Malema, Ndlozi vandag in hof verwag

Julius Malema en Mbuyiseni Ndlozi (regs). Foto: EFF

Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, sal na verwagting vandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

Malema en Ndlozi word vir die beweerde aanranding van ’n kolonel in die SAPD vervolg ná volgehoue druk deur AfriForum.

Malema en Ndlozi het in April verlede jaar na bewering ’n senior polisieman in uniform aangerand tydens ’n voorval wat op kringtelevisiekameras vasgevang is.

Dié senior polisieman het ’n klagte by die polisie aanhangig gemaak, maar dit het geen polisie-aandag geniet totdat AfriForum se privaatvervolgingseenheid in Januarie navraag oor die ondersoek gedoen het nie.

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het in September bevestig dat Malema en Ndlozi vervolg gaan word vir die beweerde aanranding by die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela.

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vroeër gesê dit is betreurenswaardig dat AfriForum soveel druk op die NVG moet uitoefen om bloot hul grondwetlike plig na te kom.

“Ons sal die verloop van die saak noukeurig volg om te verseker dat geregtigheid vir die klaer geskied,” het Nel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johan ·

Gerrie help asb met uitstaande saak van juluis oor afvuur van wapen in publiek soos waargeneem op tv. Dit draai darem nou te lank as dit n blanke wss het hulle al sy wapens gekonverskeeren seker in tronk. Wat het van die wet op eienaarskap , bevoegdheid ens. Sal ons almal wag wat sukkel met hernuwing van lisensies en sien of wetgewing gaan verander oor kerstyd

Sirkus ·

Johan, gaan kyk op die webwerf van NHSA en/of GOSA rakende al jou vrae oor wapenlisensies en die hernuwing daarvan en onlangse hof uitsprake ….

Willie ·

Die problem is dat JM die ANC se skoot hondjie is… Kyk maar in die Parlement CR dink hy is snaaks… Dis eindelik om van naar te word… dis n spieel beels van wat hulle is…

jakes ·

Die polisieman kon nie baie paraat gewees het dat Malema en Ndlozi hom kon aanrand nie. Jy moet werklik baie swak wees om beide n goeie loesing te gee.

colleen ·

Dit is eerder ‘n geval waar die publiek kan maak wat hulle wil en as ‘n polisieman optree word hy aangekla. Hy moes hulle geskiet het uit selfverdediging. Mooi so Afriforum. Ry hulle. Dink hulle kan doen en sê wat hulle wil.

Dries du Toit ·

Het jy mooi gedink wat jy nou gesê het?Dink net die political en media histeri as so iets gebeur het.Daai lid het rasioneel gedink(onder media sluit ek MM uit)

ore ·

Sal seker weer uitgestel word of hy sal onskuldig bevind word waarna hy weer ‘n gulde geleentheid sal kry om van ‘n verhoog af te gil en skree oor blankes wat uitgemoor moet word,nie nou nie maar wel later.Nog ‘n dag vir die nar om verder haat teenoor ons aan te blaas

Pierre Diederiks ·

Jakes nou wat dink jy sou met die polisieman gebeur het , hy terug baklei het teen hulle ? 2 Dinge sal gebeur , hy sou onmiddelik sy werk verloor vir aanranding en die aanval sal as rassitiese aangevuur word , tweedens hy sal in die tronk op eindig of n helse boete kry teen hom ! Het jy vergeet hulle is ontasbaar !

Martie ·

Eintlik is dit hats off vir die polisie man wat nie sy cool verloor het nie. Ek sou erg tekere gegaan het

ALWETEND ·

CHRIS ons weet mos almal dat die saak uitgestel gaan word. Indien dit oor 100jaar verhoor sal word, sal hy net berispe word om dit asb nie weer te doen nie. Mamela sal dan nog teen die uitspraak appel aanteken.

ryan ·

kom ons kyk wat gebeur.. My geld is op… niks gaan gebeur nie…

Judge Dredd ·

Ek dink hulle het Julius en Ndlozi net weer ‘n seepkissie gegee om twak te praat….
Ons weet alreeds niks daadwerkliks sal gedoen word.

adk ·

Hier gaan niks van kom nie. Die swakste staatsaanklaer gaan aangestel word. Hulle gaan n Zuma trek..

Swannie ·

@ adk,

Jy slaan die spyker op sy kop !

Dit is hoe die “regstelsel”saamspan om mense onskuldig te laat verklaar wie hul in die eerste plek nie wou vervolg nie.

Ek was al in `n saak betrokke dat ek later navraag gedoen het of die staatsaanklaer nie dalk die dag afsiek was en die skoonmaker ingestaan het vir hom nie. Dit was duidelik dat die man GEEN ondervinding gehad het nie EN boonop die dossiere `n halfuur VOOR aanvang van die hofsaak ontvang het,

Cecilia ·

Dit is absoluut pateties dat Afriforum druk op die NVG moet sit om hul werk te doen. Laat my wonder oor baie ander sake waarvan niks kom nie.

KrokodilBotha ·

Pateties verby dat die Polisie ook niks gedoen het nie.

tanya ·

En julle gaan aan en aan en aan kry nooit einde nie. Word groot asb

Theresa ·

Hiervan gaan ook niks van kom nie. Net soos al Malema se sake. Hierdie is net uitstappies vir die untouchables!

Chris Ws ·

Indien daar ‘n video van die voorval is EN die hof aanvaar dit as getuienis dan gaan hulle sekerlik skuldig bevind word.Maar dan moet daar NIE tronkstraf of keuse van ‘n boete wees nie.NET tronkstraf!

tog!!! ·

Kan hy nie maar net gaan bly in die hof nie, hy is permanent daar, dit sal almal wat belasting betaal vir sy petrol tog bietjie spaar, hy irriteer sy EIE mense net so erg soos die res….
doring in die vlees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.