Malema: ‘Mandela se ANC is saam hom dood’

Malema spreek die skare toe. Foto: @EconFreedomZA/Twitter

Malema spreek die skare toe. Foto: @EconFreedomZA/Twitter

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sê die ANC van oudpresident Nelson Mandela is saam met hom dood.

“Nelson Mandela se ANC, die regte een, is saam met hom begrawe. Nou is dit net Zuma se African National Criminals,” het Malema aan ʼn skare in Kliptown, Soweto gesê. “Mandela slaap saam met die regte ANC. Mag sy siel in vrede rus.”

Malema sê die EFF het Kliptown gekies vir sy verkiesingsveldtog aangesien dit is waar die stryd vir vryheid plaasgevind het. “Laat die stryd vir ekonomiese vryheid ook hier begin.”

Hy het ʼn beroep op EFF-ondersteuners gedoen om nie in opstand teen die ANC te kom nie maar eerder vir hulle te bid. “Die mense is siek, hulle het gebede nodig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peter Says ·

Daar is verskeie soorte jakalse, hy is die ander soort jakals…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.