Malema moet verskoning vra vir verdeeldheid, sê DA

Phumzile van Damme/Facebook

Phumzile van Damme/Facebook

Die Demokratiese Alliansie het Saterdag gesê dat Julius Malema regstreeks op televisie om verskoning moet vra vir sy uitlatings in die publiek wat verdeeldheid saai.

Die EFF maak Saterdag by Orlando-stadion in Soweto, Johannesburg, sy verkiesingsmanifes vir 3 Augustus bekend.

Malema word ondersoek vir hoogverraad nadat hy tydens ʼn televisie-onderhoud gesê het die EFF sal, onder andere, “wapens opneem” teen die regering indien die ANC probeer om die verkiesing te knoei.

Phumzile van Damme, woordvoerder van die DA, het Saterdag gesê die EFF is ʼn “radikale party wat wil hê dat wit mense en swart mense mekaar moet haat”.

“Dit is ʼn party wat beleggers skrik op die lyf sal jaag en werkskepping sal voorkom. Dit is ʼn party wat – gegewe die geleentheid – weer geld van mense sal steel. En dit is ʼn party wat, indien hulle die kans kry, weer geweld en chaos in ons dorpe en stede sal toelaat,” het Van Damme gesê. “Die realiteit is dat die EFF te ekstreem en radikaal is om te regeer. Net soos die ANC, sal die EFF Suid-Afrika in die verkeerde rigting neem.”

Sy het gesê namens die DA daag sy Julius Malema, die leier van die EFF, om die geleentheid te gebruik tydens die regstreekse uitsending [van die bekendstelling van die manifes] om om verskoning te vra vir Suid-Afrika vir sy radikale uitlatings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Liewe heksie ·

Regtig en dit gaan ons land weer regmaak ASB al waarvoor hy omverskoning moet vra is dat hy asemhaal

Hendrik ·

Ons hoop dat alle jong en ou verstandlose EFF ondersteuners Phumzile se wyse raad verstaan en hulle ondersteuning aan hulle verstandlose leier sal heroorweeg.

GES ·

Malema en sy ondersteuners hoef nie verskoning te vra nie want gaan leë woorde wees. Ons almal weet wat in hulle harte aangaan.

Roger ·

Onthou die ANC se grootste bondgenoot in elke verkiesing is die OVK. Hul sal bepaal hoeveel van die stemme na die ANC sal gaan. Die DA en EFF is opportuniste was net aas op die ANC se swakhede.

Jan ·

DA bepaal julle by julle eie optrede om stemme te werf en vergeet om aan ander voor te skryf. Ek wil julle sien en hoor waar ek woonagtig is.

Jan ·

DA julle is nog nie naby aan be wind nie, en julle is alreeds verwyderd van ons as lokale kiesers

John ·

Die DA het self baie witmense uitgewerk en vervreem. Miskien sommer ook die hand in eie boesem steek.

aloys ·

van Damme het reg van praat. Malema sal gestop moet word. Hy is regtig een gevaar vir die toekoms van Suid-Afrika. Hy gaan baie beleggers afskrik met sy radikale planne. Daar is nou al baie geweld en chaos door stakings , brande , verkeersontregelinge , onrus by universiteite , proteste tegen taal en monumente. Die junkstatus is naby en werkskepping sal daar onder ly.

christine ·

Natuurlik gaan die ou geld kry van kommuniste Engeland, India, Turkeie. Hulle soek die myne genasionaliseer so verseker hulle die geldmag wat hulle maanliks hier wegdra. Sien ons het baie armes hier hulle is die kanon voer. Al ons myne is in die hande van vreemdelinge hulle skep al ons geld en beveg ons met ons eie geld. Maar GOD is in beheer Zuma is reg toe hy nou die dag gese het pasop vir die witmense hulle sal hulp kry vanaf anderlande om hierdie nes te kom skoonmaak. BID mense op julle knee dat die son weer vir ons nie sal ondergaan nie soos by Bloedrivier glo dit en word rustig by God. Ons is omtrent die enigste Christen land Hy sal ons nooit laat val uit Sy hande nie Laat die ANC sport vernietig ons het belangriker dinge om te doen. Ons moet ONS LAND wat ons NIE GESTEEL HET NIE,RED!!!!

Johann Marx ·

Dis altyd makliker om “om verskoning” te vra, as om toestemming te kry…

Joann ·

Tot nou toe weet ek nog nie vir wie en wat moet ek stem nie. Hier in ons dorp doen die DA net mooi sweet blou all vir ons,dit is net die rykes wat genooi word en met verkiesings werk net hulle en die gatkruipers. Dis????

Cherokee ·

Dis? Jy bedoel nie dalk dus nie? Indien jy gelukkig voel om vir regstellende aksie te stem, stem DA. Indien jy ook voel dat grond vanaf blankes onteien moet word en aan swartes geskenk word, stem DA. Indien jy ook geen respek vir Afrikaans het nie en ‘n party ondersteun wat Afrikaans met minagting behandel, stem DA. Moet nie vra nie, kyk rond en maak jou eie besluit na gelang van jou eie sienswyses.

Rynhardt ·

Phumzile van Damme, Malema moet omverskoning vra vir die verdeeldheid wat heers tussen wit en swart? Werklik? Phumzille, kom ek help jou reg.Jou “coach” Zille en Maimane is op rekord wat regstellende aksie ondersteun teen blankes asook die onteiening van blankes se grond.In 2014 het “coach”Zille op reusagtige plakkate verskyn in Rapport terwyl sy met n glimlag die onteiening van blankes se gro d ondersteun.Dit is duidelik dat “coach” Zille jou uiters swak afrig! My afriging is stukke beter, maar natuurlik teen n super prys!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.