Malema ontvang glo doodsdreigemente

Julius Malema tydens ‘n perskonferensie.

Dwelmhandelaars en verskeie sluipmoordenaars is glo genader om Julius Malema, omstrede leier van die EFF, te vermoor.

Tebogo Mokwele, woordvoerder van die EFF, het gesê die EFF is in kennis gestel van “aanstootlike en bose” planne om Malema te vermoor. Die party neem dit hoegenaamd nie ligtelik op nie.

“Dié inligting oor die geheime planne kom van betroubare bronne wat aangedui het dat ʼn klein groepie mense van Noordwes, wat polities onseker en ‘stapelgek’ is, dwelmhandelaars en sluipmoordenaars van verskillende provinsies, veral die Wes-Kaap, genader het om Malema te vermoor,” het Mokwele gesê.

Die dreigemente van die groep spruit volgens Mokwele uit die feit dat die EFF op die punt is om die ANC in Noordwes en ander provinsies te verslaan in die opkomende algemene verkiesings.

“Dié dreigemente is werklik en moenie ligtelik opgeneem word nie omdat Noordwes een van die provinsies is wat bekend is vir raaiselagtige en onopgeloste politieke moorde,” het Mokwele gesê.

Hy het bygevoeg hierdie dreigemente maak deel uit van verskeie ander dreigemente van “regse magte” wat sosiale media, private selfoonnommers en vervalste e-posadresse inspan vir doodsdreigemente teen die leierskap van die EFF.

“Hierdie dreigemente word grootliks verbind met die EFF se onwrikbare en beslissende leiding in die stryd vir grondonteiening sonder vergoeding en die geveg teen rassisme.”

Die EFF het die minister van polisie in kennis gestel van die doodsdreigemente en verwag dat stappe gedoen sal word teen elke dreigement wat teen die leierskap van die EFF gemaak word, het Mokwele gesê.

Die party het volgens hom ook daaraan gewerk om interne veiligheid te verskerp omdat hulle “bewus is dat lafaards wat geen oortuigende alternatiewe politieke program teen die EFF het nie” hulle wend tot gedagtes van gewelddadige en dodelike onderdrukking van ʼn werklike politieke alternatief.

“Die ANC is bekend vir interne politieke moorde om hul eie lede en aktiviste te onderdruk en dit lyk of hulle nou die politieke moorde wil uitbrei na ander politieke partye.”

Mokwele meen die ANC moet beheer neem oor individuele lede en hulle onderrig dat geweld nie ʼn opsie is in ʼn demokratiese samelewing nie.

“Politiek moet altyd oor die aanbieding van beter logika, oplossings en alternatiewe handel, en nie oor wie hulpbronne het om sluipmoordenaars te huur om alternatiewe sienings en organisasies te onderdruk nie. Die regerende party moet ook hul lede voorberei dat daar binnekort ʼn tyd sal kom waarin hulle nie die regering is nie en daarom nie in beheer is van hulpbronne wat tot dusver ‘skouspelagtig misbruik’ is nie,” het Mokwele gesê.

“Demokrasie beteken dat gewone mense ook soms die kans gegun word om hul eie regering te kies sonder vrees van geweld of vergelding.”

Die EFF het die ANC en die regse magte gewaarsku dat om oor te gaan tot geweld afbreuk sal doen aan die vrede wat deur ʼn baie pynlike en moeilike oorgangstydperk Suid-Afrika te beurt geval het.

“Politiek in Suid-Afrika en oral in die wêreld moet nooit gedefinieer word deur gewelddadige en dodelike onderdrukking van alternatiewe sienings en perspektiewe nie. Daar is deesdae baie uitdagings in Suid-Afrika en die fokus moet wees op dié uitdagings.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Gatvol ·

Nou spring die polisie om hom te beskerm! Wat van sy publieke dreigemente, en ons beskerming?

Minx ·

Wat verwag hy? hy maak sommer dreigemente in die openbaar!!!!!!!!!!Arogansie!!!!!!!!!!!!

mc ·

Jaaaaaa ne, Julius, so word die bordjies verhang as mens skielik begin vrees vir jou vrou en jou kinders se lewens. Het geweet dis net ‘n kwessie van tyd. Die polisie sal natuurlik spring om julle te beskerm, terwyl hulle nie eers die boere kan beskerm nie. Nee wat “self inflicted wounds” sou ek se.

