“Mnr. Malema het ‘n voorwaardelike skikkingsooreenkoms met die SAID aangegaan,” het Nic Maritz, regsverteenwoordiger vir die SAID, aan die hof gesê. “Die partye het op ‘n verlenging ooreengekom.” Tumi Mokwena, Malema se regsverteenwoordiger, het dit bevestig.
Malema se voorlopige sekwestrasie is verleng en die saak is tot 25 Augustus uitgestel. ‘n Konsepbevel is aan regter Cynthia Pretorius oorhandig en geteken. Malema het nie die hofverrigtinge bygewoon nie.
Volgens hofdokumente skuld Malema R16 miljoen plus rente nadat hy tussen 2006 en 2010 nie sy belastingopgawes ingedien het nie. Die SAID het hom in 2010 gekontak oor sy versuim om die opgawes in te dien en het dit hom 18 maande geneem voordat hy die dokumente ingedien het.
Malema is in Februarie onder voorlopige sekwestrasie geplaas. ʼn Trust is in April op die been gebring om fondse in te samel om Malema se uitstaande belastingrekening te betaal. Dit is nog nie duidelik of dié trust genoeg geld ingesamel het om hom te help nie.
Indien Malema finaal gesekwestreer word sal hy nie verder as parlementslid kan dien nie.
Gaan hy die geld binne drie maande kan oorbetaal?
Frans, glo hy sal kan…16m druppel in die emmer vir die ou.
As dit `n druppel vir hom was hoekom het hy nie betaal en klaar gekry nie? Almal giggel vir ons….`n LP met `n trust fonds om sy belasting te betaal…