Malema môre terug in die hof oor gronduitsprake

Malema tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: EFF/Twitter

EFF-leier Julius Malema sal Vrydag weer na verwagting in die Bloemfontein-landdroshof verskyn op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste nadat hy sy ondersteuners aangemoedig het om grond onwettig te beset.

Malema het in 2014, op ʼn EFF-verkiesingskonferensie in Bloemfontein, aan EFF-lede gesê hulle moet grond beset. Nadat Malema verlede jaar op hierdie aanklagte in die hof verskyn het, het hy weer eens aan sy ondersteuners buite die hof gesê hulle moet “enige mooi stuk grond wat julle sien, vat”, omdat dit by swart mense afgeneem is “deur volksmoord”.

Malema se regspan betwis die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste. Die EFF beskuldig die staat dat hy “wette uit die apartheidsera” gebruik het om kritici stil te maak.

Malema het in Julie 2017 in ʼn afsonderlike saak in die Newcastle-landdroshof verskyn op aanklagte van aanhitsing tot geweld. Hy het in Junie 2016 vir sy ondersteuners gesê om grond te beset omdat dit aan swart mense behoort en wit mense nie eienaars van grond kan wees nie.

Nadat hy in die Newcastle-landdroshof verskyn het en die saak uitgestel is, het Malema buite die hof aan sy ondersteuners gesê om “grond te beset, want hulle het nie vir julle grond gegee nie”.

“As ek moet tronk toe gaan omdat ek vir julle sê om die grond te vat, dan moet dit maar so wees. Ek is nie bang vir die tronk oor die grondkwessie nie, maar ek is bang om tronk toe te gaan vir korrupsie. Ek wil nie tronk toe gaan vir korrupsie nie, maar ek sal tronk toe gaan vir die grond,” het hy destyds gesê.

Dié saak het 16 Maart vanjaar weer in die Newcastle-landdroshof voorgekom, maar Malema het nie die verrigtinge bygewoon nie aangesien die saak uitgestel is. Die Nasionale Vervolgingsgesag het gesê Malema moet op 25 Junie weer in die hof verskyn.

Die EFF het Woensdag in ʼn verklaring bevestig dat Malema Vrydag om 08:00 by die Bloemfontein-landdroshof sal wees.

Malema het ʼn sleutelrol gespeel dat die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding na die politieke diskoers gebring is.

Die EFF het in Februarie ʼn mosie van onteiening sonder vergoeding in die parlement voorgestel, en dit is deur die meerderheid goedgekeur. Die ANC het gesê onteiening sonder vergoeding moet op só ʼn manier plaasvind dat landbouvervaardiging en voedselsekuriteit verhoog en die ekonomie nie skade ly nie.

Die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee ondersoek tans artikel 25 van die Grondwet en ander nodige klousules om te bepaal of onteiening sonder vergoeding moontlik sal wees. Die komitee moet sy bevindings voor 30 Augustus aan die nasionale vergadering voorhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Asb tog ·

Weet jy ek wens net julle mense met julle VERDRAAIDE Sin vir geloof wil nou einde kry .. Ons is ook Christene, ONS is ook gelowiges .. Die HERE bou nie self brue nie, hy vlieg nie self vliegtuie nie en hy gee nie self vir mense Chemoterapie nie. GOD het mense daar gestel om die werk te doen . soos regters en prokureurs en advokate en aanklaers en dokters en vlieeniers .. Julle raak nou vervelig met ‘net God kan oordeel’ en ‘net die Here kan besluit’ .. Natuurlik beinvloed God die besluite .. maar asb tog .. bly REALISTIES .. God het MENSE om sy werk te doen . hy doen nie alles self nie …

Potlood ·

ASB TOG alles goed en wel, jy maak ‘n merkwaardige punt.
Sien tog ook netook jan_alleman se kant. As jy geeeeeeeeeen hoop in mens het nie, waar sal jou hulp vandaan kom?

Griki ·

Asb tog, lees jou Bybel. Net God kan en mag oordeel. Hy het self so gesê.

bgj van der westhuizen ·

wel ek wil sien of hy n boete gaan kry of tronk straf wand dit lyk vir my die saak rek uit net

Anton ·

Kom ons hoop hy kry op 6 April sy verdiende straf. Sal dit nou nie ironies wees nie? Wat van drie jaar waarvan een jaar opgeskort word? Dit sal hom diskwalifiseer as parlementslid.

dream on ·

hoeveel dienende parlementslede dink jy het skoon krimineke rekords?

Johnnie ·

Hy gaan niks oorkom nie want die regstelsel is bang vir hom.

Christa J ·

Hou die man soveel as moontlik besig in die howe, dan het hy nie tyd om elders sy streke uit te haal nie.

marous ·

Sou beter gelees het as hy more in die grond is oor hof uitsprake .

Eish ·

Die kroonprins van anargie gaan lig daarvan afkom synde die aangeleentheid aangespreek word deur die meerderheidsregering wat grondgryp gaan toepas. Dit is dus rede tot groot versagting van versugting.

Lola ·

Wat het ek gemis? Die laaste berig wat ek van julle gelees het het gese hy het nie by die hof opgedaag nie – dit was so twee weke terug? (Bygese ek het nie hierdie berig gelees nie, net die opskrif. Ek is besig om te eet.)

Paul ·

Jip, op 6 April, Van Riebeeckdag, verskyn Malema en Zuma in die hof, elkeen met sy eie aanklag teen hom. Mag JvR nog lank by julle spook.

