
Julius Malema. Foto: EFF, Facebook
Malema het tydens die forum, wat as “Gesprek” bekend staan, probeer om vrese oor “onteiening sonder vergoeding” te besweer. “Solank as wat dit ʼn produktiewe plaas is, hoef ons nie in te meng met die produksie op daardie stuk grond nie,” het Malema gesê.
“Wanneer daar ’n stuk grond is wat nie vir landboudoeleindes gebruik word nie, gaan ons ʼn probleem hê. Al wat ons sê, is dat grond gebruik moet word, dit moenie ledig lê nie.” Malema het boere gewaarsku dat hulle hul deel moet doen in die bemagtiging van swart mense. “Julle skuld dit aan die mense wat onderduk is … om hulle te mentor,” het hy gesê.
“As jy lief is vir die land, moet jy lief wees vir sy mense. Sê vir hulle jy bied jou diens aan. Ek gaan seker maak die grond is produktief en word gebruik om die kinders van die gemeenskap te voed.”
Malema het gesê die regering moet boere subsidieer ten einde te verseker dat goedkoop landbouinvoer nie boere se ondernemings negatief beïnvloed nie. Hy het gesê wit mans is verplig om hul diens aan te bied ten einde transformasie-insiatiewe ʼn hupstoot te gee. “Wit mans moet opstaan en sê hier is ons. Ons moet ingereken word in die rekonstruksie van die samelewing en om ’n samelewing te word vir almal van ons.”
Malema het gesê diegene wat nie wil bydra tot die transformasie van die landbousektor nie, kan hul goedjies pak en gaan. “Daar is nie ʼn wit man of vrou wat die see ingedryf gaan word nie. Voel vry om te gaan, maar jy gaan uitmis. Jy gaan ons mis. Ons gaan jou nie mis nie.”
Malema het ook ʼn beroep op boere gedoen om op te hou paniekerig raak elke keer dat hulle iets in die media hoor. “Hou op sensitief wees. Neem deel aan die robuuste debat. Ons sal nooit doodmaak omdat jy nie saam met ons stem nie.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
32 Kommentare
“Ons sal nooit doodmaak omdat jy nie saam met ons stem nie.” Rerig? Wat ‘n grap.
Klink my hy raak bietjie bang, maar wag sy dag sal kom …
WAT n GRAP. VERTEL ONS NET WIE VERMOOR DIE [ WIT ]BOERE
EN DAN SE JY ONS MOET HULLE HELP, EK DINK NIE SO NIE .
WAT HET NOU GEWORD VAN DIE SLAGSPREEK !
ONE BULLET ONE FARMER ? ONS VERGEET NIE SO MAKLIK NIE.
JY PROBEER NET OM DIE BOERS SAG TE MAAK.
Hou op sensitief wees. Neem deel aan die robuuste debat. Ons sal nooit doodmaak omdat jy nie saam met ons stem nie.”- ‘n bloed dorstige hond vra nie vrae nie hy byt om dood te byt – so hoekom sal ons nie senuweeagtig wees nie, kyk hoe moor hulle onder mekaar oor hul wan begrip.
Maar ook Malema: “Hier is ek, ek is bereid om HARD te werk en GEWILLIG om opgelei te word. Ek sal ook myself soos ‘n opgevoede mens gedra en my weerhou van oproerige taal en bedrywighede”.
HOESIT Malema?