Malema: ‘SA het ʼn revolusie op hande’

Julius Malema. Foto: ANA

Julius Malema. Foto: ANA

Suid-Afrika is ʼn mislukte staat wat afstuur op ʼn linkse revolusie, het Julius Malema Dinsdag gesê.

Die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het by ʼn vergadering met die Amerikaanse Kamer van Koophandel gesê die regering is nie in staat om direk dienste te lewer nie en daarom steun dit swaar op tenderverkryging wat korrupte politici ryk maak.

“Daar is geen staatskapasiteit in Suid-Afrika nie; ons is ʼn mislukte staat. Ons kontrakteer alles uit deur ʼn tenderstelsel, waaronder eenvoudige goed soos toiletpapier,” het Malema gesê.

“Kom ons kyk byvoorbeeld na slaggate. Dit vat nege maande om ʼn slaggat in hierdie land reg te maak. Hoekom? Want die regering laat eers daarvoor tender, bring besigheid in en dan glip ʼn politikus by die agterdeur in en kry ʼn stuk van die uitgekontrakteerde werk. Natuurlik is daar dinge wat ons moet uitbestee, maar daar is goed wat die regering self moet doen …”

Met verwysing na die ANC het Malema gesê die verlede het al bewys dat bevrydingsbewegings gekonfronteer word met ʼn nuwe politieke generasie wat op soek is na verandering. “Die geskiedenis het getoon dat ʼn bevrydingsbeweging wat meer as 30 jaar aan bewind is, gou irrelevant word. Die bevryders wat aan bewind kom, geniet die presidensiële paleise en al die voordele, weet niks van die ekonomie nie en vergeet van die arm massa,” het hy gesê.

“In daardie 30 jaar kom ʼn nuwe generasie na vore wat nie swig voor politieke retoriek nie. Nee, hulle het hul eie uitdagings, so hulle vorm ʼn politieke party en lig die bevryders uit hul magsposisie.”

Hy het gesê selfs al het die EFF nie bestaan nie, sou ʼn ander linkse party die lig gesien het.

Die land gaan ontplof deur ʼn revolusie van die mense, het Malema gesê. Hierdie patroon kan reeds in die land se universiteite waargeneem word deur die onlangse studentebetogings.

“Hierdie land sal eendag ontplof, want ons lewe ʼn leuen. Ons moet die hoofkwessie van eienaarskap regmaak, wat hoofsaaklik grond is. Die massa wat arm is, ly, terwyl die stelsel die elite en die politici bevoordeel. Die jaar 1976 [toe studente betoog het teen onderrig in Afrikaans] het so begin, met klomp voorvalle van betogings wat toe ontplof het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anne ·

Wonder wie het vanon land ‘n mislukte staat gemaak! Seker ook apartheid se skuld! hehe

Sue ·

Ag Malema, die ou storietjie van ñ dreigende revolusie kom al met jou saam toe jy nog by die ANC jeugliga was, ons wag darem nou al lank vir jou revolusie, lol

Bruno Stef ·

Malema dit is net soos jy dit se maar net een regstelling die meerderheid blankes het baie beter kwalifikasies as STD 6 houtwerk ons lees julle koppe so ons is voorbereid op jou aanslag.Wat die regering betref en hulle doen en late is jy honderd persent in die kol ek het self hulle” wheeling en dealing” gesien gebeur.

Ken ·

Ek’s nie bekommerd oor ou vetgat nie, maar wel wat sy uitsprake beteken vir die arm massas in ons land….. Met werkloosheid wat by die dag opgaan sowel as massas wat oor ons grense kom, sal sy “revolusie” praatjies groot steun kry… In Afrika trek die arm massas baie gou saam en veroorsaak amok…. Daar’s reeds ‘n kleinskaalse revolusie aan die gang as mens kyk na die misdaadstatistieke van SA. Kommerwekkend, maar hopelik sal die middelklas weer SA kan omdraai.

Winston ·

Malema is reg. Hier kom n ding aan na die “fan” toe. Die regering is n mislukte regering soos ingestem deur hom en sy “comrades” . Soos hulle Jan skuld gee vir alles, is daar n klomp stukke geskiedenis wat liefs vergeet word. Pasop Malema. Jy praat net die taal van jou kant af maar elke aksie het ook n reaksie. Steun die regering wat JULLE ingestem het. Dit werk mos vir JULLE?

Rynhardt ·

Die vryheidsmanifes spel stakings en betogings uit wat ekonomie moet vernietig?Het dit gebeur?Die blanke mag geen bestaansreg he in SA nie?Bestaan ditnie vir 21jaar nie?Misdaad word opsetlik buite beheer gemaak sodat dit die platform vir rewolusie kan skep.Die blankes ignoreer bogenoemde feite!Rugby is nou nommer 1!Op E-Tv is sopas bekend gemaak dat moorde buite beheer is.Is dit n verrassing?Weereens ignoreer ons mense alles.Die sogenaamde opposisie wat glo dat demokrasie hierdie land na n paradys gaan neem,is in vir n groot “verrassing”.Is dit nie die einste DA en Malema se EFF wat Vryheidsmanfes ondersteun teen blankes nie?Stem blankes ook nie vir hulle nie?Dan kry jy n groot deel van blanke bevolking wat glo dat “oom grondwet” hul gaan beskerm.Werklik? Is al ons blankes wakker terwyl Malema en kie. die antwoorde vir ons gee?Ek laat dit oor aan jou omself te besluit.

