‘Malema moet geld betaal vir EFF-vandalisme’

EFF-betoging by H&M (13 Januarie 2018) Foto: @floydshivambu, Twitter

Die Demokratiese Alliansie het Sondag geweld en vandalisme by winkels deur ondersteuners van die Ekonomiese Vryheidsvegters oor ʼn beweerde rassistiese advertensie veroordeel.

“Alhoewel ons ten volle saamstem dat rassisme verdrukkend is en geen plek in ʼn demokratiese Suid-Afrika het nie, moet die aanhitsing van geweld en vandalisme net so veroordeel word,” het Refiloe Nt’sekhe, woordvoerder van die DA, gesê.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Saterdag gesê daar was verskeie voorvalle van betogings by verskeie H&M-winkels. By East Rand Mall het betogers die winkel betree en verskeie items gesteel. “Die polisie moes ingryp en het die groep betogers met rubberkoeëls verjaag,” het kol. Lungelo Dlamini gesê. “Betogers het ook die winkel by Menlyn-winkelsentrum [in Pretoria] betree en klere rondgegooi. Niks is in hierdie stadium hier as gesteel aangemeld nie.”

H&M-winkels in alle ander gebiede het hul deure gesluit en die polisie het die situasie verder gemonitor. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorvalle nie.

Die betoging by die Sweedse klerewinkelgroep hou verband met ʼn advertensie waar ʼn swart kind ʼn oortrektop dra met die woorde, “Coolest monkey in the jungle”. Dit het tot grootskaalse veroordeling op sosiale media gelei. Plaaslike en internasionale bekendes het ook die winkelgroep veroordeel. Die groep het reeds om verskoning gevra en die produk van sy rakke verwyder.

Nt’sekhe het Sondag gesê die EFF moet aanspreeklik gehou word vir die skade en EFF-leier Julius Malema “moet die geld terugbetaal” vir alle skade en die werknemers vergoed wat oortyd moes werk om die winkels op te ruim.

“Om ʼn winkel te verwoes kan nie goedgekeur word nie en dit spreek ook nie die werklike olifant in die kamer – rassisme – aan nie. Hierdie gewelddadige optrede wys dat die EFF nie opreg is in hul solidariteit met die werknemers wat nou moontlik werksverliese in die gesig kan staar nie, boonop in ʼn land wat reeds sukkel met hoë werkloosheid en ʼn stagnerende ekonomie.”

Nt’sekhe het bygevoeg daar is ander doeltreffende, nie-gewelddadige maniere hoe institusionele rassisme beveg kan word en vandalisme begin nie eers om die probleem op te los nie – dit maak dit net meer ingewikkeld.

“Hierdie ontwrigtende gedrag deur die EFF is nie die tipe benadering wat ons kan gebruik om ons walging oor rassisme uit te spreek nie. Die EFF-leierskap moet aanspreeklik gehou word dat hy sy lede aangehits het om die winkels te vandaliseer. Dit is hierdie tipe optrede wat die EFF onthul vir wat hulle werklik is – kortsigtig met geen oplossings vir die kwessies wat Suid-Afrika vandag in die gesig staar nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Johan ·

EFF is in my opninie niks anders as ‘n gewettigde terroriste organisasie

N Lourens Reitz ·

Werklik DA. En jul verwag ook dat daar lede van die eff in hegtenis geneem moet of gaan word?? en Malema persoonlik vir die skade moet betaal Dink voor jul praat of iets sê
om legitimiteit te behou.

Tania ·

In news24 was daar ‘n artikel waarin die moeder noem sy het toestemming gegee. Haar seun verskyn in meer as een kledingstuk van H&M. Sy is nie afkomstig van SA. Baie ongevraagde optrede. Wie gaan aan die werkers werk verskaf as die kleremaatskappy onttrek uit SA. Nie die EFF nie. Vandag dra hulle almal nuwe klere gekoop in ‘n kloppejag

Gatvol ·

Waar was die kind see ouers toe die fotos geneem was? Hulle Kon toe mos kapsie gemaak het en net die kledingstukke omgeruil het! As die blanke kind die kledingstukke aangehad get sou geen haan ooit gekraai het nie!!

phillipvandyk ·

sy sou nie kapsie maak nie want sy het geen rassime daarin gesien nie. almal praat van besig kleintjies ongeag kleur of ras as little monkeys. dit het geen ras konnetasie nie. behalwe as mense hulle self daarmee identifiseer dan sal dit n konetasie he. sy bhet die ras ding sterk veroordeel en het gese mense “swartes” moet oor hulle self kom. ek wil net weet asd ie sekuriteit en polisie net staan en kyk hoe veilig is ons werklik in winkel sentrums. my opinie, glad nie.

