‘Malema omskep parlement in sirkus’

Foto: @POWER987News

Foto: @POWER987News

Die Christen-Demokratiese Party (CDP) het met afrgyse reageer op Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sê “minagting vir parlementêre protokol” in sy toespraak tydens die debat oor pres. Jacob Zuma se staatsrede.

“Op die risiko af om die sensasiesoekende Malema selfs nog meer blootstelling te gee, reageer die CDP met afgryse oor sy minagting vir parlementêre protokol,” het ds. Theunis Botha, leier van die CDP, gesê.

“In sy eerste toespraak, in reaksie op pres. Zuma se staatsrede, het hy die waardigheid van die parlement geskend, deur dit te gebruik vir sy kenmerkende goedkoop politiekery.” Botha sê dit is ondenkbaar dat iemand vir ‘n nar soos Malema as ‘agbare’ kon aanspreek, terwyl hy sy amp en die hele land in oneer gebring het.

“Sy aanval op wittes toon dat hy en sy rassistiese kamerade, nie in staat is om te erken dat dit as gevolg van ‘n onderhandelde ooreenkoms is wat hy die voorregte wat hy tans geniet, te beurt geval het nie. Dit wil voorkom of al wat hy kan doen is om ‘n kabaal op te skop oor alles wat sy middelmatigheid aan die kaak stel,” het Botha gesê.

Lees ook:
Malema: ‘Zuma is bang vir wit mense’ (video)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tersia Mathews ·

Hierdie berig verdien nie kommentaar nie. Dit spreek vanself

Belinda ·

Ek weet regtig nie van wie die man eintlik hou nie want vir wittes het hy geen tyd nie maar hy vaar ook uit teen sy swart broers so ek weet nie of hy weet hy is ook swart nie………….;-)

Martin ·

Ek het n idee hy is kleurblind. Hy haat ”wittes” maar hy het blankes in sy party. Plaas dat hy die blanke laat praat sodat almal verstaan. Hy mompel so die speaker verstaan hom nie eers nie. Lagwekkend. Hoor daar was n aardbewing in Die Wildernis. PW wat in sy graf omdraai!

Johan Viljoen ·

Hierdie ballonkop Malema moet so vining mootlik uit die parlement gehaal word. Hy is sekerlik die grootste dwaas en rassis in die land.

meisie ·

Nou kan ons net na die Parlement kyk as ons `n goeie komedie wil sien , dit is een groot ““ Parly Paartie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.