Malema paai wit boere

Julius Malema. Foto: EFF, Facebook

Julius Malema. Foto: EFF, Facebook

Suid-Afrika se wit boere moet ophou sensitief wees en deelneem aan kritiese debatte oor die transformasie van landbou en ander emosionele kwessies, het Julius Malema, leier van die EFF, tydens ʼn forum in die Wes-Kaap gesê.

Malema het tydens die forum, wat as “Gesprek” bekend staan, probeer om vrese oor “onteiening sonder vergoeding” te besweer. “Solank as wat dit ʼn produktiewe plaas is, hoef ons nie in te meng met die produksie op daardie stuk grond nie,” het Malema gesê.

“Wanneer daar ’n stuk grond is wat nie vir landboudoeleindes gebruik word nie, gaan ons ʼn probleem hê. Al wat ons sê, is dat grond gebruik moet word, dit moenie ledig lê nie.” Malema het boere gewaarsku dat hulle hul deel moet doen in die bemagtiging van swart mense. “Julle skuld dit aan die mense wat onderduk is … om hulle te mentor,” het hy gesê.

“As jy lief is vir die land, moet jy lief wees vir sy mense. Sê vir hulle jy bied jou diens aan. Ek gaan seker maak die grond is produktief en word gebruik om die kinders van die gemeenskap te voed.”

Malema het gesê die regering moet boere subsidieer ten einde te verseker dat goedkoop landbouinvoer nie boere se ondernemings negatief beïnvloed nie. Hy het gesê wit mans is verplig om hul diens aan te bied ten einde transformasie-insiatiewe ʼn hupstoot te gee. “Wit mans moet opstaan en sê hier is ons. Ons moet ingereken word in die rekonstruksie van die samelewing en om ’n samelewing te word vir almal van ons.”

Malema het gesê diegene wat nie wil bydra tot die transformasie van die landbousektor nie, kan hul goedjies pak en gaan. “Daar is nie ʼn wit man of vrou wat die see ingedryf gaan word nie. Voel vry om te gaan, maar jy gaan uitmis. Jy gaan ons mis. Ons gaan jou nie mis nie.”

Malema het ook ʼn beroep op boere gedoen om op te hou paniekerig raak elke keer dat hulle iets in die media hoor. “Hou op sensitief wees. Neem deel aan die robuuste debat. Ons sal nooit doodmaak omdat jy nie saam met ons stem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Hendrik ·

“Ons sal nooit doodmaak omdat jy nie saam met ons stem nie.” Rerig? Wat ‘n grap.

KOWIE ·

WAT n GRAP. VERTEL ONS NET WIE VERMOOR DIE [ WIT ]BOERE
EN DAN SE JY ONS MOET HULLE HELP, EK DINK NIE SO NIE .
WAT HET NOU GEWORD VAN DIE SLAGSPREEK !
ONE BULLET ONE FARMER ? ONS VERGEET NIE SO MAKLIK NIE.
JY PROBEER NET OM DIE BOERS SAG TE MAAK.

Fred ·

Hou op sensitief wees. Neem deel aan die robuuste debat. Ons sal nooit doodmaak omdat jy nie saam met ons stem nie.”- ‘n bloed dorstige hond vra nie vrae nie hy byt om dood te byt – so hoekom sal ons nie senuweeagtig wees nie, kyk hoe moor hulle onder mekaar oor hul wan begrip.

Peet Schabort ·

Maar ook Malema: “Hier is ek, ek is bereid om HARD te werk en GEWILLIG om opgelei te word. Ek sal ook myself soos ‘n opgevoede mens gedra en my weerhou van oproerige taal en bedrywighede”.
HOESIT Malema?

Knersus D ·

Man speaks with forked tongue. Paleface not trust man who speaks of peace and war the same time. –

Liefdeskind ·

Ja, die tyd vir debat is laaaankal verby. Boere dra julle wapens aan jou lyf. Jou en jou familie se lewe is kosbaar!

Knersus D ·

Wat ek wou se (Kommentaar goedgunstelik verwyder deur Malroella) is dat 3% van kommersieele landbougrond wat in blanke besit is, produseer 95% van ons land se kos. Indien die grond verminder gaan word, sal Juliasss moet leer om gras te eet.