Se maar net ·

Wat is die probleem? Vir baie baie lank word daar in die volksmond na klein kindertjies verwys as bobbejaantjies of apies of monkey!!!! En niemand het aanstoot geneem. Ek is n snr burger en daar was altyd vir ons vertel ons is in die berge gevang, sterte afgekap en skoongeskeer en aan ons mammas in die hospitaal gegee!!!
Sou daar enige haan gekraai het as dit n blanke of kleurling kind was met die baadjie aan in advertensie ????

Koos ·

Hier by ‘n bekende universiteit waar ek werk, is ek amper my werk kwyt gewees met die polities korrektes en die bedwelmde linkses omdat ek blykbaar rassisties was toe ek die woorde “monkey puzzle” gebruik het. So volksmond tel net plein bokkol as jy my vra.

Adriaan ·

Ek dink ons almal het die punt mis. Ons evolusie en Die cradle van humanity . Ver ver terug in ons Evolusie volgens wetenskap was ons almal op een stadium ape gewees. Of is Ek nou verkeerd. Lol…moet ons nou die Cradle of humanity gaan afbrand… Die EFF is n party aan die sterf en is so desperaat…om rassisme aan die lewe te probeer hou. My Ma het my hoeveel kere haar stoute apie genoem. Het Ek haar huis afgebrand…lol

jaco ·

Die regstellende aksie wat die DA so geesdriftig steun en toepas en wat wit mense toenemend verarm, is ook rassisme.

Sarie ·

As daardie selfde hemp vir n blanke seuntjie aangetrek was, sou daar verseker niks gebeur het. Sommige mense het beslis geen sin vir humor nie.

rotsvygie ·

Ek sukkel steeds om te sien waar rassisme inkom. Ek sou die betrokke kledingstuk vir my seuntjie aantrek.

Al ·

So as n wit kind n top aangehad het met coolest monkey in the jungle was dit nie rassisties nie? Ek sien niks verkeerd met die top se bewoording nie. Hoekom moet swartes geaffronteer voel?

Penellope Jones ·

Dit sal eerder later vandag in hierdie hitte begin sneeu as wat EFF enigins ‘n sent sal betaal of aanspreeklik gehou word.

Spogsog ·

I still love my little monkey, yes he is white and turning 9 this year….

Oom Koos ·

ek keur die EFF se optrede af, maar ek dink tog dat, as ek swart was, ek vies sou gewees het dat ‘n swart mens met “monkey” en “jungle” geassosieer word.

koos ·

Naamgenoot, blameer die goewerment. Die EFF en ANC se eie goewerment dryf die evolusieleer. So dit is was dit is ne? Dalk moet hulle dit uit die kurrikulum haal as dit dan so rassistiese grondslag vir die mensdom skep. But then again…

Muffin ·

Die winter is weer om die draai en as die prys reg is koop ek vur al my kkeinkinders van daai warm toppies. Maak nie saak wat daarop staan nie. Klere is klere.

snoefie ·

ek dink tony leon huil in sy baard oor wat die DA geword het. die sweede het n swart kind bevoordeel met die advertensie niks meer of minder nie. so jammer ek het h&m nie ondersteun nie. so so lekker gewees het om hulle te spur. maar daar was jare gelede al uitsoraak dat die organiseerders van n staking verantwoordelik is vie alle skade wat die stakers aanrig. ek dink die regter (fooitog) was tie onder die indruk dit is net blankes wat staak.

Piet Piper ·

Wonder of EFF ook ongemaklik voel met die Pragtige Pakke Klere, duur skoene en horlosies en baksteen huise wat hulle vanaf die Kolonialisme ge-erf het. Wat nog te se van die blink motors ens.ens. ???

SA Jive ·

Goeie gebaar van DA maar sal nie verbaas wees as van die plunderaars DA lede was nie. Waar ‘n getoi toi en plunder is maak hulle politieke party nie saak nie al leen hulle klere om die bekende SA jive van break dance te doen.

