Malema oor witmense, dagga en Jacob Zuma

Julius Malema tydens die aanlyngesprek Foto: Economic Freedom Fighters, Facebook

Julius Malema tydens die aanlyngesprek Foto: Economic Freedom Fighters, Facebook

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters, het Dinsdag gesê hy haat nie witmense nie, en daar sal nie ʼn volksmoord plaasvind onder sy leierskap nie.

“Ek haat nie witmense nie. Ek wil hê ons moet in die land se rykdom deel wat in die hande van die minderheid lê,” het Malema in ʼn aanlyngesprek op die sosialemedia-netwerk Facebook gesê. “Daar sal nooit ʼn wit volksmoord onder ons heerskappy plaasvind nie.”

Hy het gesê Suid-Afrika moet gedeel word.

“Witmense is meer as welkom om ʼn rol te speel in die EFF. Suid-Afrika is ook vir hulle,” het hy bygevoeg.

Malema het vir ʼn uur lank reageer op vrae van die publiek voor die algemene verkiesing op 7 Mei. Daar was egter so baie vrae dat hy nie almal kon beantwoord nie.

Hy sê die EFF veg teen korrupsie. “Alle leiers wat skuldig bevind word aan korrupsie sal nie ʼn leiersposisie in die EFF kan beklee nie,” het hy gesê.

Malema staar self aanklagte van bedrog en korrupsie in die gesig wat verband hou met ʼn tenderkontrak van R52 miljoen wat aan On-point Engineering toegeken is. Die staat voer aan Malema het ruimskoots gebaat uit die tender, en die geld aangewend om ʼn plaas en ʼn Mercedes-Benz aan te koop. Die staat beweer dat Malema se Ratanang-familietrust ʼn indirekte aandeelhouer in On-Point is. Sy saak word na verwagting in September in die hooggeregshof in Polokwane aangehoor.

The Star het in Maart berig dat aanklagte teen vier van sy vermeende sakevennote van die hand gewys is. Malema het die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging ook versoek om die klagtes teen hom te laat vaar. Die NDOV moet nog sy beslissing aankondig.

Malema het Dinsdag ook gesê dat die EFF die moontlikheid, om dagga in Suid-Afrika te wettig, sal oorweeg indien hy aan bewind kom. “Ons is nie vyandiggesind teen só ʼn voorstel nie, ons sal dit ondersoek,” het hy op een van die vrae geantwoord.

Malema moes ook vrae beantwoord oor homoseksualiteit, e-tol en sy noue verhouding met Floyd Shivambu, voormalige leier van die ANC-jeugliga.

Malema het gesê die EFF sal e-tol skrap indien hy aan bewind kom.

Hy het ook gesê die party sal polisiebeamptes bemagtig en van voor af oplei om meer op kriminele eerder as betogings te fokus.

Die gebruiker Lutendo Ltido Lusunzi wou by Malema weet of burgers toegelaat sal word om teen president Jacob Zuma in opstand te kom omdat hy na bewering “ons land verkoop”. Malema het gesê ʼn vreedsame opstand sal toegelaat word.

Penelope Molebogeng wou by Malema weet waarom hy nie mense betaal wat by die EFF se kantoor werk nie. “Hierdie vegters is vrywilligers,” het hy geantwoord.

Op ʼn vraag van Jackson van Staden, wat met Nkandla sal gebeur indien die EFF aan bewind kom, het Malema gesê: “Dit sal in ʼn museum van korrupsie verander word.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Peter Says ·

So n paar jaar terug, was malema bereid om vir n sekere een te sterf, En Nou, nou verander hy sy deuntjie. 2…jakkals. Sou hy Aan bewind kom, gaan ons n gerookte regering he…eish, eish.

Theresa ·

Wonder in watter “comic”-boek hy dit gelees het…………??

Elize ·

Nee Malema,sekere wit mense sal nie val vir jou heuning om die mond storetjies nie.By my,is jy die selfde as Mugabi,en jy sal net so n Diktator word.Hou maar verby.Ek sien die 2de Zimbabwe,as jy hierdie land sal regeer.

stan ·

Eerstens, dt sal nie nou geskied nie, so my eerste stap is om aanstoot teen Suid Afrikaners reen te staan. EFF en SAKP met hul kentekens is n klap in ons gesogte. Kommunisme is vernietig soos apartheid, so hulle moet saamwerk en hul name herroep. Met
dit uit die weg kan ons verder gesels.

