Malema op verkiesingspoor: belowe nuwe regering vir Noordwes

Die leier van die EFF, Julius Malema, gesels met ‘n vrou tydens die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes in Lethabong in Noordwes. (Foto: ANA)

EFF-leier Julius Malema voorspel Noordwes gaan ná die algemene verkiesing later vanjaar ʼn nuwe regering hê.

“As julle nie op 8 Mei ʼn nuwe regering hierheen bring nie, gaan die mense van Noordwes net hulself kan blameer. In Noordwes is die huidige regering heeltemal bederf,” het Malema by die provinsiale bekendstelling van die EFF se verkiesingsmanifes in Lethobong in Rustenburg gesê.

Die ANC kan nie regeringsleiers verskaf nie en het daarom “na ʼn ouetehuis gegaan en ʼn ou man” gekry om die premier van Noordwes te wees, het Malema gesê.

“ʼn Pensioentrekker lei julle, hulle het hom gaan haal terwyl hy besig was om sy pensioen te geniet. Ons neem hom terug aftreeoord toe. Ons soek jong mense met energie in Noordwes wat die myne die stryd kan aansê sodat hulle ons mense in diens kan neem.”

Die Bojanala-streek in Noordwes het baie platinum, maar mense is werkloos omdat platinum ondergronds uitgehaal, op vragmotors gelaai en na Europa geneem word, het Malema gesê.

“Hulle help ons nie om werk te kry nie. Hulle vat platinum, maar maak dit nie hier skoon nie. Hulle huur mense in China om dit te doen. Onder ʼn EFF-regering gaan platinum nie elders skoongemaak word nie, julle gaan dit hier doen.”

Malema het ook beloof dat maatskaplike toelae verdubbel gaan word en dat die regering gratis skoolklere en -skoene aan alle leerders gaan verskaf. Hy sê ʼn kliniek wat 24 uur per dag oop is, sal in elke wyk geopen word en die regering sal tweeslaapkamerhuise met toilette bou.

Hy het ook ʼn minimumloon van R4 500 per maand vir werkers beloof.

Die EFF-leier het gekap na diegene wat uitlanders aanval en sê die EFF het nie súlke mense se stemme nodig nie.

“As jy nie vir die EFF wil stem nie omdat ons sê jy moet Afrikane liefhê, kan jy jou stem hou. Ons soek nie die stemme van diegene wat hulself haat nie. Afrika is een. Sonder eenheid in Afrika gaan Europa, Amerika en deesdae ook China ons vir ewig uitbuit,” het Malema gesê.

Malema het gesê Afrika is ʼn vasteland, nie ʼn land nie. Boonop is landsgrense op Afrikane afgedwing. “Ons het nie die grense ingestel nie, die boere het dit op ons afgedwing.”

Daar was die afgelope ruk verskeie aanvalle op uitlanders in onder meer KwaZulu-Natal. Meer as 150 buitelanders moes verlede week uit ʼn informele nedersetting in Clare Estate in Durban vlug toe ʼn groep Suid-Afrikaanse mans hulle na bewering aangeval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Hennie ·

Malema het geld, inligting en strategie wat ons nie het nie… Ek voel so dom!

? leser ·

na die stemmery vir hom en niks realiseer nie, geen “sorry” nie , “eish i made a werry small mis take”, “i did not know”

Basjan ·

Klink na hemel op aarde. Miskien moet ons Namibiërs ook daar gaan plak.

Mariana ·

Ai die Malema se kaskenades en sages. Dit gaan my verstand te bows dat daar mense is wat hom glo. Foeitog mens moet hulle jammer key, weet seker ook nie van beter. Maar hy weet seker iets wat die res van ons nie weet nie. Beloftes wat gebreek gaan word wat hy nooit moes maak nie. Hy lewe ook maar in ‘n wêreld van sy eie.

John ·

Dwelms werk so. As jy eers begin, is daar nie perke aan die hoeveelheid wat jy verorber of sal betaal om dit te bekom nie. Malema pas dit ook in die politiek toe… verdoof… bedwelm…

gert ·

Sê net wat jul wil
Die nar se sêgoed werk vir hom
Al is dit hoe belaglik
Daar is n massa arm werkloses wat hom ondersteun in sy droomwereld
Behoede ons…

Elna Pinto ·

Glo my, hy sê presies wat die gewone, sukkelende kieser wil hoor. Hy is glad nie dom nie.

