Malema: ‘Onteiening sal ons waardigheid herstel’

Julius Malema by die byeenkoms in George (Foto: ANA)

Julius Malema, leier van die EFF, het Vrydag in George in die Wes-Kaap op ʼn byeenkoms van die party gesê grondonteiening is die eerste stap om die waardigheid van Afrikane te herstel.

Duisende EFF-ondersteueners het by die Thembalethu-stadion saamgekom om Malema oor grondonteiening te hoor praat.

Malema het in sy toespraak na Vrydag (6 April) verwys as ʼn geskiedkundige dag aangesien dit 366 jaar gelede is wat Jan van Riebeeck in Suid-Afrika aangekom het – die dag toe al die probleme volgens hom begin het.

Hy het gesê 6 April 1652 is die dag toe “kolonialiste” papier meer belangrik as mense begin ag het. Volgens hom is die Afrikane se grond toe van hulle af weggeneem omdat hulle nie titelaktes gehad het om te bewys dat hulle wel die grond besit nie. Hy het gesê as die Europese bloot ook in Suid-Afrika wou woon, sou die Afrikane hulle geakkommodeer het – maar hulle wou volgens hom eerder die grond onregmatig neem.

Malema het aan ʼn groot skare gesê die EFF baklei vir onteiening sonder vergoeding aangesien baie swart Suid-Afrikaners nie werk het nie omdat hulle nie grond besit nie, en nié omdat hulle nie opgelei is nie.

“As jy grond besit, word jy gerespekteer,” het hy gesê. “Niemand respekteer ʼn boemelaar op die straat nie, of hy nou wit of swart is, en die rede daarvoor is dat hy nie grond besit nie.”

Hy het gesê dit is onaanvaarbaar dat grondeienaarskap in Suid-Afrika nie die Suid-Afrikaanse demografie weerspieël nie aangesien te min swart en bruin mense grond besit. Hy het gesê dat diegene wat tans grond wil beset, geskiet word of in hegtenis geneem word. Volgens hom sal daar slegs vrede wees wanneer die grond aan swart en bruin persone gegee word.

“Soweto is nie aan ons mense gegee nie,” het hy aan die oproerige skare gesê. “Ons mense het die grond met geweld beset en vandag is Soweto die grootste informele nedersetting in Suid-Afrika en dit is die tuiste van verskeie Suid-Afrikaanse ikone.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

ferdi ·

Malema as ek jou sien dan herinner jy my aan Psalm 73 dan ek lees dit weer en ek skep nuwe beter en groter hoop en werk dan net harder om nog grond te bekom

Liezl ·

Dankie Ferdi, ek sal nou elke berig wat geweld en politiek is met Psalm 73 vergelyk . Dit is so waar en ek is dankbaar dat Sy woord daar is vir ons. Hy sal ons nie verlaat nie. Ek voel sommer nou weer ekstra positief en weet daar is n Hoër Hand. Amen xx

Johan ·

Malema needs a serious reality check.? Hy het wragtig heeltemal van die wa afgeval.

Willem ·

Julius, jy sal nog dieselde wees as wat jy die vorige dag was, ek belowe jou, niks sal verander het nie. Ek sal jou ook ‘n brief gee dat jy geen Damaskus oomblik sal beleef nie.

Willem ·

Ek kan byvoeg ‘werk daarvoor, verdien dit’, dit sal jou laat goed voel en werklik laat voel dat jy dit verdien, maar onteiening? Ou vriend ek is van mening dit is eerder soos al jou slagspeuke wat jy van podiums af uiter, dit laat jou goed voel as die mense vir jou handeklap en toejuig as jy sulke goed sê en die wit mense as slaansak gebruik. So eintlik gaan dit oor jou eie ego.

Jaco ·

As jou waardigheid gekoppel is aan grond sal geen hoeveelheid grond in die wereld genoeg wees nie ou tjom. Jy sal altyd minderwaardig wees in jou eie kop want jy het dit nie verdien nie.

Hanna ·

Ek deel van nou af sakkies grond aan elke bedelaar en arme uit! Ek dog heeltyd hulle wil geld he… Werk wil hulle beslis nie. Nou gaan ek baie geld spaar!

Retha ·

Ek dink in alle eerlikheid meeste het laaaankal van die wa afgeval. Dit was beslis nie die ossewa nie

Boy van die Suburbs ·

Malema jou minderwaardigheidskompleks het ZERO met grond~ eienaarskap te doen. You have to work like a Slave to live like a King…..

