Malema: ‘SA sal vervelig wees sonder wit mense’

Julius Malema, leier van die EFF. Foto: enca.com

Julius Malema, leier van die EFF, het Vrydag ná sy verskyning in die Bloemfonteinse landdroshof op aanklagte van die oortreding van die Wet op Oproerige Byeenkomste, aan sy ondersteuners buite die hof gesê Suid-Afrika “sal vervelig wees sonder wit mense”.

Malema se verhoor is hangende ʼn uitspraak oor die grondwetlikheid van die aanklagte teen hom tot 27 Julie uitgestel. Die EFF-leier se regspan betwis die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste en die EFF beskuldig die staat dat hy “wette uit die apartheidsera” gebruik om kritici stil te maak.

Talle ondersteuners, almal geklee in rooi T-hemde, het ter ondersteuning van die EFF-leier buite die hof saamgedrom waar Malema hulle toegespreek het.

Malema het in 2014, op ʼn EFF-verkiesingskonferensie in Bloemfontein, aan EFF-lede gesê hulle moet grond beset. Nadat Malema verlede jaar op hierdie aanklagte in die hof verskyn het, het hy weer eens aan sy ondersteuners buite die hof gesê hulle moet “enige mooi stuk grond wat [hulle] sien, vat”, omdat dit “deur volksmoord” by swart mense afgeneem is.

Malema het in Julie 2017 in ʼn afsonderlike saak in die Newcastle-landdroshof verskyn op aanklagte van aanhitsing tot geweld. Hy het in Junie 2016 vir sy ondersteuners gesê om grond te beset omdat dit aan swart mense behoort en wit mense nie eienaars van grond kan wees nie. Nadat hy in die Newcastle-landdroshof verskyn het en die saak uitgestel is, het Malema buite die hof aan sy ondersteuners gesê om “grond te beset, want hulle het nie vir julle grond gegee nie”.

Malema het ʼn sleutelrol gespeel dat die kwessie van grondonteiening sonder vergoeding na die politieke diskoers gebring is. Die EFF het in Februarie ʼn mosie van onteiening sonder vergoeding in die parlement voorgestel, en dit is deur die meerderheid goedgekeur. Die ANC het gesê onteiening sonder vergoeding moet op só ʼn manier plaasvind dat landbouvervaardiging en voedselsekuriteit verhoog en die ekonomie nie skade ly nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Andrea ·

Ja, sal vervelig wees! Wie gaan jy haat en vir alle probleme blameer? Jy en jou makkers gaan dan moet “man-up” en verantwoordelikheid aanvaar. Nee, dit gaan sleg wees vir julle, glad nie lekker nie.

Lag maar ·

Sal sien hoe hy lag en verveelt is met n honger maag as die boere almal weg is.

honourable member ·

Ons voel maar dieselfde oor jou. En so gaan die rassisme net aan en hierdie mense kom maar net niks oor nie.

Lollie ·

Malema, SA sou ń beter plek gewees het sonder jou!
Wit en swart KAN saam in dieselfde land woon sonder enige rassehaat maar ‘mense’ soos jy maak dit onmoontlik! Jy verhewe jou bo ander, veral wittes!
Die son skyn vir almal! Eintlik baklei wit en swart vir dieselfde dinge! Almal wil vrede ervaar en veilig voel, ń inkomste verdien en verkragters en moordenaars aan die pen laat ry! Jy en jou gevolg kan ook grond kry maar dit is nie jou probleem nie, JY WIL ALLES HÊ!!!! Jy saai haat en onmin! Niemand kan sê die grond het aan hulle behoort nie, nie wit of swart nie! Indien dit wel aan swart behoort het was dit jou oupagrootjie se geslag sn! Jy weet van niks want jy was toe nie eers daar nie! Jy sal in jou lewe nooit tevrede wees met ń ding nie! As net wittes jou probleem was maar jy het ń probleem oral daarom is daar altyd ontwrigting in die parlement ook! Jy soek net publisiteit! Indien jou publisiteit end kry is dit soos Simson watse hare afgesny is! Publisiteit gee jou krag!
Kry ń lewe!

Sue ·

Ons kan dieselfde se oor jou ou Juwelious, die hele media struktuur gaan nie n idee he wat om met hulself dan te doen nie.

Al ·

Hy het SARS geld geskuld omdat hy belasting ontduik het, toe is sy plaas opgeveil seker aan n wit boer.
Sy eie skuld dat hy sy plaas verloor het

Linda Gouws ·

Ek weet nie hoekom hy so baie media aandag moet kry nie. Hoe minder van hom gehoor word hoe beter.

JO ·

Die rooi overall moet nou verruil word vir die oranje een – daar by Kgosi Mampura – waar arme ou Oscar ook “reside”.

Hans ·

Teen watter datum gaan die Grondwethof uitspraak lewer oor die Wet op Oproerige Byeenkomste?

Boeremeisie ·

Ja Malema nou moet ek op 50 + my geliefde geboorteland verlaat, en van vooraf in die vreemde oor begin! Nietemin, is ek besonder dankbaar vir familie in die buiteland wat 22 jaar gelede reeds die weg gebaan het………

Wessel ·

Suis Afrika gaan maar eentonig wees sonder hom. Wie gaan dan die blankes se se lagspiere prikkel?

Alida ·

Ek weet nie hoekom word daar nog enigsins oor hierdie man geskryf nie en hoekom hy op TV verskyn nie. Ignoreer hom ASB. hy soek aandag en die media gee dit vir hom.

Jou beurt is jou beurt ! ·

Lollie ….jy stel dit 100% !! Kan nie aan beter woorde gedink het nie ! great.

Awie ·

Ek stem saam. Hy kry te veel publisiteit. Dis alles verkiesings praatjies. Die hele storie agter skielike onwettige grondbesetting is dat EFF soveel moontlik aandag wil trek weg van die ANC. ‘n Paar jaar terug was dit beeldestorm en alles wat witmense verteenwoordig in die geskiedenis. Nou wil hy en sy EFFers soveel in die nuus wees as wat hul moontlik kan, om soveel stemme te werf en die ANC as ‘n swak regering bloot te stel. Ramaphosa praat net en niks word gedoen aan onwettige grondbesetting. Ramaphosa, Zuma maar ewe swak leiers van ‘n vrot party.

David ·

Dit sal vervelig wees, ja, want ‘n groot gedeelte van die belastingbetalers is wit, en sonder belastingbetalers se geld gaan jy beslis nie pret hê nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.