Malema: ‘SA kan in anargie verval indien daar nie onteiening is nie’

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sê Suid-Afrika kan in anargie verval indien daar nie ʼn proses van vreedsame grondonteiening sonder vergoeding is nie.

“Ons stryd is om eienaarskap in Suid-Afrika te verander. Ons glo dat ʼn progressiewe, vreedsame onteiening van grond sonder vergoeding die krisis van grondeienaarskap in Suid-Afrika sal oplos,” het Malema by die Kaapse Persklub gesê.

“Ons mense sal nooit by die beloofde land aankom indien ons nie die vraag na grond oplos nie, want mense is niks sonder grond nie. Jou grond is jou identiteit. Daar is geen man wat waardigheid kan hê as hy nie eiendom het nie.”

Malema het gesê grond is van swart mense ontneem en dat dit een van die redes was hoekom die ANC tot stand gekom het, maar dat die party sy weg verloor het sedert hy 20 jaar gelede aan bewind gekom het. Hy sê die ANC se beleid van “gewillige-verkope, gewillige-koper” is ʼn mislukking.

Malema het ʼn duidelik waarskuwing gerig dat die armes wat nie grond besit nie, dit sal gryp. Malema het gesê daar moet nie vergoeding wees nie aangesien wit boere nie hul grond op ʼn eerbare wyse bekom het nie.

“Diegene wat die grond by ons gevat het, het nie daarvoor betaal nie, hulle het eintlik ʼn swart volksmoord gepleeg. En die swart mense wat oorleef het, is omskep van grondeienaars tot slawe, en ons moet die gesien word dat ons ʼn misdaad beloon nie.”

Malema het egter vinnig bygevoeg dat die EFF daartoe verbind is om oudpresident Nelson Mandela se visie van veelrassigheid te eer. “Ons wil die rykdom met wit mense deel. Julle veiligheid as mense met geld word verseker deur die bemagtiging van diegene sonder geld.”

Malema het ook vertel dat hy met opset sy seun in ʼn “wit skool” gesit het waar daar hoofsaaklik Afrikaans gepraat word aangesien “ek wil hê hy moet grootword saam met wit mense en weet dat hulle mense is en dat hy nie moet bang wees vir hulle nie”.

Malema het ook gesê dat hy besluit het om weer te boer nadat hy uit die ANC-jeugliga geskop is. Volgens Malema is hy egter genoop om terug te keer tot die politiek nadat 34 mynwerkers twee jaar terug in Marikana doodgeskiet is. “Ek het besluit om te gaan maar my gewete wou dit nie toelaat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
alet

Hier kom HKGK wat van witmense soos ons wat nie eers ons eie huis het ek soek ook grond om op te boer. Hy moet oppas hy gaan stil gemaak word

Bielie van die Bosveld

Vreedsaam sonder vergoeding, malema mag maar maan toe vlieg met ‘n enkelkaartjie. Ons leef in elkgeval in ‘n oorlog tans, met die wat blankes soos vliee afgemaai word.

leeann

Ek is seker malemma het nie n idee hoe n mens geskiedenis spel nie. As hy nie eers somme kan maak of houtwerk kan doen nie, hoe de he’ll sou hy geskiedenis kon leer??. Hy weet nie hoe om met geld te werk nie, dis hoekom hy sy plaas verloor het, en as hy nie eers houtwerk kon doen nie, hoe sou hy probeer boer het??? Dom soos grond. Hy smeek vir n oorlog in die land. Die boere wat op die plase sit het dit ten duurste aangekoop. Hulle het jare al bank skuld om alles te betaal. Wonder… Lees meer »

leeann

….

Chris

Dus moenie selfbeskikking vertraag nie…..