Malema: ‘Rig eerder wapens op burgemeester as studente’

Julius Malema gedurende die saamtrek by die Chatsworth-stadion buite Durban. (Foto: ANA)

Julius Malema, leier van die EFF, het Sondag tydens ʼn saamtrek by die Chatsworth-stadion buite Durban gesê die polisie moet eerder hul wapens op Zandile Gumede, die Durbanse burgemeester, rig as om op studente te skiet.

“Die volgende keer as jy na die Durbanse Universiteit vir Tegnologie (DUT) toe gaan en daar word aan jou gesê om te skiet, skiet asseblief in die lug. Moenie jou geweer op mense rig wat vir jou veg nie. Jy kan selfs jou geweer op die burgemeester van hierdie munisipaliteit [Gumede], die mees korrupte burgemeester in die geskiedenis van hierdie stad, rig,” het Malema gesê.

Malema het gister tydens die EFF se provinsiale saamtrek by dié stadion, sowat 15 km suidwes van die stad, gepraat. Hy was vyf uur laat vir dié saamtrek nadat hy vroeër die dag van ʼn saamtrek in die Noord-Kaap gevlieg het.

Hy het gesê veiligheidswagte en polisiebeamptes moet nie op studente skiet nie, aangesien dié studente hulle vir beter lone vir staatsamptenare en private veiligheidswagte beywer. Malema het aangevoer dat baie van die land se laagste inkomsteverdieners kinders het wat sukkel om vir universiteit te betaal.

Dít volg nadat die student Mlungisi Madonsela in Februarie vanjaar tydens ʼn gewelddadige betoging by DUT deur ʼn veiligheidswag doodgeskiet is.

“Julle kom skiet op onskuldige siele en maak asof hulle misdadigers is. Julle beskerm eintlik die misdadigers. As jy ernstig is daaroor om misdaad te bestry, sal Gumede nie deur die polisie [rond]gery word nie. Môre, wanneer Gumede uit haar huis kom [met haar lyfwagte] … doen die regte ding as wetstoepassingsbeamptes en neem haar na die naaste polisiestasie,” het Malema aan die polisie by die saamtrek gesê.

Die partyleier het Gumede as ʼn “krimineel” en korrup in sy toespraak bestempel. “Ek kan jou waarborg dat sy waarskynlik een van die burgemeesters gaan wees wat in hegtenis geneem word omdat hulle mekaar lewend opeet,” het Malema gesê terwyl die skare hom toejuig.

Malema het verwys na die onlangse inhegtenisneming van twee KwaZulu-Natalse burgemeesters. Dié burgemeesters is in hegtenis geneem in verband met die beweerde moord op fluitjieblasers wat korrupsie in ANC-beheerde munisipaliteite ontbloot het.

Ntuthuko Mahlaba, burgemeester van die munisipaliteit in Newcastle, is Vrydagmiddag in hegtenis geneem vir sy beweerde verbintenis met die moord op die plaaslike ANC Jeugligaleier, Wandile Ngubeni, in 2016.

Ook Mluleki Ndobe, burgemeester van die Harry Gwala-distriksmunisipaliteit, is verlede week saam met drie medebeskuldigdes in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by die komplot om Sindiso Magaqa, voormalige sekretaris-generaal van die ANC Jeugliga, in 2017 te vermoor. Ndobe staan tereg op aanklagte van moord en twee van poging tot moord.

“Die ANC het ʼn hond geword wat sy eie kinders opvreet,” het Malema gesê. “Hulle het my vriende vermoor. Sindiso Magaqa is vermoor omdat hy korrupsie bestry het. Hy het die lelike kop van korrupsie in uMzimkhulu blootgelê wat tot sy dood gelei het en hy moet weet dat ons nooit sal rus totdat diegene wat hom en al die onskuldige siele vermoor het, in die tronk is nie,” het Malema gesê.

Hy het ook gister se saamtrek gebruik om homself oor die wit en Indiër-gemeenskap in KwaZulu-Natal uit te laat.

“Ons mense sukkel hier. Hier is Chatsworth, ons weet dat ons ma’s huishulpe hier is. Ons pa’s is tuinwerkers; hulle word niks betaal nie deur hul mede-Suid-Afrikaners wat Indiërs is,” het hy gesê.

“Dié mense moet weet dat vir ons om eenheid onder swart mense te bou, moet die Indiërs aan hul mentaliteit werk dat hulle nader aan wit is. Hulle is nie nader aan wit nie, hulle is swart, hulle is almal slagoffers van apartheid – ons is almal deur apartheid uitgebuit.

