Malema, Ndlozi vandag weer in hof

Malema en Ndlozi na ‘n vorige hofverskyning. (Foto: EFF/Twitter)

Julius Malema, leier van die EFF, en EFF-LP Mbuyiseni Ndlozi verskyn Dinsdag weer in die Randburg-landdroshof op aanklagte van aanranding.

Malema en Ndlozi word, ná volgehoue druk deur AfriForum, deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg vir die beweerde aanranding van ʼn kolonel in die SAPD.

Die twee het glo in April 2018 by die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela ʼn senior polisielid in uniform aangerand. Die voorval is op kringtelevisiekameras vasgevang. Die polisielid het ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak.

Die saak het oënskynlik geen aandag geniet nie tot die burgerregtegroep AfriForum se private vervolgingseenheid in Januarie verlede jaar oor die ondersoek navraag gedoen het. In Julie verlede jaar het AfriForum aangekondig dat hy die hof met ʼn mandamus-aansoek nader om die NVG te dwing om ʼn besluit oor die vervolging van die twee te neem.

Die NVG het ná volgehoue druk herbesin oor sy aanvanklike weiering om te vervolg en wel vervolging ingestel.

Malema en Ndlozi voer aan die betrokke polisielid het probeer keer dat hulle toegang verkry tot die voormalige apartheidstryder “se laaste rusplek”.

Aanhitsing

Die DA het intussen Maandag strafregtelike klagte teen Malema en EFF-LP Nazier Paulsen by die Kaapstadse polisiestasie aanhangig gemaak. Natasha Mazzone, DA-hoofsweep, het die twee verkla oor hul sosialemediaplasing wat geweld aanhits.

Malema en Paulsen het plasings op sosiale media gemaak rakende die gebeure wat verlede Dinsdag buite die Senekal-landdroshof in die Vrystaat ontvou het.

Malema het Woensdag ʼn video van boere voor en in die landdroshof getwiet met die byskrif: “Magwala a chechele morago! (Lafaards beweeg na agter) Vegters val aan!”

Paulsen het op sy beurt later ʼn foto van ʼn masjiengeweer met die onderskrif “Maak gereed!” geplaas.

Malema het Saterdag ook ʼn foto van ʼn masjiengeweer op Twitter gelaai.

“Die DA veroordeel ten sterkste hierdie roekelose poging van die EFF-leierskap om geweld aan te hits op hierdie toenemend delikate tydstip in Suid-Afrika se demokratiese bedeling,” het Mazzone gesê.

“Ons het die naweek al talle plasings gesien van EFF-volgelinge wat foto’s van gewere plaas en skote in video’s afvuur ter ondersteuning van Malema se uitsprake.

“Die EFF vertoon sy ware kleure. Malema en sy boewe het geen respek vir die oppergesag van die reg nie, hul enigste bydrae tot die Suid-Afrikaanse politieke landskap is chaos, geweld en ʼn duidelike poging om demokratiese instellings te vernietig.”

Die Suid-Afrikaanse Polisie (SAPD) kan nie langer hande gevou sit en Malema se geweld ignoreer nie, meen Mazzone. “Veral in die lig van die vinnige optrede en ywer waarmee die polisie die vermeende aanstigter van die geweld by Senekal agternagesit het.”

Die onus rus nou op die parlement en die polisie om Malema en sy groep kwasi-rewolusionêre tot verantwoording te roep vir hul brutale aanhitsing van geweld. “Die EFF het te lank met hierdie soort gedrag weggekom, wat hulle toenemend aangemoedig het om te sê en te doen wat hulle wil.”

Die DA het Malema en Paulsen ook by die parlement se etiekkomitee verkla oor hul uitlatings op sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Strandloper ·

Mooi man ry mal ematje en die rooi miskruiers sekte! Wetelose skurke net soos All Now Criminals!

Persheks Adri ·

Dis tyd dat iets gedoen word met die Malema! Ek verstaan nie hoekom hy sweet blow niks oor kom nie. Is almal bang vir die ou met sy groot mond en dreigemente?

EFF must fall!!!

Daleen ·

“Vegters val aan” wanneer “n vrou alleen is “Lafaards beweeg na agter” as die vrou’ n vuurwapen uit haar hamdsak haal. Wonder hoe lank gaan die saak nou weer uitgestel word?

Hennie J ·

Die sogenaamde owerhede is niks lus vir die saak nie en dit sal weer uitgestel word.

Androclus ·

Mors van tyd,hy dink hy is alleenreg maar sy tyd kom ook stadig aan

Vanessa ·

Malema hoort in die tronk. Hy is verantwoordelik vir die moorde, rassisme en soveel meer. Hy dink hy is ‘n god, maar eintlik is hy ‘n nar. Hy en al sy lede is onder die indruk ons vrees hulle. Ek het nuus vir hulle niemand vrees hulle nie almal lag vir hulle, hulle is ‘n klomp komidiante wat Suid Afrika se naam deur die modder sleep.

Die Wolf ·

As jy hand om die blaas is met ou grote, sal daar dadels van kom.

Mariana ·

En daar is nou twee kriminele wat lankal agter tralies moes wees. Maar seker ook nooit sal wees nie. Hulle is mos beskermd.

Adeline ·

DA my vraag aan julle dapper held is……. wat van die Clicks voorval en wanneer word mal-emma daarvoor aangekla vir sy aanhitsing landwyd op sosiale media, asook die skade en verlies wat landwyd plaasgevind het – of word dit onder die politieke kompromie mat ingevee? Sal baie graag wil weet wat julle daaromtrent doen – hieroor is alles stil soos ‘n toegemaakte graf. Wonner ernstig in die lig van plaasmoorde wat moord en misdaad op blankes van voor 1994 asook terreur dade van swart op Blank – hoekom een boer uitgesonder word wanneer ons as wettige publiek uitroep GENOEG is GENOEG na soveel jare? Black Matter maar blanke plaasmoorde en moord op blankes word minderwaardig geag. Glo my vry dade spreek baie harder is leë gevoellose woorde wat probeer paai.

Werner ·

Bly julle dink is is nog n demokrasie tyd dat julle wakker skrik DA

Riaana ·

So Pienaar wat nie nastenby gedoen het wat Malema doen en gedoen het is agter trallies.. TERWYL N REGTE POLITIEKE KRIMENEEL VRY IS OM ONS LAND VERDER TE PLINDER… wat goed is vir die een is goed vir die ander, Suid-Afrika benodig die vrot appel ‘Julius’ agter trallies waar hy hoort saam sy trawante,

LiveAndLetLive ·

Hy moes destyds al met sy “Kill the boer kill the farmer” toegesluit word.
Hierdie land het Malema nie nodig nie, dit is beter om hom net van die prentjie af te kry en sy rooi wrede handlangers ook.
Hy is direk verantwoordelik vir talle mense se dood.

Hoekom ·

Val ‘n polisie man aan, waar is die aanklag van terrorisme!? Poging tot moord!?

Koos ·

Gaan maar weer uitgestel word tot iemand weer daaroor navraag doen

JM ·

Die wiel van geregtigheid draai stadig, maar gewis. Almal wat hierdie ongeregtigheid toepas, se dag van afrekening gaan verseker aanbreek. Mag dit sommer GOU gebeur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.