Martin ·

Wie is hy om te praat. Oppas ou seun die wiel is besig om te draai. Jy sit op die loopvlak, hy gaan jou plat trap.

TSHEPO ·

Jy kry mos daai kleine brakies [hontjies] wat kef kef om die groot brake dan begin die groot brake baklei dan gryp die kleine brakie sy been en hartloop weg .Dis Malema se style daai .EN as jy na 1990 gebore is ken jy nie apartheid nie jou pa en ma oupa en ouma sal jou vertel het daar van Malema wil die jeeg herinder aan swaar kry ,maar wie wil nou in die verlede leef nie eke nie . Die jong mense sal gou leer wat is reg en verkeerd . jy het mos nie verstand as jy jonk is . Malema hou daarvan om jong mense opgewonde te maak dis al wat hy doen vannaand klim jy in jou bed dan het jy nog steeds niks nie .En onthou jong mense raak ouer en kry verstant

Dave ·

en hulle kry verstant sê jy. Hoog tyd dat hulle begin verstantig raak!

Grassie ·

Malema is reg oor die korrupsie van die regering en die moontlikheid van ‘n revolusie. Ek glo hy sien homself as die leier van hierdie revolusie. Hy praat ook oor die eienaarskap van grond. Ek hoop nie hy dink vir een oomblik dat die Boerenasie sommer ondergeploeg kan word nie.

Dave ·

en wat dink jy Grassie, gaan die Boerenasie doen om nie sommer ondergeploeg te word nie?

Grassie ·

Dave – ek sien baie selde dat jy enige positiewe kommentaar lewer. Jy is meesal besig om andere wat kommentaar lewer te beledig.

Dave ·

Julle het nou werklik begin snert praat beginnende by Rynhardt. Hy het nou die koortjie ingespan van blankes wat spesifieke ‘feite ignoreer’ en Mike en Winston val saam met hom in en sing dieselfde deuntjie lekker saam. Vertel julle slimjanne nou aan die opgewonde gehoor watter feite geignoreer word en wat gedoen moet word. Selfs die linkse DA-stemmers het klaarblyklik minder geword en verskillende opsies word oorweeg maar die Boervolk probeer dinge regkry op ‘n demokratiese manier maar is afhanklik van ‘n swart regering. Nie een van julle koorsangers probeer eens naastenby ‘n oplossing voorstel en wàt die ‘rugby-aanhangers’ moet doen om die land te red nie. Probeer sin praat asseblief.

HEVW ·

Ek oordeel n revolusie is onafwendbaar. In berekening gebring dat die der miljoene nie instaat is tot veranwoordelike beredenering nie, en dat magsdeling nie in hul woordeskat bestaan nie. Dit is tog logies dat die huidige regering nie daartoe onstaat is om dit te voorkom nie. Dit is net n kwessie van tyd. Na wie se stem sal die huidige afrika – tradisie luister? Die gematigde of die revolusionere????

Ian Smit ·

As jy mooi luister praat hy die waarheid. Haal die emosie weg en luister wat die man se…….kyk om jou en lees koerant en kyk en luister nuus. Die land het reeds begin ontplof. Meer as 18000 moorde per jaar……….glo my., hier praat hy sin wat sin maak.

ChristovaniKaap ·

Gaan lees maar die geskiedenis van revolusies. Massas wat niks het en niks kan verloor nie en een charismatiese leier!

Jaycee ·

Malema is seker korrek: SA stuur op ‘n ramp af want daar is geen bewyse dat die huidige regering gewillig of bekwaam is om die land van sy selfvernietigende koers te verander nie. Maar hy noem geriefshalwe nie die rol wat hy en sy trawante [uit alle rassegroepe] gespeel het en steeds speel, om SA oor die afgrond te stuur nie. Die vraag wat baie by my opkom is wie of wat kan tog voordeel daaruit trek indien SA ‘n werklike mislukte staat word? En steeds ontbreek dit my aan ‘n antwoord.

Herman ·

Malema is heeltemal reg. Die kommuniste beplan al lankal ‘n rewolusie. Eers skree hulle wolf wolf om almal gewoond te maak , sodat ons ons waaksaamheid moet verslap. Huidige ekonomiese en politieke toestande raak uiters gunstig vir so ‘n stap. Hierdie is maar net die begin. Wat gaan gebeur met ‘n algehele ekonomiese insinking en ‘n faalende landbouproduksie. In die huisgenoot was daar onlangs ‘n artikel oor droogte en daarin word beweer dat kospryse tot 30% kan styg. “n Totale ineenstorting van werksgeleenthede agv dalende kommoditeitspryse is ons voorland. Die skrif aan die muur was al reeds in 2009 te sien op die gebied, maar min het hulle hieraan gestuur. Malema het reeds lank tereug al opmerkings gemaak oor ‘n Oktober rewolusie, soos die in 1917 toe kommunisme Rusland oorgevat het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.