‘Malema ken nie die Afrikaner nie’

Pieter Groenewald. Argieffoto: Twitter

Dr. Pieter Groenewald, leier van die Vryheidsfront Plus, het uitgevaar teen Julius Malema, die leier van die EFF, se uitlatings teenoor die Afrikaners en wit mense Donderdag by die Israelse ambassade.

“Sy opruiende en uitdagende uitsprake is bewys dat hy nie die Afrikaners en wit mense ken nie. Afrikaners en wit mense se vriendelikheid en ordentlikheid moet nie gesien word as swakheid nie,” het Groenewald gesê.

“Suid-Afrika het nou sterk leiers nodig om kalm en koelkop te bly in ’n tyd waar emosies hoog loop. Uitsprake soos dié van Malema skep rassespanning en kan nie bekostig word nie. Malema se uitsprake getuig ook van sy eie swakheid as leier en boonop is hy skynheilig. Dit is juis Malema wat mense aanmoedig om wetteloos op te tree en om onwettig grond te gaan beset.”

Volgens Groenewald sal Afrikaners en wit mense hulle nie op sleeptou laat neem deur Malema nie. “Ons sal ons egter ook nie laat intimideer of laat voorskryf oor hoe ons moet optree nie. Dit is ’n grondwetlike reg om protesoptogte te hou en indien Afrikaners en wit mense optogte wil hou sal hulle ferm en met waardigheid hulle standpunte stel.”

Groenewald het gesê die Swart Maandag-optogte waar mense saam gebid het, is ’n sprekende voorbeeld waar protes op ’n ferm en waardige wyse aangeteken is. “Afrikaners het nie kragdadige uitsprake nodig om hulle standpunte te stel nie, maar sal dit met waardige optrede duidelik stel,” het Groenewald gesê.

Malema het Donderdag na Fikile Mbalula, minister van polisie, en die polisie gekap omdat hulle nie die afgelope Maandag streng opgetree het teen duisende betogers wat paaie afgesper het in protes teen plaasmoorde nie.

Malema het ʼn skare van sy ondersteuners buite die Israelse ambassade in Pretoria toegespreek nadat die EFF ʼn optog in Pretoria gehou het. Volgens Malema is die ANC “bang vir wit mense”.

“Die nuttelose minister van polisie het niks gedoen nie, selfs nie toe die wittes ons [op Swart Maandag] ontwrig het nie. Weet julle hoekom? Want die ANC is bang vir wit mense. Die ANC is bang vir Israel, die ANC is bang vir Afrikaners. Die regime van die EFF sal nooit bang wees vir ʼn wit mens nie. Die polisie hier is opgelei om wit mense te respekteer. Wanneer hulle ʼn wit man sien, is dit die baas. Maar hulle sal ’n swart man sleg behandel wanneer swart mense niks doen behalwe vir hul regte baklei nie,” het Malema onder meer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

Frans Hendrik Badenhorst ·

Enige gebreekte of gebrande goed gesien na die swart hemp optogte?

Hendrik ·

Ek stem saam met Pieter Groenewalt. Die boere word summier uitgekryt as wreed en as “die baas”! Miskien moet die EFF lede, wat aangery moes word, hulself afvra of hul grootmond leier, Julies al sy stukkie grond onwettig bekom het? Nog beter, het hy verniet geswot by UNISA…’n koloniale instituut? Maar nee, sy volgelinge is soos die ANC, gaan net iewers as daar transport, kos en T- hemde gegee word!

DNA ·

Goeie benadering tot die situasie om kalm te bly, EFF funsioneer op wanorde, geweld ens.
Om vreedsaam op te tree en te wag is in orde van die Afrikaners en wit mense vir die regte geleentheid wat nog gaan kom

PJC ·

Hierdie klomp wil vreeslik graag hě dinge moet handuit ruk in hierdie mooi land van ons maar hulle weet wnie at die gevolge kan wees nie.

Daghregister- Jan van Riebeeck (1652-1662) ·

Aanhaling uit HJJM van der Merwe se ‘Scheepsjournael ende Daghregister’.
10 Februario anno 1655
“Gister avondt is ‘t noch gebeurt dat omtrent 50 personen vandese inwoonders dight op de cant van de graght onser fortresse eenige huijsjes willen maecken ende door d’onse minnelijck vermaent wordende wat verder aff te gaen, wel stoutelijk te kennen gaven dattet niet ons maer haer landt was ende hunne huisjes wilden stellen ter plaetse daerse begeerden, . . . ”
Kortweg word gesê dat hulle teen die fort gaan kom plak en dat dit hulle land is. Hierdie ‘hulle’ is ook later van tyd uitgeroei deur die swartes wat die land beset het uit die noorde van Afrika. https://en.wikipedia.org/wiki/Khoisan

Andrea ·

Ag Jan, pleks het jy tog maar jou drie skepies gevat en elders heen gevaar. Dan was ek dalk nie vandag hier vasgevang in donker Afrika nie. Hulle het toe al nie jou verversingspos gelaaik nie… behalwe as hul iets by jou kon kry waarvoor hul nie gewerk het nie. Sug!

