Malema: ‘SA kan in anargie verval indien daar nie onteiening is nie’

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema. Foto: Werner Beukes / SAPA

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sê Suid-Afrika kan in anargie verval indien daar nie ʼn proses van vreedsame grondonteiening sonder vergoeding is nie.

“Ons stryd is om eienaarskap in Suid-Afrika te verander. Ons glo dat ʼn progressiewe, vreedsame onteiening van grond sonder vergoeding die krisis van grondeienaarskap in Suid-Afrika sal oplos,” het Malema by die Kaapse Persklub gesê.

“Ons mense sal nooit by die beloofde land aankom indien ons nie die vraag na grond oplos nie, want mense is niks sonder grond nie. Jou grond is jou identiteit. Daar is geen man wat waardigheid kan hê as hy nie eiendom het nie.”

Malema het gesê grond is van swart mense ontneem en dat dit een van die redes was hoekom die ANC tot stand gekom het, maar dat die party sy weg verloor het sedert hy 20 jaar gelede aan bewind gekom het. Hy sê die ANC se beleid van “gewillige-verkope, gewillige-koper” is ʼn mislukking.

Malema het ʼn duidelik waarskuwing gerig dat die armes wat nie grond besit nie, dit sal gryp. Malema het gesê daar moet nie vergoeding wees nie aangesien wit boere nie hul grond op ʼn eerbare wyse bekom het nie.

“Diegene wat die grond by ons gevat het, het nie daarvoor betaal nie, hulle het eintlik ʼn swart volksmoord gepleeg. En die swart mense wat oorleef het, is omskep van grondeienaars tot slawe, en ons moet die gesien word dat ons ʼn misdaad beloon nie.”

Malema het egter vinnig bygevoeg dat die EFF daartoe verbind is om oudpresident Nelson Mandela se visie van veelrassigheid te eer. “Ons wil die rykdom met wit mense deel. Julle veiligheid as mense met geld word verseker deur die bemagtiging van diegene sonder geld.”

Malema het ook vertel dat hy met opset sy seun in ʼn “wit skool” gesit het waar daar hoofsaaklik Afrikaans gepraat word aangesien “ek wil hê hy moet grootword saam met wit mense en weet dat hulle mense is en dat hy nie moet bang wees vir hulle nie”.

Malema het ook gesê dat hy besluit het om weer te boer nadat hy uit die ANC-jeugliga geskop is. Volgens Malema is hy egter genoop om terug te keer tot die politiek nadat 34 mynwerkers twee jaar terug in Marikana doodgeskiet is. “Ek het besluit om te gaan maar my gewete wou dit nie toelaat nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

alet ·

Hier kom HKGK wat van witmense soos ons wat nie eers ons eie huis het ek soek ook grond om op te boer. Hy moet oppas hy gaan stil gemaak word

Bielie van die Bosveld ·

Vreedsaam sonder vergoeding, malema mag maar maan toe vlieg met ‘n enkelkaartjie. Ons leef in elkgeval in ‘n oorlog tans, met die wat blankes soos vliee afgemaai word.

leeann ·

Ek is seker malemma het nie n idee hoe n mens geskiedenis spel nie. As hy nie eers somme kan maak of houtwerk kan doen nie, hoe de he’ll sou hy geskiedenis kon leer??. Hy weet nie hoe om met geld te werk nie, dis hoekom hy sy plaas verloor het, en as hy nie eers houtwerk kon doen nie, hoe sou hy probeer boer het??? Dom soos grond. Hy smeek vir n oorlog in die land. Die boere wat op die plase sit het dit ten duurste aangekoop. Hulle het jare al bank skuld om alles te betaal. Wonder of hulle die skuld ook gaan share

leeann ·

En sy kind is in n blanke skool?? Wonder of hy skoolfonds betaal ?? En hy besef sy geleerdheid laat veel te wense oor, dit is hoekom die blankes sy kind moet leer. Hy haat die blankes, maar druk sy vet lyf oral tussen die blankes in, ( siener se boek : die 2 leiers wat om die hoek gaan kom…….

piesang ·

Julle val almal vir sy stories die vetg*t se breins sit in sy g*t

PURE BOER ·

Nou waar het hulle die grond gekry? Hy moet sy Geskiedenis gaan leer. Swart mense het Natal gehad en Heel Noord van SA. Hulle het ook af gekom vir groener gras, maar ons was eerste. Plus die wat die Zoeloes gehad het het wit boere gekoop. Laat die dinge maar gebeur, ek is hoeka lus om duiwels te verlos

White Nation ·

Malema is eenvoudig besig om die “vee” sielkundig te “psi-ops” in opdrag van sy Britse meesters. Die NWO wil ons voedselbronne beheer- en dus skep die plaasboere vir hulle ‘n bedreiging. Hierdie het NIKS met ” agtergeblewenes” of ” julle het ons grond gesteel” te doen nie- maar ‘n slu sameswering deur die Britte om beheer oor ons voedselbronne te verkry deur maatskappye soos Monsanto. Wakker word slapies. “Dit wat jy sien- is NIE wat jy sien nie- maar dit wat jy NIE sien nie- is wat jy sien.”-Annon.

2Roedolf1 ·

Hoekom kom die slapgat nie opskrif met n oorlogs verklaring nie .sodat die hele wereld kan sien wat se gemors hy is nie .En ook kan sien die witman kan ook nie tel nie maar weet vir feit ons skiet nie mis nie en val ook nie oumense aan nie en maak ook ook nie gebruik van n onverklaarde vlooioorlog tatiek nie

Leon ·

Hy sweep Mense op hy Soek die geld en land nie vir die Mense nie Maar alles vir Hom en Sy pelle
Hoe kom het hy nie belasting betaal nie korrupte :)!&?

Leon ·

Hy sweep Mense op hy Soek die geld en land nie vir die Mense nie Maar alles vir Hom en Sy pelle
Hoe kom het hy nie belasting betaal nie korrupte :)!&?

monique ·

Nou ja,malema waar begin n mens…op maroela nuus lees ek toe van n plaas in carolina,mpumalanga…wat ontein is. En met wat boer die nuwe boer daar op sy nuwe plaas nie met die aanplant van mielies,aartapels ens…..nie.neeeeee hy verdeel die grond in klein stukke op en verhuur dit aan die mense daarom….hoe gaan daai nuwe boer kos aan die land voorsien…gaan kyk maar al die plase war oorgevat is,of dit nog in werking is….boere word vermoor en gaan nie ophou tot al die boere van plase af is nie….boere verkoop jul grond nou anders kry jul niks,,en dan wil ek sien waar gaan als heen….ons witmense sal moet harder bid vir ons bestaan in suid-afrika….want ek sien geeeeen toekoms vir ons hier,,,,,

Monty peens ·

Al wat ek wil se is Here vergewe hom hy weet nie wat hy doen nie. Piet Retief is gevang deur dieselfde metode wat hy volg, en julle glo hom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.