R N ·

Ek glo as Malema sy vryheid van spraak beperk is daar niks te vrees nie.

Al ·

Hy maak soveel vyande, nou gee hy die ANC en regse partye die skuld?! Regtig, wat wil hy daardeur bereik?
Dalk skrik hy net vir sy eie skaduwee en raak paranoïes.

Al ·

Die Noordwes premier Supra ‘Something’ kla nou ook van dreigemente teen hom en dat lafhartige ANC lede agter EFF skuil in Noordwes – News 24. Vreemd dat al2 persverklarings uitgereik word op dieselfde dag.

Jerry ·

Die EFF is maar net weer besig om n klip in die bos te gooi om voorbrand te maak vir iets wat hulle beplan sodat hulle die ANC en regses daarvoor kan blameer. Hulle plant n saadjie wat net kan groei met ontstoke reaksie van die na wie die EFF die vinger wys. Die beste strategie teen die EFF is om hulle uitlatings en idees blatantweg te ignoreer, behalwe wanneer dit die EFF self inkrimineer.

donald ·

Voor Jan van Riebeeck opgedaag het was dit so en sal dit weer so wees. Verslawing aan mag is net soos `n verslawing aan dwelms. Die EFF soek dit en die ANC wil dit nie op gee nie. Selfs in die ANC baklei die verskillende faksies vir daardie mag. Dit is `n kwessie van tyd voor die spanning oorslaan in aksie.

dries ·

Voor Jan van Riebeeck opgedaag het was hier geen swartes nie. Verslawing aan mag was elders in Afrika maar nie hier nie

Joshua ·

Is die EFF dan nie betrokke by plaasaanvalle en plaasmoorde nie?

Jaco ·

Die onteinening sonder vergoeding is n klip in die ANC se skoen siende dat dit ons ekonomie sal vernietig wat sal beteken dat min of geen belasting gelde ingevorder sou word en ook hul buitensporige salarisee sal uitwis agv daarvan…die enigste rede hoekom Cyril so onteiening skree is om stemme te behou, maar as die EFF nie meer daar is nie, is dit meer stemme wat dan terug gaan ANC toe en sal die onteiening debakel n stil dood sterf…

donald ·

Ek wil net vir die mense se dat die wat die EFF getalle onderskat `n groot vout maak. Hier in die gebied waar ek woon sien ek nie die DA of die ANC as dit nie `n paar maande voor `n verkiesing is nie. Die EFF is reeds besig om stemme te werf vir die volgende verkiesing. Ek sien hul voertuie en pamflette. Hulle is aan die werk lank voor die tyd. Die ANC smeek nie verniet vir Malema om terug te kom nie. Hul beskik oor intelegensie wat ons gewone ouens nie op grondvlak het nie

Glad nie intelligent nie ·

Beslis NIE intelligensie nie . hulle is SLU. Hulle kry hulle stemme deur radikale revolusionere uitsprake te maak . deur net NOG beloftes te maak (soos die ANC) wat hulle nie kan uitvoer nie, maar die ongeskoolde persoon GLO dit . hy gaan in ‘n luukse plaashuis op ‘n wildsplaas bly en R2 miljoen ‘n maand netto wins maak sonder om ‘n sent uit te gee . VERSTAAN JY DIT?? Watter ongeskoolde urk gaan dit nie glo nie? Ek sou ook vir die EFF gestem het as ek gedink het hy kon vir MY ‘n wildsplaas gee met verniet water en ligte en ‘n 4×4 en my kinders kan verniet skooltoe gaan en studeer … DINK TOG ‘n BIETJIE. Ek stem egter saam oor die getalle . hulle gaan die ANC (en ander wat hulle onderskat) ‘n groot skok gee.

Saril ·

Verbaas my nie hy gaan selle pad stap as sy hero Chris hani

Anoniem ·

Ja Malema, jy het ons ook gedreig met doodsdreigemente en ons neem dit ook ernstig op. Het jy vergeet dat jy vir Trollip gese het jy gaan hom doodmaak?

