Malema pleit onskuldig in vuurwapen-saak

julius-malema

Julius Malema. Foto: EFF/Twitter

Julius Malema en sy medebeskuldigde, Adriaan Snyman, het onskuldig gepleit op die vuurwapenverwante aanklagte waarop hulle sedert 2018 tereg staan.

Die saak teen Malema en Snyman het vandeesweek in die Oos-Londense streekhof hervat en vorder volgens Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, goed.

“Dit wil voorkom of die aanklaer deeglik is. Ons glo wel nie die saak sal vandeesweek al afgehandel wees nie. Dit lyk of dit Malema se regstrategie is om eenvoudig alles te ontken,” sê Roets.

Malema en Adriaan Snyman staan tereg op verskeie aanklagte wat verband hou met Malema se beweerde afvuur van ʼn vuurwapen by die EFF se vyfjaarfeesviering in Mdantsane in 2018.

AfriForum het destyds die klagtes ingedien nadat Snyman die vuurwapen glo vir Malema aangegee het voordat dit afgevuur is. Snyman is na bewering die eienaar van ʼn private veiligheidsmaatskappy wat tydens die voorval dienste aan die EFF gelewer het.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê vyf getuies het Dinsdag hul getuienis in die streekhof gelewer voordat hulle kruisondervra is.

Nog twee getuies sal na verwagting vandag (Woensdag) na die getuiebank geroep word.

EWN berig een van die getuies wat reeds geroep is, is die vrou wat na bewering die Maandag ná die voorval leë patroondoppies op die stadionterrein gevind het. Sy was deel van ’n skoonmaak- en instandhoudingspan.

Tyali kon by navraag geen besonderhede rakende die getuienis aan Maroela Media verskaf nie aangesien hy nie self die hofverrigtinge bywoon nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Misky ·

So die beeld materiaal lieg en die geweer het by homself afgegaan??

Pierre ·

Die beeld bewys hy hou iets vas wat soos n aanvalsgeweer lyk, die onus sal wees om te kan bewys dit was n werklike geweer en dat daar nie fop patrone afgevuur is nie of selfs n paintball replika was nie maar ek dink nie daar sal iets van kom nie.

Christine ·

Wel, die patroondoppies sal kan sê, maar nou sal Malema en Snyman seker sê dis nie hul geweer se doppies nie. Waar is daai geweer? Iemand van Snyman se wapenmaatdkappy moet nou praat. Van wanneer af verskaf ‘n wapen maatskappy speelgoed gewere?

Jan Maer ·

Ek sal seker nooit verstaan nie, wonder of hy ook heeltyd by sy vrou onskuldig pleit. dit werk nie eers daar nie. Hhahahahahaha

Chris dupreez ·

Ek hoop nou dat die vuurwapen en die doppies verbind kan word. n Wakker speurder sal al die man se vuurwapens nagegaan het. Dit gaan deurslag gewend wees. Ou Julias is nes ou Jakop, ontken alles.

Papsak ·

Sluit hom toe of julle bang vir hom hy het dit gedoenlaat hom op sy tone kyk maak van hom n voorbeeld wys vir Malemma hy kan nie maak wat hy wil nie by nie president nie sluit toe

Harley Davidson ·

Die onoselheid van hierdie man gaan my verstand te bowe, daar is video getuienis waar hy die wapen afvuur.

JohanR ·

Hy het geleer by Jacob Zuma, soe die onoselheid is aan gepass!

Swerwer ·

Hy gaan beweer dit is ‘n replika en dat dit ‘n speelgoed gewer was. Uitgeslape verby.

Christine ·

Snyman moet sy verraaier-metodes laat staan en na vore kom en sê wat die waarheid is. Die staat moet hom beskerm en ‘n nuwe heenkome gee.

Nie Verbaas ·

Tipiese aksie van n totale lafaard wat tot met beeldmateriaal onskuldige pleit. Wys jou wat integriteit vir die spul beteken.

Swerwer ·

hated, why trust you
Pinocchio oh pinocchio
Sit back watch it grow the nose
lie till overdose
Pinocchio oh pinocchio

Philip ·

Die voorvadergeeste het die armsalige siel se doen en late so beinvloed tesame met n onbeheersde bravade van grootdoenigheid superioriteit deur hom en die gewone lewende siel te kan onderskei.

Althes ·

Hoekom sal Malema ñ wit sekuriteitsmaatskappy huur om sy veiligheid te verseker? Nonsens hy en die Adriaan Snyman is hand om die blaas.
Hy lieg sover hy gaan. Sy arrogansie is verbysterend.

Christine ·

Sy ma het nooit vir hom geleer wat dit beteken om die waarheid te praat nie.

Vonkprop ·

Aikona, was nie ek nie, daardie is ‘n ou video. Ek was by Zuma vir tee.

Lillian ·

Hulle sal mos nou onskuldig pleit, die onus rus op die Staat om hul skuldig te bewys, so dit gaan ‘n lang uitgerekte saak wees waar die belastinggeld weer net gemors word.

Renier ·

Die howe os besig om n gevaarlike presidente te skep met die mal-emma sake en waarmee hy wegkom. Volgens sy vorige saak se uitspraak kan ek hom weer noem wat hy is,want dit is n geskiedkundige woord. Hof het dit mos so aanvaar…..o nee, ek is wit.

Erika ·

Arme Ekke Arme Ekke -Ek is die “Slagoffer”.. Ek is die “Slagoffer””?!

Pietertjie ·

Teflon. Niks plak vas nie. Behalwe aan die velcro-vingers.

Owlie ·

Ontkenning, uitrek van hofsake is die voorbeelde en geleerdheid wat hulle by hul leiers kry…Word hulle toe gesluit herhaal hulle wat Julie 2021 in Durban gebeur het

gatgogga ·

Wat opmerklik is, is hoe die drie hoofstroom TV nuusmedia, eNCA, SABCN en NEWZA, nie verslag doen oor die verloop van die saak nie. Gewoonlik gee hulle meer as gregverdigde aandag aan enigiets Malema – maar hierdie keer is hulle CIC natuurlik op die agtervoet, en boonop moet Afriforum geignoreer word, net soos plaasaanvalle/moorde geignoreer word.
Die genoemde drie TV media het aldrie vanoggend die hele oggend uitsluitlik gewy aan die hofuitspraak oor die Zulu-monarg twis – asof daar so ‘n wye belangstelling daarvoor is.
Dalk omdat ek alweer vergeet het om my TV-lisensie te betaal.

Dirk Mostert ·

Hy wil ook die geskrewe geskiedenis ontken en sy eie geskiedenis opmaak!

Pieter J ·

Ons weet mos almal hy is altyd onskuldig en almal, die howe ingesluit is vir hom bang. Hopelik word hy hierdie keer behoorlik vas gevat.

Jack ·

Die zuma strategie. Almal van hulle lieg wat lafaards werk altyd so.

Yvonne ·

So maak mens!!! Solank jy net alles ontken is jy onskuldig

Maritza ·

Natuurlik sal hy onskuldig pleit. Enige iemand iets anders verwag?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.