Ekke ·

Ek wil die voorspelling maak dat die EFF heel waarskynlik nog meer korrup as die ANC sal wees as hulle net die kans kry. Malema het mos een keer gesê dat hy weet hoe om die kapitalistiese stelsel te manipuleer….

Marinda ·

Hope you can put your money where your mouth is JM. Don’t make promises you can’t keep.

Hendrik ·

Miskien gee die meerderheid kiesers in NW die EFF kans in die verkiesing. Hoe sal ons weet wat regtig daar aangaag in die ander gemeenskappe? Wees maar voorbereid of verrassings van formaat hierdie verkiesing. Die ‘top-up’ van die minderhede is net van akademiese belang.

Mal-Emma ·

Die Boere het dit op hulle afgedwing.
Bwhahahahahaha…Die man is ‘n nar en die rooi die sirkus tent.

jan ·

daar is baie oningeligte werklose jong mense wat die lee beloftes glo anc en da gaan op hulle neuse kyk na die verkiesing in noordwes.malema weet hoe om sy kaarte te speel ,weet net waar gaan die geld van kom soos wat hy beloof…..mark my words

willem Botha ·

Ek lees nooit iets van die VF+ nie net Eff en DA doen die VF+dan niks voor die verkiesing nie.

Cindy ·

Willem, die VF+ doen reg deur die jaar meer as al die ander partye, hulle hoef nie voor die verkiesing skielik te spring om ‘n indruk te maak nie

Jack Sadie ·

Pasop vir Julius. Hy is hoogs intelligent en ‘n uiters bedrewe politikus. Moenie die EFF onderskat nie!

Leeu ·

As hul dan vreedsaam is, hoekom is daar hokke en so baie sekuriteit??

Santjie ·

Ek wonder net hoe gaan hy dit regkry om nogals 2 slaapkamerhuise vir almal te bou nadat daar van 1994 nog steeds mense is wat nie huise gekry het soos beloof nie. En HOE gaan die “regering” volgens hom vir almal gratis skoolklere gee?… O ja, skoolklere is dalk bietjie goedkoper as klasgelde..:)

Francois le Cochon ·

Ja, die ANC het mos in 1994 gese^, ‘n miljoen huise in 10 jaar. Of was dit nou 10 huise in ‘n miljoen jaar. Ek kan nie meer lekker onthou nie!

Hendrik ·

Onthou die wenner van verkiesing het ‘n mandaat en kan die geld gebruik soos goeddunk. Wys my of jou stem tot nou toe enige geldstroom kon stop. Die meerderheid stem sal besluit. Hier is geen sinister dinge aan die gang nie en dit is ‘n verkiesing. Die politici is ook nie hoogs intellegent nie maar is deel van die spel. Hulle gee wat die kiesers wil he. Hoe jy inpas in die prentjie is dat jy deelneem aan die verkiesing.

Theo ·

Die grootste fout wat jy kan maak, is om vir Malema te onderskat…. Dis wat hy wil hê.

Hendrik UAE ·

Ek het gewonder wanner kom die April grap uit.Huise bou ,werk gee, skool klere gee.Alles sonder geld?HEHEHE hoor ek.

Irene ·

Boere het grense gemaak ag tog ken nie gesk nie. Arme biere kry by die k alkes due skuld

Gert ·

Iemand kan blykbaar nie mooi somme doen nie. Daardie beloftes van welsynstoelae sal meer kos as die hele land se BBP.

Chaos ·

AG TOG, DIT NADAT HY in alle BUURLANDE takke van die EFF gaan oopmaak het .. hy kry hulle oor hierheen sodat al sy byeenkomste vreeslik groot lyk .. betaal hulle seker in ‘n themp en pet en ‘n stuk kfc .. sodat hy kan sterker en beter voorkom .. dis hoekom daar al hoe meer moeilikheid ook in buurlande begin gebeur (Namibia) want daar het EFF takke oopgemaak …

Francois le Cochon ·

Wat in Malema se guns tel, is dat oningeligtes maklik uitgebuit kan word.

Frikkie ·

Hulle het gister die hele N4 van Rusteburg tot in Pretoria vol plakkate op al die verkerrtekens gesit sekerlik onwettig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.