Malema-, Ndlozi-aanrandingsaak uitgestel

Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, die party se woordvoerder, in die Randburgse landdroshof. (Foto: AfriForum)

Ná volgehoue druk deur AfriForum word Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, in die Randburgse landdroshof vervolg vir die beweerde aanranding van ’n SAPD-kolonel.

Die saak is weens die Covid-19-pandemie tot 31 Augustus uitgestel.

Dít volg nadat AfriForum in Oktober verlede jaar aangekondig het dat hy die hof met ’n mandamus-aansoek gaan nader om die Nasionale Vervolgingsgesag te verplig om ’n besluit te neem oor die vervolging van Malema in hierdie en twee ander hangende sake teen hom.

Malema en Ndlozi het na bewering ’n senior polisieman in uniform in April 2018 by Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis aangerand. Die voorval is op kringtelevisiekameras vasgevang.

Die senior polisieman het ’n klag by die polisie aanhangig gemaak, maar die klag is nooit ondersoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stofdonkie ·

Zuma se sakie neem al 15 jaar en is weer uitgestel, julius sal darem ook seker sy saak darem uitgestel kry so vir die volgende 30 jaar of wat. Ons regstelsel is ‘n klug.

koos10 ·

Die ergste is dat dit die SAPD is wat die saak moet ondersoek, soos gelê deur een van hulle senior lede. Dit was mos duidelik dat politiek belangriker is as senior lede van die SAPS. Was hier dalk ingryping op hoë vlak om die ondersoek te stop? Daar moet mos nog ‘n klag kom van dwarsbooming van die gereg?

Pierreli ·

Hulle gaan net bly uitstel. Hoe gaan hulle vir julius vervolg as die meerderheid wat aan bewind is tans skuldig is aan bedrog, korrupsie, diefstal ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.