ek daarheen moet gaan oor korrupsie. Ek wil nie tronk toe gaan vir korrupsie nie, maar ek wil tronk toe gaan vir grond. Ons vra nie vir die slagting van wit mense nie, ten minste nie vir nou nie,” het hy gesê.

Malema het in 2014 tydens ʼn EFF-verkiesingskonferensie in Bloemfontein vir die eerste keer aan die party se ondersteuners gesê om grond te beset. Nadat hy in Bloemfontein in die hof verskyn het oor hierdie uitsprake, het hy net weer aan sy ondersteuners buite die hof gesê om “enige mooi stuk grond” wat hulle sien te beset, “omdat die grond deur volksmoord by swartes afgeneem is”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

m ·

En wat gaan nou met hom gebeur. Hy mos een van die untouchables…..

manuela ·

Skrikwekkende woorde. “…ten minste nie nou nie…” Kim Jong Un en Malema kon boeties gewees het.

snoefie ·

ek stem. wat het ons gedoen? 2/3 het ons bene stompies genael on vuurwapens in te handing want die nuwe vuurwapens lisensiewet het moeite veroorsaak. waar us daardie wapens nou? gaan eis dit terug. dis nog nie vernietig nie.

B-man ·

“…aangekla vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgeveil is.” – Ons hoor dit deesdae in meeste van die berigte waar misdadigers aangekeer word.

JA ·

Nee ek is jammer Hans, daar het jy dit verkeerd. Op jou kniee sal jy net ‘n spies of byl in jou rug kry. Wat ons nog het, is om op te staan en te veg.

Fred ·

Dit is ook wat nog altyd gehelp het, Hans. En dit sal help tot in ewigheid.

Inge ·

Hans, ek glo God help die wat hulself help. Mens kan nie agteroor sit en niks doen nie en alles aan God oorlaat nie. Hy het tog vir jou ‘n verstand gegee om te dink en jouself te help. Saam sal ons dit kan doen.

Leahim ·

Ek respekteer nogal die ou sê nie altyd slim goed nie maar sê hoe hy voel sonder vrees om altyd polities korrek te probeer wees .Hy kry pakslae in die parlement maar vat Zuma aan n baie goeie leier maar hy kort net n slim adjunk om hom te lei met die wettige implikasies van sy uitsprake.

Kobus ·

As daar net 1 wit ou was soos ou so dit ook baie beter met witmense gegaan het.maar die wit mense kan net praat dis al

HPV ·

Malema, aanhitser tot geweld later burgeroorlog en menseslagting. Die volgende Afrika diktator in wording. Rwanda en Kongo hier kom ons.

Elize ·

Elke keer word sy saak uitgestel!! So intussen mag hy maak soos hy wil. Word net erger

Johan. H. ·

Julle gaan i surprise kry, Dink julle die boere sit net,,

Susan ·

Wat wil Malema nog vat eers die gronde en wat nou nog en Wys my wat se kwalifIkasie het hy maar net weer 1 van daai scam. Ek sien klaar hier kom groot moeilikheid as hy so aan gaan

Afrikaanse Knaap ·

Ek hoop hy kry ‘n harde straf. Soos die howe ‘n voorbeeld van daai Middelburg manne maak, hoop ek hulle maak ‘n voorbeeld van hierdie geweld aanhitser van die parlement.

Carel ·

Hans hierbo is reg, God help die regverdiges en dit is wat gaan gebeur. Op ons kniee sal ons oorwin.

Karma ·

Julle moenie te veel, te hard ‘worry’ oor ou Mallemannetjie en sy EFF nie. Dié Pedi-bhuti en sy EFF is nog net daar vir solank Zuma ‘nummawan’ is. “Mark my words” – kom 2019 en in die voor-verkiesingtyd, koaliseer die EFF en die ANC weer en is Mallemannetjie en sy voormalige ANC-comrades weer “one happy family”.

Johan ·

Mense Mense, ek is deel van n radio groep van omgeveer 250 wit mense, ek kan se dat hulle almal saam staan, as daar net iets gebeur of selfs as die honde net blaf en hulle roep in is daar omgeveer 20 bakkies wat respond, en wat ook gewapen is, ons het amper niks inbrake en en en nie, so as ons wit mense saam staan kan ons dit doen. maar daar is mense wat baie praat en niks doen nie, kom al ons wit mense staan op vir mekaar asb mense dit het nou tyd geword

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.