“Betaal ons mense goeie salarisse, moenie hulle betaal met kos, kruideniersware en ou klere nie – ons wil hê ons mense moet behoorlik betaal word,” het Malema gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

jaco ·

Ek het gedink hy haat wit mense. Nou sê hy die swart burgermeester moet geskiet word…

Vra maar net ·

Is dit nie aanhitsing tot geweld en moord nie? Waar is die MRK nou?

Pikkie ·

Hy haat witmense EERSTE en dan tweede ALLE SWARTMENSE wat nie met hom saamstem nie … verstaan jy nou Jaco??

Andreas ·

Hy blaas die haat teen homself aan. Nou ja, en daar kan ek ook skryf jy haat dit teen jouself … what ever … everything goes …. Happy newYear!!!! 1 April is so een week vêr.

Lina Smit ·

Moenie vergeet nie hy haat Indiers ook.
Seker maar almal behalwe homself?

Anoniem ·

“Julle kom skiet op onskuldige siele en maak asof hulle misdadigers is…?

Dis omdat die “onskuldige siele” hulle soos misdadigers gedra en eiendom vernietig…

Ivana Viljoen ·

Malema jy is die grootste krimineel so moenie vingers na ander wys nie. Julle wil in n beskaafde land bly en voordele he maar gedra julle nie soos beskaafde mense nie. Word groot en hou op om ander vir jul onbevoegdheid te blameer

Johan ·

Malema is ‘n meester om die waarheid te verdraai soos dit hom pas. Hy vertel egter nie vir die studente om nie te vimtimiseer of om nie eiendom te beskadig en te vernietig nie. Sy doel is om die land onregeerbaar te maak….

Hendrik ·

Ek wens die pers wil ophou om publisiteit aan Malema te gee dit versterk hom erg en gaan magsbasis kry wat swaarkry voorspel vir minderheids groepe

emily ·

NAR WAT UIT SIRKUS ONTSNAP.
Hoeveel van ons mense word deur JULLE geskiet.

jakes ·

Ag ou Julius, jy is so vervelig. Ek kannie glo dat mense sy byeenkomste bywoon nie. Dis nie net die burgermeester in Durban wat korrup is nie, dis almal van julle. Wat dinge so belaglik maak is dat hierdie duisende massas mense totaal onkundig is oor hoekom n mens eintlik moet stem? Elke liegstorie wat uit die mond van die ANC en EFF kom word soos soetkoek opge eet en na elke verkiesing ontvang die kiesers niks van die kamtige beloftes wat gemaak is nie. Volgende verkiesing stem hulle maar weer vir die narre.

Andre ·

Hoe dom moet n mens wees om te wag vir n politikus wat vyf ure laat is ?

Tjommie ·

En so doen NIEMAND nog iets aan die STIRRER en AANHITSER TOT MOORDE NIE . niemand . almal is te SLAPRUG en die HRC vind niks fout met sy uitlatings nie . en die PRESIDENT is tjoepstil .. wil nou nie sy maatjie ontstel nie . in ‘n ander land sou hy vir TERRORISME en aanhitsing tot geweld OPGESLUIT gewees het …

? leser ·

ekt in ‘n koeldrank blikkie vervaardigings aanleg gewerk, miljoene blikkies teenmekaar maak minder geraas as malman ? ? ?

GM ·

Ou Juliusie het klaarblyklik geen benul wat kruideniersware kos nie, maar ek stem saam, betaal die werkers, los al die ‘freebies’, los al die ontbyt en middagete en oorskietkos huistoe, soos so baie vat.
Ek hoop hy besef dat mense wat sê nou maar R15000 ‘n maand verdien, nie hul huishulp R12000 ‘n maand sal kan betaal nie.
As mens dan nog al die ‘freebies’ van die belastingbetaler bytel, glo ek is baie huishulpe finansieël beter af as baie ander mense. Krag en munisipale kostes is vir meeste gesinne al klaar R2000 plus. Wat kos huurgeld nie al nie, of huispaaiemente, grondbelasting, ‘levies’. Ek soek ook ‘n huis verniet.

Dankie tog ons was nog altyd in staat om als self te doen, want ek het nie krag vir almal se ‘demands’ nie.

Andreas ·

Ek het idee as hy self gejaag word, sal hy bars om die 100 meter binne 1 minuut af te lê, maar as hy praat bars dit deur die klankgrens.

GM ·

André, ek lag nou te lekker vir jou kommentaar.
Daar was seker ‘freebies’ uitgedeel na die tyd.

? leser ·

mooi prentjie van hom en sy tjommas wat so hardloop
hier kom die wa, die “vuur” perde wa

Andreas ·

… hy het nie naam nie, sy naam moet hy nog kry … ta Lietjie draai, ta Lientjie swaai …..