Sloet ·

Malema is natuurlik reg dat die verdeling van grond eienaarskap die land se demografie moet reflekteer. Of dan so na as moontlik. Ek het verlede jaar by die Rijkmuseum in Amsterdam gewerk by die tentoonstelling oor Nederlandse kolonialisme. Daar het ek die dokument gesien wat die Hollanders met die Khoisan geteken het vir grond in die Kaap. In Nederands geskryf…. wat nie gelees kon word deur die Khoisan nie. So is al die sogenaamde “aktes” waarvan die regses teenwoordig praat, dokumente van bedrog. Opgestel deur die man met die geweer, afgedwing op die man met die spies….
Uiteindelik kom daar nou meer as 3 eeue later geregtigheid.

Oudste ·

Middag daar Sloet, volgens wat ek hierbo lees, moes die verkoopsakte seker opgestel gewees het met Khoisan tekeninge en hierogliewe, ter verduideliking van die voorwaardes van die kontrak.

hendrik ·

Maar Sloet verstaan julle dan nie. Daar is meer as genoeg grond om vir diegene te gee wat rerig wil boer (eintlik baie min van hulle) sonder om grond af te vat. Dis nie so moeilik om te verstaan nie.

Therese van Schalkwyk ·

Goeiedag Sloet

Voordat jy nie ten minste elke week op die Dam Plein voor die Koninklike Paleis in jou geliefde Amsterdam toyi-toyi om die Nederlandse regering van die dag verantwoordbaar te maak vir die vergrype van hul koloniale verlede nie, het jy geen, maar géén, geloofwaardigheid nie.

Die “regse groepe”, konstant geminag en geteister vanuit veilige Amsterdam, is bloot mense wat “meer as drie eeue later” en na enorme versoeningspogings sedert die 1990’s hul beywer vir ‘n veilige voortbestaan vir Afrikaners en Afrikaans in ‘n immer meer wraaksugtige nuwe Suid-Afrika. Dit, sonder om ander groepe te ontneem van enigiets, inteendeel …

Prysenswaardig om soveel empatie met die verontregtes van ‘n bedenklike verlede te hê, maar plaas jouself tog asseblief net vir ‘n oomblik in die skoene van ‘n VOC-amptenaar of ‘n Franse Hugenoot se nasate in SA … jóú mense.

Gerhard ·

Ja kyk, kan jy dit nou glo. Die Hollanders het toe waaragtig nie kontrakte opgestel in ‘n ongeskrewe taal met mense wat in elk geval nie kon lees nie. So klomp skelms!

Marinda ·

Bwhahahaha, selfde ou rympie. Blah, blah, blah, blah. Die man klink nou al soos ñ ou vas gehakte 7 single.

Pieter ·

Solank hy net my R 5 miljoen boedelbelasting teruggee wat ek laasjaar moes gaan leen om “familiegrond”te behou….

Siek en sat ·

Malema is besig om grooooot probleme te skep. Waarom kom hy weg met dit?

Gerhard ·

Mense kom met sulke goed weg oral waar lande ten gronde gaan. Kyk maar hoe gaan dit in baie ander Afrika-lande. Dit is maar net wat gebeur as wet en orde by die deur uit waai.

MK ·

En wat gaan jy doen as dit nie julle waardigheid herstel nie? ñ Mens se “self worth” hang nie van goeters af nie. As jy grond moet besit om waardig te voel, dan is jou kop nie reg nie. O, ja, ek sien met al jou uitlatings dis wat fout is

damon ·

eks bly hy kom darem op vir bruin mense. as hulle aansoek doen vir werk, word daar gereeld in terme van die sogenaamde “non-racial” ANC se regstellende aksie wette vir hulle gesê: “sorry but you are not black enough”. Ek hoop hy verander darem dit wanneer hy oorvat. hy sê mos die EFF is ‘n “government in waiting”.

T J ·

Geen grond kan jou beter oor jouself laat voel nie behalwe as jy dit met eerlike harde werk bekom het.

Ella ·

Sloet nou in watse taal wou jy he moes hul die aktes skryf? En swart mense kom ook maar oorspronklik nie v suider africa af nie, hoekom wil Julius hulle nou die suid punt v africa soo graag he? want dis “eerste wereld” land in africa, africa is mos groot gaan vat grond in lande soos zim en zambia of bot”swana” en malawi waar sy voor ouers tien teen een 3 of 400 jaar gelede van daan kom. Die kolonialiste is mos al weg daar…

David ·

Dit gaan jou laat waardig voel om grond te vat van mense wat ‘n leeftyd lank werk en daarvoor betaal?