Edd ·

Los dit vir die eff om te praat van “Regse magte”. Regs beteken nie wit of ekstreem nie. Die spektrum gan beide kante toe en die eff is die naaste wat Suid-Afrika aan ‘n regse ekstrimistiese groep tot dusver gekom het. Irelevant van hulle links koministiese beleid.

Is dit nou REGS of ANC?? ·

VANDAG SE JOKE – MALEMA EN DIE EFF sê DIE ANC MOET ONTHOU HULLE kan nie alles met GEWELD regmaak nie ???? Nou dat sy lewe bedreig word en nie meer die WIT BOER s’n nie, nou skielik is hy TEEN geweld. Tog elke dag hits hy gweld TEEN wittes aan, TEEN boere, TEEN wit kinders, TEEN enige witmens, maar toe hy skielik die target is toe is VIOLENCE nie meer ‘n antwoord nie .. HOE VOEL DIT MALEMA?? HOE VOEL dit om ‘n prys op JOU kop te he soos wat jy op BOERE se koppe plaas????? VERDER verstaan ek nie, jy se dit het iets te doen met die feit dat die EFF die ANC gaan verslaan MAAR JY WAARSKU ALWEER REGSE MAGTE??? Stapelgek as jy my vra!

Piet Pompies ·

As jy ‘n vol blikkie Doom met ‘n skerp mes sny gaan jy nie ‘n wonderlike genesing ervaar nie, jy gaan doodgaan as gevolg van die inhoud. As jy revolisionêre uitsprake maak is jy nie ‘n super hero, jy gaan jou einde sien.

B-man ·

Tweede laaste paragraaf… afbreuk? Sekerlik, “afbreek”. ‘n Mens kry breuke in wiskunde en gebreke in spelling, byvoorbeeld.

Tania Heyns ·

Dagsê B-man

Dankie vir jou kommentaar. Volgens die sesde weergawe van die HAT is afbreuk die korrekte spelling.

Afbreuk s.nw [geen mv] skade; nadeel: aan iemand/iets afbreuk doen, afbreuk doen aan ‘n party. Al die die tatoeëermerke doen afbreuk aan haar skoonheid. Let op die spelling: NIE afbreek nie.

Ek hoop dit klaar die verwarring op.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Nogal ·

Julius Malema het al honderde kere gese dat hy sal sterf vir sy saak en dat hy net God vrees. Waaroor die bohaai? Net soos met alles is praat baie maklik …..

rollie ·

Die EFF veg teen rassisme? Ek het lanklaas so lekker gelag.

Heila Fourie ·

Malema moes iets uitdink om mene se aandag af te trek van al die moorde wat gepleeg word en gepleeg is en wat veral 8 aanvalle in 72 uur plaas gevind het.
so kom hy maar net weer weg met al sy aanhitsings oor grondgrype.
Heila Fourie

regtig ·

Kom die eff dit nou eers agter mense like hom nie en soek Malema se bloed?
Wakker word comrade Malema. As jy haatspraak gooi moet jy ontvang wat jou rusting toe kom en nie verwag mense gaan jou n roomys gee en vra hoe voel jy oor dit nie?

Siener van Melbourne ·

Juliaas, jy dreig al lankal die wit mense in Suid Afrika met die dood. Jy’t hoeka gese dis goed om n witman te “sny” want as jy n witman “sny” kry hy seer. Nou ja, as jy geweld aanhits moet jy dit maar aanvaar ook. Ek hoop van harte hulle “sny” jou nie want jy gaan agterkom dis seer vir almal, nie net vir wit mense nie.

Wagte ·

Hy doen dit net dat hy opgepas word en meer skade kan doen.

Willie ·

Ag asseblief ek is nie verbaas as dit n twak storie is, en hy soek weer aandag..

Cor ·

Ek is nie verbaas dat hy beweer dit is regse groepe oor grond onteining nie. Dit is al wat hy en die res baie goed kan doen die blame game speel.

marous ·

Ek is REGTIG baie VERSKRIKLIK jammer om te hoor die man wat so goeie voorbeeld stel deur sy verantwoordelike en onberispelike optredes en toesprake word so geteister!