Lana ·

Paul, ons moet versigtig wees om spoke op hulle te sit. Jy weet – hulle gaan moor dalk net onskuldige kinders vir motie om die spoke te verdryf.

corne ·

3jaar tronkstraf en n Boete????? Nooit Hy gaan wegkom daarnee seker net se julle my verkeerd verstaan

christa ·

Stem. Malema is die ANC se mondstuk. Hulle steun hom. CR is ook maar net ANC en voel van dieselfde veer. Ek is keelvol vir moord en doodslag sonder vervolging. Mense wat net wil oorneem waarvoor ons hard moes werk en betaal wil ander verniet he. Wil net backhand staan om huise te bekom, elek, water alles sonder om daarvoor te betaal.

snoefie ·

huise wat hulle nie in stand hou nie. nie eers die kasdeur wat hulle kind afgery het, word self teruggesit nie. elektriseteit wat hulle nie betaal nie, water wat hulle nie betaal nie en nie eers die krane toedraai nie. tersiëre opkeiding sonder om een sent terug te betaal. bloedsuiers.

Elize ·

Ek glo nie hy sal enige oordentlije straf kry nie.Hy mos bo die wet verhewe Stem gee hom tronk steaf en skort van die tronkstraf op.Sal hom dalk n bietjie beteul.

blue butterfly ·

Die hofsaak is ‘n mors van belastingbetalers se geld. Malema sal WEEREENS skotvry daarvan afkom (en ja natuurlik Zuma ook).

Ancara ·

Ek stem 100% saam ons moet vir almal betaal al netso moeg daarvoor ook.

Oom Kalahari ·

Laat ons maar sien hoe geregtigheid toegepas gaan word. Die saak sal moontlik weer uitgestel tot afgestel word. Die massas speel ‘n belangrike rol met elke hofsitting en intimidasie.

nick ·

die hof moet hom straf ja maar wat van al die haat spraak ook is dit nie rasisme nie
daarvoor moet hy ook hof toe gaan dit is nog erger ons praat nie so oor hulle nie hoekom maak die DA nie n saak oop teen hom vir rasisme nie

Cornelia ·

Jan alleman, jy bely dat God die beskikker is van ons deel en lot in ‘n enkele sin. En dit is onnodig om te verduidelik dat jy weet dat Hy ook mense gebruik waar en hoe Hy ookal bestem. Jou geloof is krag en seën. Positief. Moedig. Waar.

Attie ·

hoop charlize theron se cheque boek is reg hy gaan die n duur storie maak vir haar as saak weer uitgestel word

Oom Kalahari ·

@Attie, laat jy my nou lekker aan die lag en ja ek stem met jou stelling.

Hanna ·

Nie bang vir die tronk nie? Wonderlik. Sluit hom toe en smyt die sleutel in die see. Wishful thinking… Ek weet, ek weet, maar mens mag droom! Daar gaan absoluut NIKS met hom gebeur nie: die ANC is desperaat vir EFF steun.

rollie ·

Terselfdertyd behoort alle simpatiseerders van Apartheid asook diegene wat valse gerugte van wit volksuitwissing versprei, vervolg en permanent opgesluit te word.

lizl ·

Hoeveel mense is daar in Bloemfontein ? Gaan ons mense opruk na die hofsaal toe of gaan ons by die huis sit en kla as hy skotvry kom ?

Wolf ·

Lizl, Skuus mensie, Maar as die hof niks aan hom doen nie, sal dit absoluut niks help om hom vas te kry nie. Niee eers al die busse vol mense wat na Durban toe ry vir Zumpi se verhoor is nie bo die wet verhewew nie. Nes Julias sal hy nou sy dag kry.

Al ·

Ons as wittes was nie bevoorreg om op grond te plak nie. Jy moes ten duurste huur as jy nie banklening kon kry.
Hy sal sy dag kry, arrogansie word beloon deur vernedering wat volg. Hy is self besig om sy gat te grawe wat hy vir wit mense beplan.

HPV ·

Asb tog, ek stem saam, dit is van bid en daarna handjies gevou sit en wag vir ‘n wonderwerk om te gebeur dat die land so lyk. Die mense moet die volgende probeer, bid en doen dan self iets om jou gebede te regverdig. Dit werk nogal!

andre ·

weet nie hoe hy in hof gaan kom teen more…as hy more in George gaan kom optog hou nie..kyk maar op georgeherald website

Cornelia ·

HPV, wronderwerke is wat die woord sê: werke wat slégs God kán doen. Genoeg voorbeelde in die Bybel. Tot vandag toe. Maar ek weét dat die meeste volksgenote nie alleen bid en hulle geloof uitleef nie, maar ook arbei en ywer in geloof en gebed op èlke lewensterrein. So sal weer in poste herstel wil word waar hulle ‘n dinamiese verskil sal kan en wil maak met hulle kundigheid, verantwoordelikheids gewete en vernuf. Waar ek woon kén ek niemand uit my gemeenskap wat bydra tot Suid Afrika se vervalle toestand nie. Hulle doen wat moontlik is binne hul vermoë om te “bou” ten spyte van al die “aanslae.” Dit is hulle wat inspireer. Doen jy dieselfde?

Casper Labuschagne ·

Uitgestel tot die 27ste Julie aangesien Malema nou in ‘n verwante hofgeding is dat die wet wat gebruik word om hom hier te vervolg in die eerste plek ongrondwetlik is.

Dis nou lekker, nê?

Hannes Coetzee ·

Wanneer sien ons hom in die tronk vir haat spraak? Hy en die EFF hoort menigte aanklagte teen hul te hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.