Malema, Ndlozi se aanrandingsverhoor uitgestel

Julius Malema en Mbuyiseni Ndlozi in die beskuldigdebank (9 Maart 2021) (Foto: EFF/Twitter)

Die verhoor van Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, is vandag in die Randburgse landdroshof uitgestel tot 1 Julie 2021. Die twee verskyn vir die beweerde aanranding van ’n SAPD-kolonel, Johannes Venter.

Die uitstel kom nadat van die getuies wat môre voor die hof sou verskyn, aangedui het dat hulle ongesteld is.

Die hof het vandag gehoor dat die oorspronklike saakdossier nie net verdwyn het nie, maar ook dat daar met van die fotobewysstukke gepeuter is.

“Dit is uiters kommerwekkend dat ’n polisielid wat net sy werk probeer doen het, nou ’n slagoffer van skynbare onbevoegdheid onder sy eie kollegas geword het,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se bestuurder van veldtogte. “Dit is ook hoogs verdag dat bewysstukke juis by ’n saak teen Malema verdwyn.”

AfriForum se privaatvervolgingseenheid sal voortgaan om die saak te monitor.

’n Voormalige werknemer van die begraafplaas waar die voorval plaasgevind het, Deon Klingbiel, het Dinsdag in die hof getuig oor hoe die kringtelevisiemateriaal oor die voorval bewaar is. Klingbiel het ook getuig dat hy die beeldmateriaal meer as een keer aan die polisie moes verskaf omdat die saakdossier glo verdwyn het.

Maroela Media het vroeër berig Malema en Ndlozi het na bewering ’n senior polisieman in uniform, lt.kol. Johan Venter, in April 2018 by Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis aangerand. Die voorval is op kringtelevisiekameras vasgevang.

Kol. James Bronkhorst, ’n polisiebeampte wat by die polisie se interne ondersoek na die voorval betrokke was, het ook getuig dat Venter volgens hom die situasie korrek hanteer het deur Malema se motor voor te keer om toe te sien dat die nodige veiligheidsmaatreëls tydens die begrafnis toegepas word. Malema beweer dat Venter hom probeer verhoed het om die begrafnis by te woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Persheks Adri

Ag nee genade WEER uitgestel magtag man kry nou klaar hy gaan pragtig lyk in oranje! Al die bewyse is tog daar en nou peuter iemand met dit. Geweet hier gaan baie stories kom hel ek’s SOOO teleurgesteld in die sisteem dis om van naar te word pffft!!! Nou lag die petters weer lekker gggmmmfff

Pieter

Die SAP is net so korrup soos die ANC dan praat ek nie eers van die regstelsel nie. Hier is groot moeilikheid in die ANC land.

Werner

Ou zuma gaan seker nou by malema tee drink en hom ook n bataljon belowe.

Mariana

Niks anders verwag nie. Daai stuk verskoning van mens sal weereens skotvry losloop net om sy vlg wandade te pleeg. Al sy dinge word onder die mat ingevee, maar eendag is eendag dan gaan hy en die hele spul hul rieme styfloop, hoop ek sal daai dag hier wees om dit te aanskou.

Pieter

Bewys weer eens dat die regstelsel ‘n komplot van wie is wie is. Die Bybel veroordeel duidelik ongeregtigheid. Posisie, mag, invloed, bande met organisasies en geld speel ‘n deurslaggewende rol. Die land sal nooit regkom in so ‘n sisteem nie, die onreinheid word meer. Gelukkig bly ek ver weg van die regsberoep, hulle het permanent Covid-19 dus vereis sosiale distansiëring.