Malema, Ndlozi se verhoor lank uitgestel

Julius Malema en Mbuyiseni Ndlozi in die hof. Foto: EFF/Twitter

Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, se verhoor op ’n aanklag van aanranding is tot volgende jaar uitgestel.

Die verhoor is tot 9, 10 en 11 Maart 2021 uitgestel. Lt.kol. Johan Venter, die SAPD-kolonel wat na bewering aangerand is, het tydens die hofverrigtinge vroeër die week getuig.

Die verhoor spruit uit ʼn voorval in April 2018 toe die twee Venter by die begrafnis van die ANC-aktivis Winnie Madikizela Mandela na bewering aangerand het. Die voorval is op kringtelevisie opgeneem en Venter het ʼn klag by die polisie teen die twee aanhangig gemaak.

Venter, wat vir die polisie se presidensiële beskermingseenheid werk, het onder meer getuig hy het op die dag van die begrafnis by die hoofingang by die begraafplaas diens gedoen. Malema, wie se voertuig volgens Venter nie ʼn sigbare permit gehad het nie, het aangedring op toegang tot die begraafplaas.

Venter het getuig Malema het aan hom gesê dat geen wit man hom gaan keer om die perseel binne te gaan nie en hy is verskeie kere deur Malema en Ndlozi gestamp. Venter het getuig hy is so hard gestamp dat hy sy balans verloor het en teen ʼn waghuis by die ingang na die begraafplaas geval het.

Malema se voertuig het daarna, ten spyte daarvan dat hy geen toestemming van polisiebeamptes gehad het om dit te doen nie, steeds die begraafplaas binnegery.

Venter het getuig dat hy in geen stadium die beskuldigdes of die bestuurder van hul motor uitgelok het nie. Beeldmateriaal van die voorval is ook in die hof gespeel.

Die saak het oënskynlik geen aandag geniet nie tot die burgerregtegroep AfriForum se private vervolgingseenheid in Januarie verlede jaar oor die ondersoek navraag gedoen het. In Julie verlede jaar het AfriForum aangekondig dat hy die hof met ʼn mandamus-aansoek nader om die NVG te dwing om ʼn besluit oor die vervolging van die twee te neem.

Die NVG het ná volgehoue druk herbesin oor sy aanvanklike weiering om te vervolg en wel vervolging ingestel.

“Dit is ’n baie ernstige oortreding om ’n polisieman in uniform aan te rand. Malema is verder ook ’n lid van die parlement en moet dus ’n voorbeeld stel vir sy volgelinge en die publiek,” het Monique Taute, hoof van veldtogte by AfriForum, gesê.

“Ons land het reeds ’n groot probleem as dit kom by geweld en daarom is dit belangrik dat politici verantwoording moet doen indien hulle hul skuldig maak aan hierdie tipe gedrag.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Persheks Adri ·

Mal-emma ‘n voorbeeld wees? Ag nee asb ek gaan van my stoel af val! Ja hy stel ‘n voorbeeld ‘n BAIE swak 1! Hoop jou rieme word styf getrek Mal-emma en kie. Julle is mos bo die wet om links en regs klappe uit te deel en geweld aan te hits

Blikke ·

Gaan nie veel hiervan kom nie…..kroonwild…..almal weet dit mos of hoe?

Piet ·

Nee wat, maak nes hulle wil. Het blykbaar ook iemand van Afriforum vanoggend in die hof gekarnuffel volgens ander nuusblaaie. Het ook reeds gister al gese die polisie-kolonel is ‘n wit rassis. Nuutste storie is day hy sy regsverteenwoordigers gewaarsku het dat hulle loopbane in gevaar is sou hulle die saak verloor. LOL

daniel ·

Hierdie saak soos ander sake teen die EFF saak sal nooit in enige hof ooit aangehoor word nie. Hulle is verhewe bo die reg.

gatgogga ·

Maar die saak word dan juis in die hof aangehoor.
Hoe dan nou, daniel?

Cecilia ·

Uitgestel vir 6 maande! HOEKOM? daars is geen rede nie. Al d bewyse is daar! As dit nou anders im was was dai POLISIEman lankal sy werk kwyt en agter tralies. Maw na 4jr gaan Mal-emma nog steeds los rondloop.
Kyk sy mede trawante Shivumbo is ook in d moeilikheid oor n joernalis wat hy aangerand want hkm dis d vorbeeld wat hulle sien en sien dat d regstelsel te bang is om iets asn hulle te doen.

Elsa ·

My vraag is: hoekom die saak so lank uitstel. Hul is in die hof, verhoor het begin.

Mad Mike die Rhodesiër ·

Tipies! Hierdie nuwe regering en al sy “cronies” kom weg met moord… Maar hulle sal hul dag kry – wanneer die Skepper sê genoeg is genoeg!

Genis ·

Regering en sy kaders… Sies vir die Liberaal wat hom verteenwoordig… Skaam jou man…

Genis ·

Wil jy my se jy as Prokureer is so hardop vir geld, om vir Malema te verdedig?

Einstein ·

Syne, en Zuma s’n. Hierdie spul dink hulle is onaantasbaar. Sal maar moet sien, nê meneer’tjie

Gert Johannes ·

Die meeste van ons begryp nie mooi nie, dieEFF is in diens van die ANC, hulle sê vir EFF wat om te doen en betaal die EFF daarvoor, kyk maar na Klicks debakel. Beplan deur ANC, geen polisie optrede teen EFF en nie een gearestreer nie, opdrag van ANC. André Pienaar staan op sy bakkie en praat, simuur in tronk, geen borgtog, moordenaar kry borgtog, (om weer te gaan moor). Wie het borgtog betaal of is dit maar net gesê dis betaal??@@ een was al 16 keer van te vore gearesteer. Snaakse geretigheid in hierdie land.

Androclus ·

Hoekom solank uitstel,ek wou gehad het hy moet Kersfees oranje klere aangehad het as hulle dit sal kan reg kry asb.

Dup ·

Ek dink hulle probeer om Idi Amin na te aap.Moet nog net die uniforms dra.Absolute diktators met geen of min grysstof.

Dries ·

Ek hoor ZIndzi Mandela het glo ook “getuienis gelewer”, ten gunste van Malema. Dis seker die eerste keer dat ‘n oorledene getuig in ‘n hofsaak.

Genis ·

Ek het n idee die maistraat is erg ANC/EFF Light… hoekom bly uitstel? Julle maak n bespotting van die regsstelsel..

Nie Verbaas ·

Niks sal hiervan kom nie. Party mense word binne n maand gearresteer en verhoor, skuldig bevind en toegesluit. Die politieke figure neem maande, en langer en dan word uitspraak voorbehou. Wat n grap. Niks sal met die kaders gebeur nie.

Jessica ·

Mal-emma gaan soos gewoonlik skotvry hiervan afkom. Hy mag dan skiet skree en dreig. Hoe groter krim jy is ,hoe meer status….Tronkvoëls word selfs presidente.

Sarel ·

Hoekom word sy sake gereeld uitgestel. Tyd dat NVG verduidelik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.