Johanna Botha ·

Hulle verwag en ken nie protes waar daar orde is en selfs gebid word …dit is presies wat nodig is want so word n sterker boondsap gestuur aan die wat mens wil uitlok tot wanorde …presies wat hulle sou wou he …so behou die orde en moet nie dit gee nie !

Thinus ·

Dit bewys net dat Malemma nooit die land sal kan regeer nie , dat sy leierskap nie die van ñ regte president kan wees nie en dat hy swakker as Zuma in so ñ pos sal wees ! Hy klink soos iemand wat ongeletterd is !!

Leahim ·

Waar het jy al n DA leier praat oor die wit afrikaners dit is vir my n vooreg om vir die VF+ te stem en al sal ons nooit n verkiesing kan wen nie sal niemand behalwe die anc sonder die hulp van die VF+ in n koalisie regeer nie.

Ena van Rooyen ·

Leahim waarom nou die DA hierin betrek? As jy nie op hoogte kan bly oor DA insette nie, hou dan asb jou oppinie vir jouself. Gaan Google gerus Annette Steyn- DA Skadu Minister op Landbou en lees daar die DA se insette op die onderwerp. Dit hoef nie noodwendig van n Leierskaps posisie te kom nie. Maar as VF+ leiers ook eerlik is teenoor hulle volgelinge sal hulle kan getuig hoe gereeld die DA Leier ook al in parlement voor die VF+leiers oor die kwessie opgestaan het. DA het SwartMaandag ondersteun juis omdat dieselfde sentiment gedeel word.

Leahim ·

Geagte Edna ek sê ek het nog nooit n DA leier Zille of Maimane gesien opstaan in die publiek vir die sa boere wit en swart nie.Ek woon in Pretoria moot en dit lyk vir my of die area agteruitgaan wat die parke en sypaadjies betref vandat die DA oorgevat het by die anc.My opinie is die DA vry so hard na die swart stemme dat hulle aanneem die wit stemme sal vanselfsprekend kom al word daar teen n wit persoon gediskrimineer oor sy velkleur en dit gebeur in die DA beheerde metroraad.en dit is feite

Stan ·

Dis glad nie n geval van bang wees vir die wit mense nie, ANC weet net al te goed dat ons die land finansieel onderhou, dis al!! Malema is maar n klein hondjie wat voor n hek blaf!!! Hy moet wakker word, sy koffie is al LANKAL koud!!!

Frans C ·

Malema se invloed moet nie gering geskat word nie.Hoe hoe hoër die werkloosheidsyfer styg,nie-amptelik gekat op 31 % en hoe meer die ekonomie steier onder die ANC, en armoede toeneem,hoe groter sal die man se invloed word,onder die mense.

Hy begin alhoemeer inlyn kom met Mugabe,wat die ZANU-PF jongelinge aangesê het om die laaste blanke plase oor te neem.

Haan ·

Ek stem saam met jou Frans. Hy moet nie onderskat word nie. Sy woorde is soos heuning in die mond van sy (groeiende hoeveelheid) volgelinge.

Werner Kruger ·

Malema is besig om n perd op te saal wat hy nie kan ry nie

louwboepens ·

Daar is niemand so bang vir Jacob Zuma as Julius Malema en sy volgelinge nie .ELKE KEER WAT ZUMA IN DIE PARLEMENT IS HARDLOOP HULLE WEG EN GAAN SKUIL IN PRETORIA.LAFAARDS!!

Bruno Stef ·

Malema moet nou nie die Afrikaner verwar met die liberalistiese ultra linkse wit ” Heart Bleeding liberals” nie dit kan hom net met n groot skok en ontnugtering vorentoe oorval. Ons sal op die regte tyd optree as alle kanale vir vreedsame naasbestaan deur heethoofde soos hy en sy uitsprake onmoontlik raak (MAW Swart Maandag Optrede ) en baie meer tender gerus daarvoor.