Tony Boucher ·

Jacob Zuma made a lot of promises years ago when he wanted to become precedent of this country, like bringing back the death penalty, better housing, water for everyone etc. That all was just lies. What make you think Julius have change. We need to pray to God to help us all. For the storm is not over it is only getting more aggressive day by day, and the lies and deceits more and more intensive.

Abrie ·

EFF praat nou erg teen die ANC en “verdeel” nou kamtig die ANC se kiesers omdat hulle redelik baie stemme blyk te gaan kry. Na die verkiesing klim ANC en EFF weer in dieselfde bed, want EFF beleid is eintlik die ware ANC beleid

Jaco ·

Ag man! Hy praat sy kop se twak man! Hy was dan die klein wetter wat gesing het kill the Boer en nou haat hy nie wit mense nie (DIS TWAK)! Hy moet nooit aan bewind kom in die land nie, ons moet passop vir sy sappige praatjies, hulle is die blikskottels wat ons almal nog uit suid afrika uit gaan jaag! Nee wat, kom ons stem eerder vir wat reg is en wat ons ken, nie vir n krimeneel nie!

Estienne ·

Dit is nou net weer verkiesings BS hierdie. Ek stem saam met jou Jaco. Malema sal hom net self vergryp aan die land se rykdom soos wat hy gedoen het toe hy nog by die ANCYL was.

Hans Onrust ·

kan iemand aangeven hoeveel doden er onder etnische minderheid van Boere moet vallen om als Volkenmoord te gezien in de ogen van daders en meelopers ?

Het destijdse Stalin bewind sprak ook niet van volkenmoord voor, tijdens en na de Holodomor.

Riana Kuhn ·

Die man verdien NERENS n spreekbeurt nie!!!
Hoekom gee julle hom enige publisiteit???
Hy sal soos hulle gemaak het met Piet
Retief……n boer laat doodmaak sonder om n oog te knip.
Hy is grootgemaak om ons te haat.
Moenie na-ief wees en n woord glo wat hy se nie.
As hy intussen Jesus Christus ontmoet het…….dan sal ek hom glo ja

Estienne ·

“Hierdie vegters is vrywilligers” – Want hy kan hulle NIE BETAAL NIE! en…
“Alle leiers wat skuldig bevind word aan korrupsie sal nie ʼn leiersposisie in die EFF kan beklee nie” – Beste grap ooit.

Jasper ·

As die mens nou al so yl, wil ek hom nie sien as hy die dag oud en kêns raak soos Rob Mugaab nie.

pop ·

Riana moenie my laat lag nie, vra enige een van hulle of hulle in voorvadergeeste glo, en hulle gaan se ja!!!! en se dan vir hulle maar jy kan nie in Jesus glo en aan voorvadergeeste nie, en die antw gaan wees -jy kan. Ek moes nou die dag hoor Jesus gaan jou nie doodmaak nie, maar die geeste gaan as jy nie luister nie. En male sonder tal moet ek hoor, hoe dik hulle vir die ANC is, maar die voorvaders was ANC en die oues wat hulle vry gemaak het is ANC so hulle mag nie vir iemand anders stem nie. I rest my case. Witmense moet begin praat met swart mense dan sal julle agterkom wat aangaan. Leer n swart taal goed te verstaan en praat, en jy sal verstom wees om te hoor wat gese word as hulle dink jy verstaan nie. EN BAIE BANG

Ettienne ·

Boom!!! Hahah ai as daar dan nie sulke leiers on die EFF mag wees nie wat soek hy dan daar? Decline… Aaaaaannnnnnndddddd ttthhhheeeennnnn!!! Hy sal nooit verander nie hy praat al die jonges om met leuns van apartheid jare

Marietjie ·

Malema jy kan vir ‘n oudisie gaan in die volgende Batman fliek as die JOKER. Het jy ‘n bietjie pappegaaiblaar gerook voor jy hierdie vrae beantwoord het? Whahahaha – ek moet sê die Nkandla opmerking oor die museum van korrupsie is baie snaaks.

Bushy ·

Wahahahahahah, Nkandla museum van korrupsie……! Waar in die wereld?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.