Malema jammer oor vrou slaan-opmerking

Julius Malema en Mantwa Matlala Foto: Twitter

Julius Malema, leier van die EFF, het Donderdag om verskoning gevra dat hy in die parlement gesê het pres. Cyril Ramaphosa het sy vrou geslaan.

“My vrou is seergemaak deur kwaadwillige en skadelike opmerkings deur ʼn ANC LP, wat aan die media en tydens die debat oor die staatsrede herhaal is,” het Malema gesê oor Boy Mamabolo se uitlatings dat Malema sy vrou slaan. Dié opmerking het Malema Dinsdag so warm onder die kraag gehad dat hy teruggekap het deur te sê Ramaphosa het sy voormalige vrou, Nomazizi Mtshotshisa, met wie hy tussen 1991 en 1993 getroud was, geslaan. “Hy het vir Nomazizi geslaan. Sy sou by [oudpres. Jacob] Zuma daaroor kla,” het Malema Dinsdag gesê.

Ramaphosa het Donderdag tydens die debat oor die staatsrede aan Malema om verskoning gevra vir Mamabolo se uitlatings.

“Ek en my vrou het lank oor die president se verskoning gepraat,” het Malema Donderdag in ʼn verklaring gesê. “Ek wil graag herhaal dat ek nog nooit in my lewe my hand vir my vrou of enige ander vrou gelig het nie. Indien daar enige bewyse is om hierdie stelling te weerlê, is ek bereid om as LP en president van die EFF te bedank, selfs nog voor die saak voor ʼn hof kan dien,” sê Malema.

Hy sê hy beskou die optrede van Mamabolo as ʼn manier om politieke punte te wen, aangesien dit meer as een keer herhaal is.

“As ek nou terugdrink, besef ek ek moes nie tot dieselfde vlak gedaal het as die ANC nie. Ek is nou spyt oor hierdie wyse van persoonlike verdediging omdat die saak van geslagsgebaseerde geweld so ʼn ernstig saak in ons land is. Ek hoop die president en sy familie kan my verskoning aanvaar wat ek opreg bied.”

Hy het ook jammer gesê aan alle Suid-Afrikaners wat in die proses beledig is.

“Ek het my verskoning persoonlik aan die president oorgedra in ʼn telefoonoproep en hoop ons albei kan nou daarvan vergeet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Michael ·

Ek hou niks van malema nie en stem meestal nie saam met wat hy sê of doen nie maar een ding is nou maar so hy het hart,hy sê n ding soos hy dit sien sonder vrees en waar is nog n leier in die wêreld behalwe President Trump wat die hart en moed het om dit te doen.

Foefie ·

Dis nou als goed en wel, maar ek het geleer waar ‘n rokie trek, is ‘n vuurtjie. Hoekom sou Ramapoza se gewese vrou by Zuma kla haar man slaan aan haar? Ek wonder maar net.

Phil ·

Ek is ook jammer dat ek sy gesig al weer moes sien. Dit het my naar gemaak en ek moes uitstap vir vars lug,

Antoinette ·

Ek hou niks van Malema. Hy het geweet wat se reaksie hy gaan kry as hy sulke dinge kwyt raak.
Dalk het Ramaphosa hom ook gedreig om hom hof toe te vat.
Enige man of vrou wat hul maatjie slaan is dof.

Marthinus Johannes ·

Stem saam, waar n rokie trek brand n vuurtjie. Gewoonlik mense wat self agter die deur staan wat klippe gooi.

Eish ·

Ek neem aan Malema is ook bereid om ‘n miljoen of twee as skadeverboeding op te dok? Dis mos wat hy eis van Mamabolo.

antieke antie ·

ek het nerens gelees dat CR die bewering teen hom ontken of erken nie… of het ek dit net gemis….. die verskonings is blykbaar net omdat dit in die openbaar gese was….

Scalla ·

Word hul nou ook op vlakke beoordeel soos Eskom se onderbrekings, kommerwekkend.

Nie Verbaas ·

“Ek moes nie tot dieselfde vlak gedaal het as die ANC nie”. Ons het niks anders verwag nie Julius!!

Hennie ·

Waarom gee die Media só baie blootstelling aan Malema? Ramaphoza kan kwalik byhou!

