Malema: ‘Ons sal Gauteng onregeerbaar maak’

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het gewaarsku dat indien partylede weer uit die Gautengse wetgewer gejaag word, hy die provinsie onregeerbaar sal maak.

“Indien daar voortgegaan word om die EFF by wyse van oproerige metodes uit die wetgewer te verwyder, sal dit tot onstabiliteit in hierdie provinsie lei,” het Malema aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

“Ons sal veg. Ons het die vermoë om ons mense mobiliseer en om fisies te veg.” Malema het die uitlatings gemaak nadat EFF-lede uit die Gautengse wetgewer gejaag is oor hul rooi oorpakke. Die polisie is ontbied nadat hulle geweier het om die wetgewer te verlaat.

“Ons is bang vir niks. Ons sal ons kiesers na die stad bring en hulle sal weet wie ons is. Hulle moet ons nie druk nie want ons het die kapasiteit om te veg.”

Malema sê die ANC moet onthou dat hy nie die provinsie in die afgelope verkiesing gewen het nie. Hy sê die uitslae was “korrup en vals”.

“Die ANC het in Gauteng verloor. Hulle [die ANC] weet wat in Alexandra gebeur het. As ons nie ingegryp het nie, sal die provinsie net as gewees het.”

Inwoners van Alexandra het amok gemaak kort na die verkiesing nadat stembokse in die township gevind is. Inwoners het paaie met brandende bande versper en talle mense is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

PURE BOER ·

Nou maar laat hy begin veg!!!! Ek is al so moeg en sat vir die nar. Hy kan ook net praat. Hy is nes HITLER.
Ek dink meeste van ons is al lankal lus vir n maklike fight

Eben ·

Kry vir julle anc … julle het mos die vet babatjie groot gemaak! Saaaaa….. vat hom!!

AmY ·

Maar hy is mos ‘n rebel en ‘n belhamel. Kry vir julle ANC Julle het hom alles geleer en nou pas hy dit toe. Karma is nie ‘n lekker dêng nie, né???!!!

Daar kom nog erger dinge julle pad langs. Geniet dit.

Babs ·

Die otters het meer bek as binnegoed. Waar hulle is, is alles onregeerbaar. Wil graag sien hoe hy en Zuma teen mekaar opstaan.

HEVW ·

Wie molema (klein lettertjie m ) met Hitler vergelyk weet bitter min van die geskiedenis. Moet asb nie op die New age veminkte geskiedenis steun nie. Maak moeite en bestudeer die werklikheid.

ESTELLE ·

Wonder of die ramkat besef dat jy ‘n BREIN nodig het om ‘n geveg te wen!!! En ‘n tekort aan breinselle het hy beslis! dink seker ons gaan baie gerieflik agteroor sit en laat manipuleer, suprise, suprise, breinloos – draadloos!

Kelly ·

I watched, I noticed, I played, I came, I left ….. Uber Boring!

Elizabeth ·

Die probleem is hy het hope aanhangers en hy kan groot probleme en skade aanrig – ook vir ons gewone ouens wat net werk toe wil gaan, inkopies wil doen ens in veiligheid. Ek gee nie om wat hy aan die ANC doen nie, maar vaderland ek wil nie die gemors moet beleef as paaie versper word en kriminele rond en bont harloop en met klippe gooi, so moenie te maklik sê “kry vir julle ANC” ens – dis ONS wat die gelag gaan betaal. Die spul kaders sit hoog en droog in hul duur huise en het ‘n tros veiligheidsbeamptes om hul oral te vergesel en ek en jy NIE! Ek is glad nie bang vir HOM nie, maar ek wil nie myself of my gesin blootstel aan ‘n spul gemors nie….

Monique ·

Ek stem saam met Elizabeth. Moenie die invloed van so ‘n persoon onderskat nie. Mens kan baie lees deur na iemand se oë te kyk. Lees gerus die artikel deur Ado Krige in sy House Regeneration nuusbrief oor Adolf Hitler. (Mass manipulater). Laat ons eerder bid en die Here vertrou.

Dave Pelser ·

Hoe lank gaan daar nog toegelaat word dat hierdie opstoker sy wil afdwing ? Sit hom op sy plek en as hy sy “gullibles” mobiliseer om Gauteng onregeerbaar te maak, arresteer hulle en kom op hulle af met die volle gewig van die reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.