Ai ·

Waardigheid is presies dit. Dis of jy waardes het, nie hoeveel en wat jy besit nie. Dit kan nie gekoop of gevat word nie. Jy het nie waardigheid nie en jy lewe die lewe van ‘n super ryk persoon en die geld kom van die armes af.

lvh ·

Die man moet gearresteer word vir opsweping. Hy maak hom skuldig aan opswepende uitsprake, wat daartoe lei dat veral die jeug onhanteerbaar word.

Cherokee ·

Met verwysing na die laaste paragraaf; Soweto kon nie eens nadat hulle groot genoeg was om as ‘n stad te reserveer, hul eie munisipaliteit handhaaf nie. Lees mooi wat sê hy oor Soweto… as daar ‘n debatteerder met flink genoeg brein was, kon hy daarop gewys gewees het dat Soweto altyd aan Mamma Jo’burg se rokspante vasgeklou het. Soweto kon nog nooit selfstandig wees nie.

Petrus ·

Die probleem is nie Malema nie, dit is die DA, en ander partye wat hom nie aanspreek en sy belaglikheid uitwys en uitbuit tot hulle voordeel nie. Met Jan van Riebeeck se koms na SA was daar gee swartmense vanaf Namibia tot by die Visrivier en ook niks in die sentrale dlee van SA nie. Die Xhosas het die Transkei ingeneem, en die Zulus het grond afgeneem. Alle swartmense kom uit sentraal Afrika en het dus geen aanspraak op grond in SA nie. Die geskiedenis in die wereld jare terud was om te beset en kolonialiseer. Nie net swart het gelei, ook biae wit. Die jong man kort ‘n klap op sy bek en politici wat hom as gek wil uitmaak.

Gerhard ·

Daar is partye wat dit doen, die DA is net nie een van hulle nie.

Sloet ·

Dat daar nog mense is wat die regse vals “geskiedenis” glo dat daar geen swartmense in SA was in 1650 nie!! Regtig…. Julle val ook seker maar maklik vir fake news soos die helfte van die Amerikaners. Julle sou seker ook vir Trump gestem het…..

DG ·

Sloet wat weet jy oor wie voor 1652 in Suid Afrika was? En se net bietjie of jy weet hoe dinge gewerk het in vroeer tye, het jy nie al gelees dat as n volk n ander land oorgeneem het dan is dit sy land gaan lees maar die ou testament. En o ja wat het jy teen mense wat vir Trump gestem het, is dit dan verkeerd om eers vir jou eie land uit te kyk voor jy ander lande help. Ns so sekere dele vd VSA moet aan die inheemse volke terug gegee word? Jy besit seker ook niks waarvoor jy gewerk het nie en sal dus nie omgee om alles net so vir iemand te gee wat ook nie vir dit wil werk nie.

Francois le Cockon ·

@Sloet. Die Khoisan het hulle sowat 2000 jaar gelede gevestig in die Wes Kaap. Voorheen was hul vir duisende jare gevestig in die noord-wes erea van SA. Swart stamme uit Afrika het hulle eers sowat sowat 1 000 jaar gelede gevestig oos van die Visrivier. Die Hollanders het wel Khoisan grond afgevat, maar so ook het die swart stamme dit alreeds gedoen voordat die Hollanders hier aangekom het.

Gerhard ·

“Fake news” kom natuurlik van twee kante af en die Lefties/Commies doen dit al so lank dat niemand eers dink dit is snaaks nie.

Johan Strydom ·

Omtrent al wat n media organisasie is het vir Clinton ondersteun en Trump gedimoniseer. Ek sou beslis vir hom bo daai skurk Clinton gestem het want ek wil nie n oorlog tussen die VSA en Rusland he nie. Ek will ook nie nog staats inmening in die ekonomie he nie. Daar was wel swart mense in SA voor 1652 maar hulle het tussen 33,56% en 41,2% van die totale grondgebied gewoon. Hulle het ook onder mekaar en die Khoisan oorlog gemaak oor grond en daar word beraam dan tussen 1 en 2 miljoen swartes het gedurende die Difaqane omgekom en vele meer was ontwortel. Die boek omstrede land handel oor die geskiedenis van grondbesit in SA tot en met 2011 lees dit gerus. Die hele linkse ideology is gebaseer op bedrog.