Gert van der Merwe ·

Wie dink die gorrel g……t is hy om aan die boere voor te skryf wat hulle moet doen. As daar nog boere op die vergadering was waar hy so staan en nonsense gorrel sou ek kon glo, maar hy is te bang om voor die wit boere gehoor sy grap te vertel. Skynheilig. Hy betaal nie eers die belasing geld wat hy gesteel het nie. Hy en sy makker besteel sy eie politieke party se geld. Dis tyd dat die maat liewer in die tronk gaan sit en daar gorrel aan iets om sy koppie verder deurmekaar te kry.

Irah ·

Ons boere is sensitief omdat hulle rugbreek, bloed, sweet en trane in hulle werk insit. Jy soek alles op ‘n bordjie met ‘n silwer lepeltjie…. Gaan blaas doppies boeta want niemand stel belang in jou tweegesig stories nie.

Gina ·

Hul het reeds grond gekry in die land. Daar is niks gedoen nie. Hul het meer af gebreek in 20j as wat ons voor ouers op gebou het. Hul soek als verniet. gaan kyk hoeveel van hul kry SASSA en as die wit vrou Sassa vra word daar vir haar gesê gaan soek vir jou werk?? nee wat die land is in n toetale gemors. Dit gaan ons baie jare vat om weer op dreef te kom. Malema hoort agter trallies saam met sy trawante

chris ·

Wat word van die grond wat reeds aan die staat behoort?Hoeveel van die grond is onproduktief Malema?Kan ons nou aanneem dat jy iets hieraan gaan doen?Hoeveel van die lande in Afrika het die paadjie gestap?Zambie gaan die jaar weer mielies uitvoer hierheen.Hoe kry hulle dit reg nadat hulle so klompie jare tevore honger gely het?Ek was daar en die boere van SA en Zimbabwe boer nou daar,le hierin nie dalk een of ander antwoord in opgesluit nie pateet?
Dit verstom my bykans daagliks hoe hierdie mense redeneer.Die enigste antwoord wat ek kry is dat die gemiddelde landsburger regtig uiters onnosel is of saamstem , anders sou die man geen platvorm gehad het nie.Die grootste rede vir Afrika se oninhaalbare agterstand(in westerse terme) is sy mense.Hoe anders kan mens die bykans spieelbeeld agteruitgang van land na land verklaar soos hulle “bevry”is?
Ek se weer die Afrikaan en Europeer verskil so baie dat dit onversoenbaar is.Dit is nie die Afrikaan se reg om my te verafrikaniseer nie on nog minder my reg om hulle te verwester.Saamewerking ja versoening in een ”nasie” onmoontlik.
Ek verstaan ook nou skielik hoekom ons die reenboognasie genoem word.Dit is ‘n ding waarby jy nooit uitkom nie,jy hou maar net aan met stap,droom en wens todat jy besef vir elke tree wat jy gee beweeg hy ‘n tree verder aan!Dan, eers dan, sal sal al die mense in die land besef dat die NSA op ‘n leun gebou is.

Rynhardt ·

Malema se EFF is net n militante vleuel van die Anc wat gestig is om die massas op te sweep en moles te maak! In die parlement het Malema en sy EFF-bende dit duidelik gemaak hul ondersteun die Anc se vryheidsmanifes wat boere se plase wil onteien! Dan se arrogante Malema verder:”Julle skuld dit aan die mense wat onderdruk is”.Werklik? M.a w.,ons mense se grond word afgevat en ons moet hul nog leer ook.Gepraat van arrogansie! Hy se nuks van hoe blankes vir 21jaar lank onderdruk word deur sy Anc nie, nog minder van ons mense wat uitgemoor word! Dit is normaal in sy boek! Verder vergeet hy om te noem dat ons mense vir jare deurboor word met bekastings; sodat die massas huise kan kry, maar blankes in plakkerskampe by Johannesburg en Krugersdorp word geignoreer met mening! Makena het nog nooit daai plekke besoek nie, nog minder sy Anc en die liberale DA, praat ek nie eens van nie! Die taktiek om skuldgevoelens te skep by wittes, werk lankal nie meer nie! Ek is keelvol vir parasiete wat niks skep en bydra tot die land nie! Gaan beslis nie n traan stort as Julius “klein Hitler” Malema van die toneel verdwyn nie!