PJC ·

Ek dink hierdie tipe insidente is ń goeie ding sodat die buitewêreld kan sien dit gaan oor gedrag en nie velkleur nie en het niks met rassisme te doen nie.

Drikus ·

H&M fouteer deur verskoning te vra vir die bewoording op die klere. Die EFF gaan dit uitbuit, terwyl daar werklik niks fout was met die bewoording nie. Dit word nou buite konteks misbruik. Dit is skerp van die DA om die EFF se gedrag te veroordeel. Die nuwe ANC behoort dit ook te doen. Die vernielsugtiges behoort in hegtenis geneem te word.

Christo ·

Die politieke mesias Cyril gaan niks vermag in die land nie. Die skade wat die Zuma aangerig het is bykans onherstelbaar. Die optrede van die EFF is ‘n sprekende voorbeeld van die algemene wetteloosheid in die verwoeste Suid-Afrika

Chrisjan ·

Is dit nie die seuntjie se ouers wat moes toestemming gee dat hul (minderjarige) seuntjie “daardie” hempie modelleer nie? Glo hulle het baie geld ontvang daarvoor. Wie is die EFF om namens daardie ouers te besluit?

Pastoor ·

Dit is baie duidelik dat in die dvd wat ek sien het dievpersoon ho3 gate uit geniet om te sien hoe word ander mense se eiendom verniel. Hyt luidkeels gelag. Hyt hom geniet. Hoeveel mense kan nou hulle werk daardeur verloor. Dan het hulle aksi groot nagevolge vir hulle famiies. Die eff se families word nie geraak nie. Eintlik is die uiters barbaars. Alles is tape. Gaan dit na en straf die meedoeners.

Oom Kalahari ·

Die ou hartseer woord “rassisme” is al so hol gery. As daar nou nie ‘n swart seuntjie in advertensie werke gebruik word nie dan is dit rassisties en bevoordeling. As die wit kind die T-hemp aangehad het sou daar geen probleem gewees het nie. Alles so onskuldig en groot geleentheid vir EFF om die klerekas vir die Nuwejaar aan te vul.

Zumie ·

Julius is net jaloers dat hy nie so ‘n hemp het nie…….

Andrea ·

Ek wonder wat moet ek nou vir my dogtertjie se Monkeynastics Tannie se oor die naam? ☺

Belaglik ·

HAHAHA DA julle moet ook nou besluit aan watter kant van die draad wil julle staan. As julle in die bed met die EFF is moet julle hulle vandalisme maar verduur want julle praat saam met hulle. Die EFF gaan soos met alles anders nie ‘n sent betaal nie. En die ergste is die voorval het in SWEDE gebeur, dit was nie rassisties nie, en die ma van die kind het geen probleem daarmee gehad nie. Die EFF is magsbehep en wil oral sy stempel van vandalisme afdruk.

christa ·

wat het geword van die ou tye waar daar nog rus en vrede was? deesdae wil almal net moor en doodslaan en hulle kom weg daarmee. Geweld is aan die order van die dag. Opvoeding speel n groot rol in die samelewing se optrede

Vernedering vir ons land ·

Wat ‘n verleetheid was die EFF se optrede nie vir Suid-Afrika nie en ons wil kommentaar lewer op Donald Trump se uitsprake oor Afrika. Wie sal in ‘n land wil belê waar daar soveel chaos, korrupsie en wat skade aanrig deur sinlose optrede deur politieke partye, want dan kamstig “jammer” daarna is. Hulle is nie jammer hulle hou net daarvan om ons pragtige land se naam deur die modder te trek . Ek sal nie verbaas wees as H&M padgee uit hierdie ……… land nie.

Theresa B ·

LOL!! Lekker lag ek nou. Hy betaal nie eers sy belastinggeld nie – hoekom sal hy nou vir die skade ook betaal. Die skade aan die Univ kom nog……………………………

Jacques venter ·

Die DA het die EFF se optrede veroordeel. Ek wag nog vir die VF+ se veroordeling. Dalk volgende jaar?

Emma ·

Kyk om so sensitief te wees, kan n mens laat lag vir die EFF. Ja ek voel daar moet nou n voorbeeld gestel word en hulle laat betaal vir die skade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.