MS ·

Malema is duidelik bekommerd oor wit / bruin / swart mense wat beginne besef en wys hulle is gatvol vir die sinnelose aanslag op ons boere. Duidelik is Malema n voorstander van moord, geweld en wetteloosheid en is ek 100% seker dat sy EFF party en ANC maaikies agter die moorde sit. Die ANC het ons om die bos gelei en ons kommandos ontbind en te ontwapen om ons boere makliker teikens te maak. Die moorde gaan nie ophou met die ANC en EFF mentaliteit in ons land nie. Malema soek die boere se grond wat sy mense niks mee kan maak nie, want hulle is nie opgelei om kommersieel te boer nie. Intussen sorg ons belastingbetalers vir 16 miljoen welsyn afhanklikes wat meer word by die dag. Hierdie is n resep vir choas en na slegs 23 jaar het die ANC ons land bykans verwoes. Die dag glo ek sal kom dat ons die wapen weer sal moet opneem teen die vyand wat ons volk weereens bedreig, net soos in 1838 by Bloedrivier. Ons moet voorberei en God vertrou dat Sy wil sal geskied en dat ons sal moet veg vir ons voortbestaan hierin Suid -Afrika. Ons is klaar in ‘n oorlog gewikkel teen daaglikse moord, geweld, verkragting , misdaad wat nie afneem nie. Dis tyd om te besef wie die vyand is!! JULIUS EN ZUMA! dis duidelik soos daglig !

Daad ·

Dis werklik so goed gesê…ek stem volkome saam!!!
Wens net die meerderheid het meegevoel gehad.

Leon ·

Hierdie klein Idi Amin soek vir ‘n burgeroorlog. Ongelukkig vir hom en sy skape laat ons ons nie afskrik nie. Die Afrikaner se geduld raak op…

Josua Keys ·

Julius, ek het vir jou nuus my mater, jy is bang vir wit mense!!!!! want as jy nie was nie sou jy nie optogte reel om jou volgelinge te vra om nie bang te wees vir witmense nie, jy kan nie eens alleen n stantpunt inneem sonder om jou volgelinge te betrek nie. Geen Swartmens in SA het nodig om enigsins bang te wees vir witmense nie want dit is nie ons wat julle vermoor of verkrag nie dis jou eie mense wat dit doen. Julius hoeveel besighede, myne ens in die land behoort reeds aan swartmense, betaal hulle hul werknemers die regte salarisse en werk hulle die regte ure, I dont think so!!! Hoekom wil hy aanhoudend mense aanhits om witmense se grond te beset, want hy ly aan Dingaan sindroom, sit op die stoel in die kraal en sy volgelinge sal vir hom werk soos slawe hy sal alles beheer, doen jy nie wat hy vra nie sal jy die gevolge dra, hy gebruik net die witmens om sy agenda te verskuil. As hy sy geskiedenis van Suid Afrika ken sal hy besef dat hy in werklikheid self nie ‘n sê het in SA nie sy volk self is kolonialistiese indringers in die land want sy volk was ook nie die eerste swart volk in die Suidpunt van Afrika nie, die boesman was jare voor julle hier gewees, maar was deur sy indringer voorvaders verdruk, vermoor en van hul grond gedwing. Boere is mense met dissipline.

Andre Mulder ·

Malema en sy trawante moet nou stil bly. Hulle ken nie vir ons boer mense nie. Hy wakker ons aan, en hy moet oppas wat hy aan wakker.

johann ·

dagse, malema se uitspraak bevorder haatspraak en
blaas rasisme aan.

Wim ·

Malema moet dalk gaan oplees oor die Israelis, hy sal hulle respekteer en vrees. Hy moet gaan kyk wat in ander afrika state gebeur het wat die israelis aangvat het en leer daar uit.

Sarie ·

Dan kan hy sommer uit hulle werketiek ook leer. Hoe hulle lemoene in die woestyn kweek. Wat sy Palestynse maatjies nog nooit kon regkry nie.

Ella ·

Malema is besig om met vuur te speel. Israel gaan nie sy strooi vat nie. As die pawpaw die fan strike gaan hy weg hol soos n lafard en maak of hy onskuldig is. sy aanhangers gaan dan sy battles moet baklei na hy hul soos warm patatte gaan drop.

Liza101 ·

Mag ek ook my opinie gee??? Los asb jou Vier-Kleur vlag en jou Oranje-Blanje-Blou vlag by die huis!!! Ons wil nie mense opstook nie, ons soek ‘n oplossing vir mense wat elke dag sterf op plase!! Vir jou in die stad is hierdie mense vreemdelinge, vir my is dit my pa en ma, susters en swaers, my ooms en neefs en hulle gesinne! Dit is hier in my hart waar die seerste seer le! En aan Malema: Jy hoef my wit vel nie te vrees nie, ek is net mens, wie jy moet vrees is my ALMAGTIGE GOD tot wie ek bid vir verlossing en uitkoms!

