Malema, Ndlozi-saak maak weer ‘vreemde wending’

Julius Malema en Mbuyiseni Ndlozi tydens ‘n vorige hofverskyning (Foto: EFF/Twitter)

Die deelsverhoor van Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, is Maandag weereens uitgestel in die Randburgse landdroshof. Die twee word aangekla vir die beweerde aanranding van ’n SAPD-kolonel, Johannes Venter.

Die uitstel kom na van die beskuldigdes se regsverteenwoordiger glo in kontak was met iemand wat Covid-19 positief is. Die regsverteenwoordiger het glo negatief getoets vir Covid-19 maar het intussen simptome ontwikkel.

Met die vorige geskeduleerde hofverskyning, is die saak ook op vreemde wyse uitgestel, sonder dat die beskuldigdes eers in die hof verskyn het. Die hof het ook vroeër gehoor dat daar met van die bewysstukke in die saak gepeuter is.

“Dit is onverstaanbaar hoe die saak uitgestel kan word as die regsverteenwoordiger dan reeds negatief getoets het vir Covid-19,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogtebestuurder. “Dit is nou die soveelste vreemde wending in hierdie saak. Mens kan nie help om die indruk te kry dat Malema en Ndlozi voorkeur behandeling kry nie.”

Die saak is uitgestel tot 7 April 2022.

Andrew Leask, hoofondersoeker by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê dit is betreurenswaardig dat die saak so vêr uitgestel is, selfs al is dit onduidelik of die regsverteenwoordiger wel Covid-19 onder lede het of nie. “Sou die uitslag negatief wees kon die saak mos môre voortgegaan het. Ons sal aanhou om die saak te monitor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Chris dupreez ·

So gaan hulle aanhou , om mekaar te beskerm , tot die dossier vredwyn het.

msp ·

Ek glo as Lid van Afriforum dat as hulle werklik betrokke raak in die saak sal die flame spat. Raak asb 100% betrokke want soos dinge tans gaan lyk dit of net die kriminele reg is en almal wat by die wet hou verkeerd is.

Tiptol ·

Natuurlik kry hul voorkeur behandeling. Moet nie die saak laat gaan nie.

tweeling ·

Ons kan net hoop dat die saak gewen word en dat die 2 die regskoste moet betaal vir beide partye.

Persheks Adri ·

Hierdie saak is al aan die gang van 2019 af werklik! Laat 1 van ons se hande los raak en iemand aanrand of ‘n vuurwapen af vuur sit ons onmiddellik in die tronk! Beslis voorkeur behandeling!!!

ES ·

Ek verstaan nie hoe laat die hof dit enigsins toe nie. Verwyder die regter van sy/haar pos en sit ‘n bekwame, onkorrupte regter aan die stuur van sake.

Nico ·

Die rassekaart word hier gespeel sonder om ‘n oog te knip.

Kobus ·

Werk ons regstelsel? Ja, vir Jan alleman maar nie vir politici nie. Sake word tot vervelens toe uitgestel en dit wil voorkom of landroste en regters versigtig is om sake van hooggeplaastes aan te hoor en indien wel, blyk dit hulle “vriendelike” uitsprake gee. Te bang vir oproer ens. Al die bewyse teen Malema is daar maar hy wil wat pleit? Onskuldig? Wat ‘n bespotting

Herman L ·

Daar is geen twyfel dat die beskuldigdes voorkeur behandeling kry nie.

JohanR ·

Jy kan maar net lag, en dan dink wat se ek skuus daar die volgende keer gebruik sal word, en die volgende keer en die volgende keer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.