Malema, Ndlozi verskyn Dinsdag in hof

Julius Malema en Mbuyiseni Ndlozi (regs). Foto: EFF

Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, gaan Dinsdag omstreeks 09:00 in die Randburgse landdroshof op aanklagte van aanranding verskyn. Hulle word vervolg vir die beweerde aanranding van ’n SAPD-kolonel twee jaar gelede tydens Winnie Mandela se begrafnis.

AfriForum het verlede jaar Julie aangekondig hy beoog om die hof te nader met ’n mandamus-aansoek om die NVG te verplig om ’n besluit te neem oor die vervolging van Malema rakende hierdie saak. Die NVG het in September aangekondig dat hulle Malema wel vir die beweerde aanranding gaan vervolg.

Maroela Media het vroeër berig Malema en Ndlozi het na bewering in April 2018 ’n senior polisieman in uniform aangerand tydens ’n voorval wat op kringtelevisiekameras vasgevang is. “Die polisieman het ’n klag by die polisie aanhangig gemaak, maar dit het geen polisie-aandag geniet totdat AfriForum se privaatvervolgingseenheid in Januarie 2019 navraag oor die ondersoek gedoen het nie,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

Malema hou vol hy het nooit aan die polisieman geraak nie.

Kriel sê Malema se vervolging op dié aanklagte is nie net ’n oorwinning vir AfriForum nie, maar vir almal wat glo in die beginsel van gelykheid voor die reg. “Niemand is verhewe bo die reg nie en AfriForum verwelkom die feit dat Malema uiteindelik sy dag in die hof gekry het. Malema het gedink hy is onaantasbaar, maar te danke aan die druk wat AfriForum op die NVG uitgeoefen het, gaan hy uiteindelik verantwoording moet doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frederik

Vat so, niemand is verhewe bo die wet nie.

lollapot

Ek wag in spanning! Maar ek verwag nie veel nie . . .

Marieta

Die polisie word links en regs uitgemoor, uitgelag en verneder. Ministers belowe streng optrede en volle mag van die wet teen oortreders, maar Afriforum moet uiterste druk toepas om NVG net sover te kry om net aandag aan die saak te skenk. Wat n klug! Gn wonder misdadigers uit alle vlakke van die samelewing dink hul is bokant die wet verhewe nie.

Jorrie

Kom ons hoop die hoop beskaam nie weer nie! Hoog tyd dat hy vir iets verantwoordelik gehou word.

Josef

Die huidige NVG hoof het Hansie Cronje ‘n paar jaar gelede vuriglik aangevat. As sy maar met dieselfde ywer teen mense soos die EFF leier wil optree.