Veritas ·

Pietman, na my beskeie mening, is jy doodreg. Die EFF narre speel vir ‘n gehoor. Dit spoor hulle aan na meer en belagliker uitsprake. Hulle wil tog só graag in die soeklig wees en die enigste manier wat hulle dit kan regkry is met uittartende uitsprake en opswepery. Die dag gaan kom dat daar weer ‘n verregse party gaan opstaan om dié rassiste te wys dat ‘n mes twee kante toe kan sny. Hopelik sal die verregses ‘n leier van formaat kies en nie ‘n grootbek dronkgat nie. Iemand wat kán praat en die waarheid praat. Iemand met die oortuigingsvermoë van ET en met die nodige debatvoeringsaanleg. Êrens is daar reeds so’n persoon wat wag om gevra te word. Na my mening is dit wat SA politiek nodig het. Iemand wat aan die regterkant van die politieke spektrum staan. Iemand soos Elana Bailey.

Penellope Jones ·

Onteiening, en waardigheid lyk my is nou bygevoeg by die geykte en gebruikte woorde soos apartheid, “white monopoly capital”, “radical economical transformation”.
Wonder wat sal die volgende mode-woord/frase wees.

Andre Traut ·

Juliusie, niks sal jou waardigheid kan herstel nie. Niks nie

HP ·

Malema se minderwaardigheidskompleks en die suksesse van `n minderheidsgroep is die bron van sy haat. Beste is: Ignoreer hom (hy sal die gebrek aan aandag selfs nog meer haat) en gaan voort om dinamies en suksesvol te wees.

Adam ·

Sloet, jy moet my asseblief help. Jy is duidelik ‘n groot aanhanger van die demografie “teorie” en dit is duidelik dat jy glo grond (waarskynlik alles) moet proporsioneel verdeel word. Ek is 21 cm langer as my vrou? Dink jy nie ek behoort geregtig te wees op ‘n groter aandeel in die blok sjokolade of bak roomys nie? Kan jy my dalk ook inlig waar die Aktekantore was in die periode waarna jy verwys? Maimane verwys na nie-rasssigheid en dan verwys hy na wit,swart Indier en bruin- net so verwarrend, want indien jy nie-rassigheid voorstaan is dit onnodig om na ras te verwys. Is dit dalk by die liewe pastoor wat jy jou idees kry, of is dit by Malema wat van oordeel is dat jy maar ‘n hopelose mislukking mag wees solank jy net grond besit, sodat jy ‘n “waardige” mislukking kan wees? Jy kan gerus met die regering gesels en vir bang Cyril vra om so bietjie van die staatsgrond te verdeel en sommer ook in die proses titelaktes aan die begunstigdes te gee sodat hulle die genot van volle eienaarskap kan ervaar, instede van “staatshuurders” te wees. Jou gebruik van die woord “geregtigheid” val vreemd op: Ek nooi jou om my te wys op voorbeelde van die sg, “geregtigheid” wat jy waarneem. Die “geregtigheids”-Utopia wat jy ervaar, bly my nog ontwyk. Ek sien elke dag net groter ongeregtigheid, wetteloosheid, vraatsug, gewelddadigheid, naakte rassisme, opportunisme ens.

Han ·

Cherokee, jy slaan die spyker op die kop! Te treurig om self iets tot stand te bring en te onderhou, dié dat hulle ander se eiendom wil afvat – om dít ook af te breek en te verwoes.

Uuuhm ·

Toe Jan hier geland het, het hul nie eers geweet waar hul grense is nie, nog minder land gemeet of titel aktes deur hul chiefs uitgereik om die landmassa te meet nie. Hul self nie eers van grense geweet, wat nou te bekom????

hendrik ·

Jerry, duidelik n produk van Stalinbosch. Hul akademici het almal n verwronge ideologie want hulle word vanaf studentejare so mislei en het nie genoeg verstand om die waarheid te sien nie. Natuurlik nie almal nie want nie een van my drie kinders is so nie.

Johanna Botha ·

Sloet die Khosan was eerste hier as n nomadiese volk wat met hulle beeste gerek het vir die res het hulle van midde afrika afgekom na suider Afrika en van hulle ook met beeste …en nee ek sou beslis nie vir Trump gestem het nie !

Wonder ·

Sjoe Malematjie! Jy sê Soweto is met geweld gevat net soos wat jy sê die res van die land is die witmense deur geweld gevat. Wat is die verskil dan nou? Aan wie gaan jy Soweto teruggee?

Akademi Buktu ·

Ken duidelik nie die geskiedenis nie (dis nou die regte, sy gewaande nie). Ek bevraagteken sy twee Unisagrade ernstig. Vanweë eerstehandse kennis as voormalige dosent is my standpunt dat Unisa se standaard lankal nie meer is wat dit in die pre-negentigs was nie.

JM ·

Hoe kan hy se dit is toe die problem begin het, die problem het begin toe de klerk die land weg gegee het en mandela uit die tronk vry gelaat het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.