Malema, Ndlozi vlugtig in hof

Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, die party se woordvoerder, in die Randburgse landdroshof. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Die EFF-leier Julius Malema en die party se woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, het Dinsdag vlugtig in die Randburg-landdroshof op aanklagte van aanranding verskyn.

Die twee word beskuldig van die aanranding van ʼn polisiekolonel by Winnie Madikizela-Mandela se begrafnis in April 2018.

Die saak teen die twee is vanoggend egter tot Junie uitgestel omdat Malema en Ndlozi se regspan aangevoer het hulle het meer tyd nodig om vir die saak voor te berei.

Die betrokke polisielid het ʼn klagte by die polisie aanhangig gemaak, maar daar het oënskynlik dadels van gekom.

Die burgerregtegroep AfriForum het sowat ʼn jaar ná die voorval, wat op kringtelevisie opgeneem is, ʼn hofaansoek ingedien om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te dwing om ʼn besluit oor die twee se vervolging te neem. Die NVG het in September bevestig dat die twee vervolg gaan word, maar AfriForum sê sy private vervolgingseenheid moes in Januarie wéér navraag oor die saak doen.

Julius Malema, leier van die EFF, kom by die landdroshof in Randburg aan. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

ʼn Datum is daarna vir vandag vasgestel.

“Dit is jammer dat die hofverrigtinge uitgestel moes word omdat Malema en Ndlozi se regspan nie gereed was om hul verdediging te behartig nie,” het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

“Hulle kon dit wel vandag regkry om die regsproses te vertraag, maar Malema en Ndlozi sal nie op die lang duur geregtigheid vryspring nie. AfriForum sal toesien dat hulle hul dag in die hof kry.”

Malema hou vol hy het nooit aan die polisielid geraak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Anel ·

Maar as dit nou ek was, was ek klaar gevonnis en agter trallies. Hoeveel tyd het hulle nodig? As ek dit nie mis het nie, is daar beeldmateriaal beskikbaar, of daar was. Sê maar net.

Lambertus ·

Speel al weer woer woer met die “howe” en Afriforum. Daar is altyd ‘n probleem met Malema se goed. Dis duidelik dat almal bang is vir hom…

Hannahoekom ·

Ek dink hy weet te veel… Vir een of ander rede is die grootkoppe bang vir hom. En hy weet dit!

Dries ·

Kyk ek is nie kenner op die regstelsel ens nie, so dalk is ek net oningelig, maar dit verstom my altyd hoe hierdie hofsake van bekende ‘politici’ wat die wet oortree, weer en weer en weer en weer uitgestel kan word, soms vir jare. Is dit werklik aanvaarbaar?

minnie muis ·

jip eensydige wette vir sekeres en dan vir blankes ……..

Phillip ·

Die volgende stap is ,hulle is tesiek en is in die biute land vir medise behandeling . Is tesiek om hof toe tegaan . Stap die spore van Zoema

Trots Afrikaans ·

Kom ons kyk maar wat gebeur, ek hou beslis nie my asem op nie.

Belinda ·

Geld koop vir jou alles…. Verder manipuleer hy die ANC behoorlik

Jan ·

Ek wonder wat het hulle laat besluit om op te daag by die hof. Gewoonlik mors hulle mos nie hulle tyd aan sulke nietighede nie

koos10 ·

JM se kommentaar gaan weer iets in die lyn wees van: Dit was nie ek nie en almal wat dit beweer is rasiste wat witheid aanhang, en geen swart mens ‘n lewe gun nie. Die regter is gekoop deur wit monopolie kapitaal om my ondergang te bewerk, en ek is bereid om tronk toe te gaan, soos NM, vir die saak waaraan ek glo.
Ek moet seker nou kopiereg op die sinne uitneem.

Wondermaarnet ·

En dit het nog nie genoeg tyd gehad om voor te berei nie? Ja ne so gaan dit as jy die regte velkleur het. Julius ek dink jy sal baie mooi lyk in oranje. Dit is defnitief jou kleur!

daniel ·

Dis absolute nonsens, wat is daar om voor te berei voor?. Dit is blote misbruik van die regstelsel vir eie gewin. Wie beskerm malema ?
Hy het legio sake teen hom uitstaande maar die wiel van geregtigheid draai net nie vir hom nie. Hoekom nie?. Die vinger wys al hoe meer na die ANC.

Michael ·

Ek vind dit snaaks dat al sy sake altyd vir maande uitgestel word,is dit taktiek van sy prokureur of die regstelsel eat ook nou besig is om in mekaar te tuimel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.