Rina Kotze ·

Hoe lekker sing ek nou saam ….

Ek stem baie saam met ‘n hele paar kommentare: Hoekom nog soveel media aandag aan hom gee???

Daar is soveel ander en beter onderwerpe?

JohanL ·

Malema is self ‘n krimineel. En die swakste politieke leier wat hierdie land al gesien het. Smuts, Verwoerd, Malan, Vorster, gaan maar aan…….. hulle was almal beter leiers gewees.

willem Botha ·

Hoekom kry hierdie voorwerp so baie media dekking aan lesers wat ek glo nie omgee wat hy doen of sê nie,gee eerder die VF+ meer geleenthede om die mense op te voed oor stem,koalisieregering, jou regte ens

HPV ·

Stem saam Willem, Die voorwerp het maar 6% steun wat dit, gemeet aan die meerderhied kiesers, maar ‘n klein niksseggende partytjie maak. Opswepend, aanhitsend, afbrekend steier hulle planloos voort. Laat ons liewer meer van
VF+ lees.

Lina Smit ·

Moenie vergeet nie hy haat Indiers ook.
Seker maar almal behalwe homself?

jaco ·

as malema dan nou so besorg is oor indiers, sal hy dan regstellende aksie teen hulle stopsit wanneer hulle hulle houding verander en wanneer hy president word? want tans sukkel indiers en ook kleurlinge ook maar onder regstellende aksie wanneer hulle moet hoor: “sorry no job for you because you are not black enough”. ander verskonings wat gegee word is “ons personeelsamestelling moet die nasionale demografie weerspieël”. Daars TALLE voorbeelde. Solidariteit het selfs al kleurlinge en indiers gehelp in hofsake waar “nasionale demografie” hulle gekeer het om werk en/of bevordering te kry.

HPV ·

Stem saam Willem, Die voorwerp het maar 6% steun wat dit, gemeet aan die meerderhied kiesers, maar ‘n klein niksseggende partytjie maak. Opswepend, aanhitsend, afbrekend steier hulle planloos voort. Laat ons liewer meer van
VF+ lees.

Wonder maar net ·

Wanneer is Malema gebore voor of na 1994 – wonder net hoe hy dan ‘n slagoffer van apartheid was……………… ag siestog shame

Alida ·

Hy het n chip op die skouer oor sy velkleur en dit is ook seker die witmense se skuld. Daai ander nar van die BLF watookal se dan die witmense veroorsaak die siklone. Bou n nasie met sulke dom mense.

Michael ·

Almal in die ANC groot geword. Nou hoekom sal die ANC hulle aan tree. As die ANC ooit die verkiesing moet verloor dan sal jy sien hoe vinnig is daai klomp EFF lede weer ANC. Dit wys jou ook hulle voel vere vir die mense in die land hier gaan dit elkeen vir homself en die duiwel vir almal.

Koos de Meyer. ·

Ek wonder uit watter sirkus het die nar ontsnap, seker die tralies oop gebuig. Die hele spul is lagwekkend.

Irene ·

Malle as jy nie tevrede is met hul salary nie vra vir hulle om te bedank dan kry jy vir hulle werk met groot geld

humor ·

Yesterday, maar hierdie man se psige is onderstebo. Hoe sal sielkundiges dit regkry om dit te ontleed. Maar geen manier nie hysal so moet sterf

Foxi ·

Ai Malema, kan jy nou asb graad 1 klaarmaak en aanbeweeg asb. Jy klink soos n kraan wat nounet nie toegedraai kan word nie?? Nog n ding…….jy gaan n sweer oopmaak met jou aanmerkings oor Indiërs. Jou mense het n keuse vir wie hulle wil werk!

Juli ·

Laat Julius en sy chommas vir hulle werk gee. Hulle het banke vol geld en kan maklik R20 000 pm vir n huishulp betaal.

Anita ·

Vir Interesantheid vind uit welke land se burgers werk in Malema se huis,? en wat is die salaris? waarom stel hy ie sy eie mense aan nie,? maar spesifiek van ander lande…..vind uit dit is belangrik.!
Die Indiërs is van ‘n baie ou Kultuur , hardwerkend, en wil leef sonder klippe gooi en bande brand. Die blankes moet werk vir oorlewing en a.g.v. diskriminasie teenoor blankes, bruin , Indië persone dit word regstellende aksie genoem en daar oor is daar 400 wit plakkers kampe, en het bruin mense wie se kinders a.g.v. armoede hulle self oor gegee het aan dwelms. Dus Malema mag sê wat hy wil en word nie vervolg nie , dit is nodig………………………………
dat hy besef daar is ook ander kultuur groepe geregtig op eie mening.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.