Oom van Pearly Beach ·

110% Liza. 1 Petrus 3 v 8-12 “Finally, all of you, have unity of spirit, sympathy, love for one another, a tender heart, and a humble mind. Do not repay evil for evil or abuse for abuse; but, on the contrary, repay with a blessing. It is for this that you were called—that you might inherit a blessing. For “Those who desire life and desire to see good days, let them keep their tongues from evil and their lips from speaking deceit; let them turn away from evil and do good; let them seek peace and pursue it. For the eyes of the Lord are on the righteous, and his ears are open to their prayer. But the face of the Lord is against those who do evil.”

Margi Johnson ·

MS Ek stem 100% saam met jou! Maar mense hoe op aarde dink julle sal ons die massas kan aanvat?? Die enigste manier hoe SA weer op die been kan kom is as Die Here n pad voorentoe kan oopmaak – andersins is daar nie hoop nie! Jammer om dit te se!

Piet Ferreira ·

Dr Pieter, U het versuim om Julius daaraan te herinner dat hy ook nie die God van die Afrikaner ken nie. Ons God is al Een wat vir ons die oorwinning sal gee! Ons was by Hom 22 April en nou weer 30 Oktober.

Adam ·

Piet, jy som ons Afrikaners se problem mooi op. Ons het mos ons eie God, ons eie dit en ons eie dat en al wie gehoor sal word, is ons eie mense. Dit is en was nog altyd ons grootste probleem. Jammer Piet, maar die Afrikaner het nie ‘n eie God nie- ons is ook nie ‘n uitverkore volk nie en sal nooit wees nie. Hoe gouer ons daarmee vrede maak, hoe beter. Malema is niks ander as ‘n politieke irritasie nie, Die ANC is bloot korrup en onbevoeg en die DA is ‘n lawwe klomp opportuniste. Die res is vir alle doeleindes nie van veel waarde nie weens te min steun. Kortom, as Oom Jan geweet het wat na 350 jr op sy nasate sou wag, sou hy sy bootjies omgedraai en terug bhuis toe gegaan het.

WitBlits ·

Dankie Dr Groenewald dat jy vir Zuma Jnr in die bek ruk, want hy is net so aandadig aan die skade wat die Zupta regime hierdie land in die laaste jare berokken het en Afrikaners sal hulle reg beskerm!

Johan ·

Moenie die stilte van n BOER met swakheid verwar nie wanr die smeulende dier is aan die wakker word binne die BOER !!!!

FF ·

Waar is die DA???? Mense Moet wakker word…. Die enigste party waarvoor wit mense kan stem!!! Wat ons boere, Christene en ons kinders se belange op die hart dra!! Die wat “JA” gestem het is seker die wat nou vir die Dste.

John ·

Wat Malema dus skynbaar erken is dat wit boere eiendomsreg het oor hul grond en dat dit dus net gekoop of gesteel sal kan word. Malema verkies laasgenoemde. Die doodmaak van die eienaars sluit dus aan by sy prinsiep van eerder steel as koop. Hoe verskil hy dus van Zuma wat hy gereeld ‘n skelm noem? Beslis niks nie. Die DA wat status aan die EFF verleen deur hulle in munisipaliteite in te help en dit net om in die bestuursposisies te kom, is dwaas verby. ‘n Bankbestuurder stel nie ‘n rower in sy diens aan in die hoop dat hy die kluis vir hom sal help opppas nie.

Jacques venter ·

Groenewalt
Jy maak net soveel lawaai as Malema. Eintlik doen die VF+ niks daadwerkliks aan ons probleme nie

chuck ·

malema there won’t be a place to hide if you push us to far.and we won’t be alone

Hardus ·

Ek hoop die Israelies kom kuier vir Malema.Hy sal na die kuier nie waag om ooit weer iets te uiter nie.

Johannes Meintjes ·

Kophou en goeie 9blanke) leierskap (bestaan daar so iets sedert Sept 1966?) is na mening inderdaad nou belangrik. Blankes behoort ook nou nie verder uitbuitend as kanonvoer opgesweep te word om onverkillige optogte te gaan hou wat beserings of konflik sal uitlok nie. Die punt van blanke teenwoordigheid en samehorigheid is reeds effektief gemaak, en moet boot doelmatig versterk word. Ons kan ook nie net entusiasties bloot net in die lug slaan nie. Afrikaner instansies moet hulle ledetalle konsolideer en doelgerig kruisbestuif ter volhoubare blanke bestel in en om SA, – meen ek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.