Malema: Moordaanklagtes is “malligheid”

Julius Malema, die geskorste ANC-jeugligaleier, het Donderdag buite die GaRankuwa landdroshof gesê dis “malligheid” dat 270 mynwerkers van moord aangekla word na die geweld by Lonmin se Marikana-myn.

“Die polisiebeamptes wat die stakende werkers doodgeskiet het, is nie aanhouding nie, nie eers een van hulle nie. Dit is malligheid,” het Malema aan betogers voor die hof gesê. “Die hele wêreld het gesien hoe die polisie daai mense doodmaak. Ons gaan met hierdie saak in beslag geneem word. Ons het aan die regsverteenwoordigers [wat die 270 mans verteenwoordig] gevra om dit te oorweeg om ʼn dringende aansoek voor die hooggeregshof te bring.” Malema het die aankondiging gemaak kort nadat die mans se borgaansoek weer vir ʼn week lank uitgestel is. Landdros Esau Bodigelo het gelas dat die borgaansoek uitgestel word aangesien daar nie genoeg inligting is om daarmee te begin nie. Die mans se regsverteenwoordigers het aangevoer dat die mans dringend op borgtog vrygelaat moet word aangesien van hulle glo nie toegang kry tot medikasie vir kroniese siektes oos tuberkulose en MIV nie. Die borgaansoek gaan Donderdag voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Ja nee, hierdie tegniese punt in die wet gaan polities ‘n baie groot impak hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.