Oom Kalahari ·

Ai tog Mnr Malema, April gekkedag is verby en nou wil jy weer die belangrike eentjie op nuusblaaie wees en seker dat die buiteland jou weer moet finansieer met spesiale beskermings magte. Moenie sulke verwarde drome met nagmerries verwar nie. Jy het Pres Mbeki, Eugene Terblanche, Zuma en vele ander tot ‘n val laat bring, waaroor bekommer jy as jy dan soos jy noem die ANC tot ‘n val gaan bring en die volgende diktator gaan wees soos Pres Mugabe was en ook tot ‘n val gekom het. Die land benodig “Leiers” en nie anargiste wat geweld aanhits en afbrand nie, maar mekaar die hand gee en ook mekaar se kulture en Geloof respekteer en op te bou in die toekoms. As jy begin krap waar dit nie jeuk nie gaan die leeu opstaan en homself begin verdedig. Stop maar jou sensasie soekery en konsentreer op oplossings van lands belange.

Mariana ·

Ek dink al die kastige dreigemente wat hy nou kwansuis kry is net stories wat hy self opmaak om in die nuus te bly.

Wanda ·

Ag siestog, hoe vreeslik. Dis net jammer ons kan nie ook met tax geld beskerm word nie. Ons is op onself aangewese.

PLP ·

Ag nee wat ou Malema droom seker, nou plaas hy maar weer net die aandag op homself. Almal het nou kommetaar oor die ou. Moet hom nie publisiteit gee nie. Hy het onlangs in PE n pakslae by die DA gekry, nou soek hy en sy span aandag op n ander manier. Hy se nogal die ANC is polities onseker en stapel gek. Wonder wat die ANC daaroor gaan se.

Jd ·

Shame is hy skielik nou bang. Asseblief vertel my nog n grap. Ek stem saam met vorige kommentaar dat dit fopnuus is

Dries ·

Ek kan nie verstaan die President soek lande wat kan bele in die land en EEF wil die grond vat. Nou hoe verstaan n mens dit?

Jandre ·

Slim vang sy baas. As dit waar was, dan was hy al dood. So iets in beplanning word nie gepubliseer nie. Dink n bietjie logies mense.

Katvis ·

Absoluut lagwekkend! Die onderwerpe waarteen in die artikel uitsprake gemaak word is dan juis dit wat die EFF propageer!

WitBlits ·

Die Ingelse praat nie verniet van “Live by the sword and DIE by the sword” en die boere praat van “Wat jy saai gaan jy MAAI”!!!!

Malempies – as jy wil uitdeel moet jy kan ontvang ook!!

Johanné ·

Hierdie is ‘n opgemaakte storie. Ai, gee die seuntjie ‘n klomp bottelproppies om op sy lapelle te sit dat hy ook soos Idi Amin kan belangrik lyk, want hy dink blykbaar dat, as jy sekuriteit het wat jou beskerm, lyk jy belangrik

jj ·

nee neee nie nou vrees nie baie onskildage mense is dood mense wat werk geskep het wat kos op ons tafels gesit het ens dis maklik om voor talle mense te staan kill the boer en al die wit mense ens nou hoe nou wat nou en die polisie kon nie da help nie hoekm nou jou help oor mense na al die strond nou n einde wil maak aan al die boose dadde een ding is verseker God is in beheer van als en gereg sal geskiet onthou dit net

Oom Kalahari ·

Mnr Malema, Commander in chief (CIC) is dan die persoon wat daarvan hou om sy eie beuel gedurig te blaas en op elke verhoog te grom dat hy vir niks en niemand bang is nie. Hoe dan nou?

Pierre ·

So maklik om dreigemente te maak… maar so bohaai as hulle ontvang word?
“One boer one bullet “of “One malema one bullet”??? wat is die verksil dan nou

Lana ·

Malema, dit wat jy uitdeel, SAL jy ontvang!! Jou uitsprake en die haat binne jou is jou ondergang.

Msp ·

Danksy hom is daar al duisende mense in Suid Afrika beroof en vermoor. Dis maar ok so. Laat die ligste dreigement sy pad langs kom dan skree hy “help” soos n baba…

Anoniem ·

Die Bybel se nie verniet dat die een wie ‘n gat vir iemand anders grawe gaan self daarin val.

Boet Fasie ·

Ag hy wil altyd so graag die nuus haal, gaan seker ook ‘n staats begrafnis kry, as iemand hom klits.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.