Malema, Ndlozi se verhoor begin dán  

Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, die party se woordvoerder, in die Randburgse landdroshof tydens ‘n vorige verskyning. (Foto: AfriForum)

Die Randburgse landdroshof het vandag die verhoordatum van die saak teen Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, vir 13 en 28 Oktober 2020 vasgestel.

Ná volgehoue druk deur AfriForum word Malema en Ndlozi deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg vir die beweerde aanranding van ’n SAPD-offisier.

Malema en Ndlozi moet ook op 14 September in die hof verskyn sodat ’n ondersoek rakende die opskorting van die lasbriewe voor die hof kan dien omdat hulle nie vorige hofverrigtinge bygewoon het nie weens Covid-19-regulasies. Die aanklaer het ook aangedui dat die oorspronklike klagstaat nie in hierdie stadium opgespoor kan word nie wat beteken dat die lasbrief vir arrestasie nie vandag uitgevoer kon word nie.

AfriForum het in Julie 2019 aangekondig dat hy die hof met ʼn mandamus-aansoek gaan nader om die NVG te verplig om ʼn besluit oor die vervolging van Malema en Ndlozi in dié saak te neem.

Malema en Ndlozi het in April 2018 na bewering by die begrafnis van Winnie Mandela ’n senior polisielid in uniform aangerand in ʼn voorval wat op kringtelevisiekameras vasgevang is. Die senior polisielid het ’n klag by die SAPD aanhangig gemaak, maar dit het geen aandag geniet nie, totdat AfriForum se private vervolgingseenheid in Januarie 2019 oor die ondersoek navraag gedoen het.

“AfriForum verwelkom die vasstelling van ’n verhoordatum aangesien ons van meet af aan gedink het dat daar ’n prima facie-saak teen Malema en Ndlozi is,” het adv. Phyllis Vorster, aanklaer by die private vervolgingseenheid, gesê.

“Die NVG het na aanleiding van volgehoue druk deur AfriForum herbesin oor sy aanvanklike weiering om te vervolg en wel vervolging ingestel. Nou moet die gereg sy gang gaan en ons sal voortgaan om die polisiekolonel te ondersteun.”

Malema is ook veronderstel om op 17 September in die hof te verskyn oor sy beweerde afvuur van ʼn vuurwapen by die EFF se vyfjaarfeesviering in Mdantsane in 2018. Die aanklagte teen Malema en Adriaan Snyman behels die onwettige besit van ʼn vuurwapen, die onwettige besit van ammunisie, die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn beboude gebied of openbare plek, versuim om redelike voorsorgmaatreëls te tref om mense en eiendom te beskerm en die roekelose bedreiging van mense en eiendom.

Snyman het die vuurwapen glo vir Malema aangegee voordat dit afgevuur is. Hy is na bewering die eienaar van ʼn private sekerheidsmaatskappy wat tydens die voorval dienste aan die EFF gelewer het.

AfriForum het in Augustus 2018 die klag teen Malema en Snyman ingedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Misky ·

Hou op om tyd te mors en duisende rande aan hof kostes. Gee hom net sy oranje pak en basta met die res!!!!!….. die getuienis is verdoemend!!! (Mens mag mos droom en as dit maar so maklik kon wees)

Persheks Adri ·

Hoe gerieflik!!! Geld praat seker weer met die rooi petter. Mag jy ‘n oranje pakkie kry gratis en verniet!

Die aanklaer het ook aangedui dat die oorspronklike klagstaat nie in hierdie stadium opgespoor kan word nie wat beteken dat die lasbrief vir arrestasie nie vandag uitgevoer kon word nie.

Adam Adriaan ·

Dit wil voorkom of die ANC en EFF tot die howe in die sak het?

Sarel ·

Dosier kan niecgespoor word nie en niemand word daarvoor verantwoordelik gehou nie. Sien jy Mr. Rhamaphosa en jou Minister van zJustisie moet adb. Aan die Bugers verduidelik hoekom Dosiere voete kry.
Die saak van die afvuur van vuurwaprms gaan ook al.vir jare aan en daar gebeur niks.

Keelvol ·

Dis die klagstaat nie die dossier nie. Die klagstaat word by die kantore van die Klerk van die hof gehou.

JohanR ·

Asseblief kan my droom nie waar word nie om Malema deur die tronk deure te sien stap. El sal daai dag saam net aand ete sommer twee biere drink! Hulle moet hom sam met die 26’s en 28’s sit….gemors!

Magda ·

Net nog n gemors van n gemors – maar almal val – HY sal ook – die GEMORS / RASSIS

Jannie van Niekerk ·

Die oorpsronklike klagstaat “kan nie opgespoor word nie”? Iewers ryk ek ‘n rot. ‘n Baie korrupte rot.

Sarel ·

Nee wat vergeet dit, die Vervolgingsgesag sal dit nooit tot uitvoer bring nie of so afwater dat hulle die saak verloor.

Elmarie ·

Soos elke keer nog sal hy seker weer wegkom, weens “tegniese” redes. Haarspraak, bedrog, ag nee wat hier sal dadels van kom. Ek wens net iemand in ‘n onderhoud met die Malema wil bom vra WAT se positiewe bydrae het hy of sy party al ooit in SA bygexra. Huise geskenk? Grmeenskapsale gebou? Watersuiweringswerke gebou? Wat van die werk wat hul sou skep in areas waar hul in verkiesing gewen het? Enigiets? Maar skree en vingerwys ja die kan hul goed!

Johannes Andries ·

Hoop die Agriforum kan dalk ook appelleer, met hulle mandamus aansoek, as die vonnis wat opgele word onvoldoende of ontoereikend is. Hul is lede van die parlement en van hulle moet voorbeeld gemaak word aangesien hulle voorbeeld moet stel. En hulle swak dissiplinere gedrag (afwykings) in die parlement moet ook inag geneem word by vonnisoplegging.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.