Malema, Ndlozi weer in hof oor aanrandingsklag

Die EFF-leier Julius Malema en die party se woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, tydens hul verskyning in die Randburg-landdroshof. (Foto: EFF/Twitter)

Die leier van die EFF, Julius Malema, en die party se woordvoerder, Mbuyiseni Ndlozi, het Maandag weer vlugtig in die Randburg-landdroshof verskyn waar hulle tereg staan op ʼn aanklag van aanranding.

Malema en Ndlozi het in April 2018 by die begrafnis van Winnie Madikizela-Mandela glo ’n senior polisielid in uniform aangerand in ʼn voorval wat op kringtelevisiekameras vasgevang is. Die polisielid het ’n klag by die polisie aanhangig gemaak.

Die saak het oënskynlik geen aandag geniet nie tot die burgerregtegroep AfriForum se private vervolgingseenheid in Januarie verlede jaar oor die ondersoek navraag gedoen het. In Julie verlede jaar het AfriForum aangekondig dat hy die hof met ʼn mandamus-aansoek nader om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te dwing om ʼn besluit oor die vervolging van die twee te neem.

Malema buite die hof nadat die verrigtinge uitgestel is. (Foto: EFF/Twitter)

Die NVG het na volgehoue druk herbesin oor sy aanvanklike weiering om te vervolg en wel vervolging ingestel.

Die twee voer aan die betrokke polisielid het probeer keer dat hulle toegang verkry tot die voormalige apartheidstryder “se laaste rusplek”.

Die saak teen hulle is tot 13 Oktober vir verhoor uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Elise Georgina Irene ·

Dis nou weer een van daai wat sloer en sloer en sloer todat klaers dood is en aangeklaagdes weer vry afkom hiervan….

Kokkie ·

Dit maak ‘n bespotting van ons regstelsel. Sekeres is mos bo die reg verhewe.

Adam Adriaan ·

Al die sake teen die EFF word net uitgestel. As daar enige skuldig bevinding teen die twee gaan wees, gaan dit voor krismis pienk kapok by die Uniegebou.

Persheks Adri ·

Ok nie geweet jy slaan iemand vir so iets nie… Ag genade die saak sloer al so lank. Wanneer gaan rooi petter tog nou sit? Sy hande is so los soos sy groot mond!

Misky ·

Hoekom aanhoudend saak uitstel en uitstel? Kry dit oor en klaar en hou op geld mors. Bewyse is tog oorweldigend – punt.

Mariana ·

Ag gaan niks van kom nie. Julius en sy makkers is mos darem onaantasbaar. Hulle sou nie vervolg word al het hulle gemoor nie. Dit is wat dit is. En hulle weet dit ook. Hulle mag doen en sê net wat hulle wil.

Tokkel ·

Zuma sowel Malema se sake word gedurig uitgestel. Regtig! As dit ek en jy was was ons definitief al agter tralies…maar nee dit hang mos af in ons land wie wat kan doen en daarmee wegkom of toegesluit word…

Scalla ·

van uitstel kom afstel, alle bewyse is mos reeds in hul besit en twee jaar het reeds verloop.

Jakes ·

As Malema n R1 moes kry vir elke keer wat hy die binnekant van n hof gesien het en vir elke keer dat sy saak deur die hof uitgestel is, sou hy vandag ryker as Bill Gates gewees het.

msp ·

En so sal hulle sake net elkekeer uitgestel word soos in die geval van zuma.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.