Malema nié buite konteks aangehaal, meen Cele

Bheki Cele, minister van polisie (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Bheki Cele, die minister van polisie, sê hy is nie oortuig deur die EFF se bewerings dat sy leier se “roekelose, onverantwoordelike en gevaarlike uitlatings” buite konteks geplaas is nie.

Die EFF het Dinsdag gesê Cele en die polisievakbond Popcru het Julius Malema, leier van die EFF, se uitlatings oor polisiegeweld teen betogers buite konteks geplaas asof dit ʼn dreigement was teen polisiebeamptes. “Dit is ʼn blatante leuen en ʼn manipulasie van die feite,” het die EFF in ʼn verklaring gesê.

Dit volg ná Cele reageer het oor uitsprake die afgelope naweek tydens ʼn byeenkoms in die Vrystaat waar Malema direkte geweld teen polisiebeamptes en hul gesinne aangemoedig het.

Die EFF hou vol die uitsprake hou slegs verband met polisiegeweld teen betogers en beamptes wat dink hulle is verhewe bo die wet.

Cele het Woensdag gesê hy is nie oortuig deur die EFF se bewerings nie. “Hy is seker dat Malema direkte geweld teen beamptes van die SAPD, hul mans en vroue, hul kinders en hul families, aangemoedig het,” het Lirandzu Themba, woordvoerder van die polisieministerie, gesê.

Malema het gesê: “As die Suid-Afrikaanse polisie ʼn geveg soek, dan moet hulle dit verklaar. Ons sal hulle op dieselfde manier hanteer as wat ons in die 80’s gedoen het. Ons sal nie net by stakings met hulle baklei nie, ons sal na hulle huise toe gaan en in hulle eie huise met hulle en hul families baklei. Ons sal een vir een na julle toe kom in jul gemaksone.”

Cele hou vol dié tipe aanhitsing is onwettig en het nie ʼn plek in ʼn demokratiese samelewing nie. “As ʼn politieke organisasie het die EFF en sy leier die reg om hul sienings uit te spreek oor die huidige regering. As mense, hul geliefdes en hul huise egter gedreig word, sal dit nie geduld word of toegelaat word om te gebeur nie,” het Cele gesê.

Cele benadruk daar sal gevolge wees teen enigiemand wat op die dreigemente teen polisiebeamptes of hul familielede reageer.

Cele wil ook die EFF daaraan herinner dat alle polisiebeamptes aanspreeklik bly teenoor die wette van die land en enige beweerde wangedrag sal deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Persheks Adri ·

Nou sluit jou maaitje met die pet toe Cele dis direkte aanhitsing en dreigemente! Is jy bang vir hom na julle hand om die blaas gesit het in Senekal? Ek hoop Cele weet ons sal ook onsself beskerm teen die klomp!

Alta ·

Ja cele, jy wil hul ‘herinner’ dat hul nie dreigemente teen die polisie mag maak nie! Asof jy nou jou deel gekoen het om dit te stop! Die dreigemente is gemaak, as dit wittes was sou hul gearessteer gewees het! Is jy bang vir malema of beskerm jy jou vriend?

Susan ·

‘n Week is al amper verby na die uitlatings en dreigemente gemaak is, en die dapper muis loop nogsteeds vry rond? Werklikwaar interessant dat Cele noem dat sulke gedrag nie geduld sal word nie, wat en wanneer gaan hy iets daaraan doen? Dalk wag hy vir Malema om homself te kom oorgee?

Andre ·

Malema het die polisielede en hulle families gedreig met vergelding wat duidelik op tv gesien en gehoor kon word en die regering by name die polisie gee hom net ‘n vaderlike vermaning. Afriforum gaan nou ‘n saak aanhanig . Hoe meer pateties kan die ANC regering nog word

Swerkater ·

Mnr Cele dis nie lekker as die skoen aan die ander voet is nie ne…..?

ILONKA ·

Malema is in 1981 gebore, wat het HULLE toe al gedoen??? Was hy deel van die hulle van geboorte af?? Hy was 13 in 1994…so ek verstaan nie?? Mis ek iets??? Wat is in die 80’s aan hom gedoen of ry hy maar net saam??

Androclus ·

Presies wat ek wil weet,jy is reg 94 kon hy nie eers stem nie

Derek ·

Bheki Cele is reg, dit is tyd dat sy oe oopgaan en verstaan Julius Malema is nie sy vriend. Hy is net n mooiweers vriend, net wanneer dit hom pas. Ongelukkig is dit hoe politiek is, selfsug, eie belang en geldgierigheid Is die kruks van hul lewe en so hulle wie hul knie buig voor die ANC.

Adam Adriaan ·

Cele vanaand braai jy en die rooihemp weer wors en staan hand om die blaas en lag vir Our People. Arresteer die rooihemp en sluit hom toe. Dit is wat jy moet doen.

Grassie ·

Malema krap nou waar dit nie jeuk nie. Die polisiemanne is baie meer as hulle , is gewapen en sal nie skroom om die wapens te gebruik nie. Maar verder – die polisiemanne sal nie net staan en bid en gesange sing as hulle gekonfronteer word nie, hulle sal doen wat gedoen moet word.

Kokerboom ·

Die Minister sal ‘n eierdans doen. Die EFF is die onverklaarde militante arm van die ANC om die vuilwerk ‘n armlengte ver te doen en die ANC nie geimpliseer word. Fyn geslepe die kaders!

koos10 ·

MAL EMMA word deesdae baie verkeerd verstaan. Is hy dan alleen reg en die res verkeerd?
Daar is duidelik ‘n fout tussen sy brein en mond, of is dit ‘n gevolg van sy st. 6 se skool raport?

Androclus ·

Mal emma praat sommer deur sy nek van die 80 jare waar was hy toe hy nie eers in 94 kon stem nie,toe loop hy nog kaal in die bos rond.

Dirk Mostert ·

Uiteindelik is Cele reg oor iets. Maar ons wag vir optrede teen Malemma.

Genis ·

Cele benadruk daar sal gevolge wees teen enigiemand wat op die dreigemente teen polisiebeamptes of hul familielede reageer. Wys ons nou asb die gevolge…?

Gert ·

Daar gaan weereens nie teen malema opgetree word nie want hy maak soos hy wil. Hy is mos nie verantwoordelik vir wat ander doen as hy dit sê nie.

Lee ·

Quote: ” Ons sal een vir een na julle toe kom in jul gemaksone” Dit is presies wat hulle doen met die boere in SA – Malema is direk verantwoordelik vir plaas morrde met sy aanhitsing en ek is 100% seker ons gaan binnekort geweld by polisie se huise begin sien.
Malema hoort in n tronk.

Leana ·

Gedink dis net ‘n kwessie van tyd nadat Cele en Malema so lekker langs mekaar gesit het in Senekal se hof…
Wys jou net – as hulle mekaar nie kan vertrou – hoe moet ‘n blanke boer hulle vertrou in vandag se tyd?!

Hoekom ·

“Sulke gedrag sal nie geduld word nie. Vir nou sal ons die gedrag duld, maar moet dit asb nie weer doen nie….”

‘n Teken van ‘n lafaard en swakheid…

Sandra ·

Demokratiese samelewing? Ons? Hulle moet gaan kyk wat demokrasie beteken en weer probeer.

christo ·

Politici mag sê wat hulle wil in die parlement, maar buite mag hy net soos enige landsburger niemand met geweld dreig nie. Hoekom tree Bheki Cele teen Julius Malema nie? Of word hy teruggehou deur die President?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.