jacques ·

Something is wrong upstares met die ou.Hy verander sy lietjie aanmekaar dink hy moes eerder n nar geraak het hy sou nogal snaaks gewees het en meskien nog suksesfol ook.

jacques ·

Ek kan sien hy word voorgese wat om te se deur die illumicorp, want al die ryk boere met n klomp plase is deel van daai orgenesasie..Julle sal sien op die ou einde sit daai ouens met die plase wat afgevat gaan word.Ek weet dit klink ongelooflik om waar te kan wees,maar gaan google maar sel die illumicorp dan sal julle verstaan wat aangaan.

Corne ·

Yip, dis presies wat aangaan! Maar die illumi corp is net n naam wat opgemaak is, pasop om alles te glo wat jy daar hoor nie, baie leuens ook tussen in.

Dis eintlik Babylon wat die hoof orgenesasie is. Google bietjie “Two Babylons” al in 1853 geskryf.

Groete.

dave ·

Eers was dit “white people the honeymoon is over” is ons nou weer op honeymoon Julius?

Henry ·

Verstommend dat daar landbouers in die Wes Kaap is, wat die vent uitnooi om sy snert kwyt te raak.
Volgens ander berigte oor die byeenkoms, was die ou spulletjie heel beïndruk met die “vye” wat Malema aan hulle ogedis het.
tsk tsk tsk

Henry ·

Geagte Maroela
Wat is u probleem met die volgende kommentaar???:
Verstommend dat daar landbouers in die Wes Kaap is, wat die vent uitnooi om sy snert kwyt te raak.
Volgens ander berigte oor die byeenkoms, was die ou spulletjie heel beïndruk met die “vye” wat Malema aan hulle ogedis het.
tsk tsk tsk

Sune van Heerden ·

Dagsê Henry

Ons het nie jou kommentaar verwyder nie? Dit verskyn net so op die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Henry ·

Dankie vir die terugvoer.
Sal volgende keer nog langer wag voordat ek aan’t teem gaan.
Sterkte vir jou Knerrie.
:-)

Danie ·

So oorhandig ons die land aan hulle. Hulle bly net een voor ons. Hulle verdedig hul self deur ons die heeltyd aan te val. Hulle weet goed dat wanneer ons-ons dade met hulle sin vergelyk, hulle baie slegter daarvan sal af kom. Hulle verlede met menseregte skendings en rasisme laat ons soos vulletjies lyk. Ons is mos omgee mense sodra hulle asseblief vra dan buig ons, net vir die volgende een (sy kind wat oorvat) wat sê dit was nie hy wat asseblief gevra het nie, hy sê jy sal. Europa politiek werk nie in Afrika nie. Om dinge altyd soos Europa, diplomaties te wil doen lyk ons soos swakkelinge wat om versagtendeomstadighede smeek. Hulle het geen respek vir ons swakkelinge nie. Vir hulle beteken diplomaties, jy is nie erenstig nie en agressie beteken jy is ernstig. Ons het mos nou geleer, jy gee nooit oor nie, jy veg want minder van ons mense sal dood gaan in oorlog.

Sonnie ·

Shame what i dump boy, did he ever finised pre-school???, or did he just jumped all the grades up to Gr 12.

Martha ·

As ek die berig reg verstaan is dit Dingaan en Piet Retief wat hier in gesprek is. Ek dink ek leef in die verlede en herhaal die geskiedenis homself.

Sandra ·

asb. sune antwoord my ek wil graag weet hoekom is my kommentaar verwyder. die kommentaal was mos volgens die bepalings en voorwaardes.

Corne ·

Ek wil nie meer onder ANC regeering leef nie! Die kultuur van die meerderheid onsagtlik geweldadig en dis asof dit net erger raak.

Die tyd is nou vir Afrikaners om saam te staan en ons eie plek te kry, met ons eie regeering!

Jaco ·

Wie is die een wat nie te lank trug n lied gesing het wat iets van kill the boer kill the farmer??
Oe ja mos einst mallema? hy dink seker ons is stupid!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.