Nell ·

Ek wonder waaroor Malema se om verskoning-vraery nou eintlik gaan? Gaan dit omdat hy gelieg het of omdat hy die prez in die verleentheid gestel het deur sy verlede openbaar te maak?

Jaco ·

pik botha het nooit jammer gesê oor hy sy vrou geslaan het nie.
die amptelike storie was dat sy op n stoel gestaan het om iets bo van ‘n hangkas af te haal. toe val sy en sy is toe sommer verlam.
Die eintlike storie is egter dat Pik dronk was en sy vrou so erg geslaan het dat sy verlam geraak het.
Maar nou ja, soos wat PW Botha se jagespedisies met staatsvervoer toegesmeer is, asook PW se seun se motorongeluk onder die invloed van drank, is dié storie van Pik se aanranding van sy vrou netjies toegesmeer – dit nogal in die ou SA…

Jims ·

Jaco, is dit n ware storie van Pik Botha? Ek kan wragtie nie onthou dat ek al voorheen daarvan gehoor het nie.

J ·

“My vrou is seergemaak deur kwaadwillige en skadelike opmerkings deur ʼn ANC LP …, ” sê Malema.

… en “Zuma is te oud om tronk toe te gaan”!

Maar wat van sy kwetsende woorde teenoor FW de Klerk … en sy familie?

…. en Gordhan en sy familie?

Wittes, Bruines en Indiërs het geen gevoelens … ? …. in Malema EN Cyril se rassistiese dwaal paradys?

Hulle het ook vergeet om “WRAAK’ te eis vir die 5000 slagoffers van halssnoermoorde, die 140 vermoorde Esidemeni pasiënte, die Marikana mynwerkers …. !

Swart slagoffers voel slegs die pyn wat deur Wittes toegedien word …. ? … in die dwaal wêreld van die ANC (en die EFF).

Heinrich ·

Hierdie Jerry Springer aanslag van die SONA was baie goed ge-orkestreer om die gemors wat die ANC van die land gemaak het te verskans tydens die SONA. Hierdie ‘trailer-park’ praatjies van mans wat hulle vrou slaan het nou ewe skielik almal aan die praat terwyl die sake wat die land uitmekaar laat val geen kollig kry nie.
In ‘n beskaafde land sou realistiese en daadwerklike planne bespreek wees van hoe om die land vir ALMAL te verbeter, nie sosialistiese feëverhale wat nêrens elders in die wêreld kon werk nie.

Speedy ·

Dis verbasend dat die LP’s tyd het om nonsens te bespreek in parlement terwyl die land in chaos is. Is die nie hulle plig om die land se probleme en oplossing te bespreek. Dit lyk die parlementslede sal enigiets gebruik om nie oplossings vir SA te vind nie. Soos FW seuitlatings, Vroue slaan ens. Komaan wie betaal julle salarisse ouens!!!!?

Mieke ·

Malema aanvaar nie FW de Klerk se verskoning nie, maar almal moet nou sy verskoning aanvaar?

Andries ·

Die probleem van die land is dat die manne daarbo te veel van mekaar se dinge weet. Dit maak die een bang vir die ander want hy is bang die geraamtes in die kas kom uit! Dit is dieselfde met die kroek Zuma, hy sal nie tronk toe gaan nie want dan “spill hy the beans” oor al sy maters!

Chris ·

Hoe groter die waarheid hoe groter is die protes. Ek glo nie hy sal haar slaan nie. Ek dink sy slaan haarself om met die persoon te getrou het. Wonder waar sy heen gaan verdwyn as sy put van inkomste skielik eendag opdroog.

SomeOne ·

“sorry” is ‘n kort lekker woord, maar die skade is klaar daar vir jare

Jacobus ·

Is hierdier wedersydse skouerkloppery nie belaglik nie?
So vals soos fopnuus op sy slegste.

Jannie van Niekerk ·

Geagte Onderkporporaal Malema, Jy kan nie DAAL tot die vlak van die ANC nie, jy moet OPGAAN tot die vlak van die ANC. Alhoewel die ANC die swakste regering in die geskliedenis van die heelal is, is hulle vlak nog steeds hondermiljard keer meer en hoër as die van die EFF en sy ongedissiplineerde rooi troepe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.