‘Malema sal agterkom hoeveel mense verwerp wel sy rassehaat’

Mmusi Maimane, leier van die DA.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Sondag gesê Julius Malema, leier van die EFF, begaan ʼn fout as hy dink baie ander mense deel sy rassistiese sienswyses. Hy het bygevoeg hy sal binnekort agterkom hoeveel mense verwerp wel sy “rassistiese haat”.

Maimane het in Port Elizabeth gesê toe die DA ʼn koalisie aangegaan het met kleiner partye om Nelson Mandelabaai (NMB) ná die plaaslike verkiesings te bestuur, is deur almal ooreengekom dat NMB nooit weer sou terugkeer na die wetteloosheid en diefstal van die ANC nie.

Maimane sê Malema wil nou NMB teruggee aan die korrupte ANC – nie weens korrupte regering of iets wat die regering verkeerd gedoen het nie, maar omdat “die burgemeester van PE ʼn wit man is”.

Malema het destyds gesê: “Ons gaan ʼn burgemeester van PE verwyder, ons gaan vir jou, wit man, ons gaan die keel afsny.”

Malema sal binnekort vasstel hoeveel mense verwerp sy dreigemente van geweld en sy beledigings, het Maimane gewaarsku. “Nóg burgemeester Trollip nóg die DA sal toestaan en kyk hoe die EFF hul rassistiese aanvalle van stapel stuur. Ons verwerp dit en ons sal saamstaan en veg.”

“Ons sal seëvier, want die meeste mense wil net vooruitkom in die lewe en geleenthede gebruik om vir hulself en hul gesinne ʼn beter lewe te skep. Hulle gee om oor eerlikheid en verantwoordbaarheid, nie rassisme en geweld nie. Die DA sal seëvier, want ons glo ons krag as land lê in ons diversiteit. Ons glo in die Grondwet – Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon.”

Maimane het gesê Malema se dreigemente oor NMB sal in sy gesig opblaas en die mense sal hom straf. “Die mense van NMB wil nie die ANC terughê hier nie. Die mense in dié stad, veral jonges wat sukkel om werk te kry, wil ʼn regering hê wat hulle help om ʼn voet in die deur te kry. Een manier waarop ons dit doen, is deur ons internskap vir jong werksoekers. Die week se tussenverkiesinguitslae in Wyk 1 is ʼn teken van die dinge wat kom; die DA groei, die ANC krimp en ons moenie eens die EFF noem nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

jaco ·

Dit bly vir my vreemd dat die DA die burgemeesterspos vir ‘n wit man gegee het. Hulle het dan vir regstellende aksie gestem. Selfs as dit gaan oor meriete en bekwaamheid, is dit steeds vreemd dat hulle die job vir ‘n wit man gegee het. Het hulle dan geen geskiktes uit hullr bruin en swart geledere gehad nie?

Duitser ·

Dit is die probleem Jaco nou en ook tydens die apartheidsjare stel die beste persoon aan wat die leierskap en vermoë het om te lei anders is jy gedoem voor jy begin .

Frikkedel ·

Hoekom word Malema nie uit die EFF geskop vir Rasisme nie? Hoekom moet hy nie ‘n R150 000 boete betaal nie? Ek dink dit is redelik rasisties om iemand te will doodmaak as gevolg van hul ras, of hoe? EK verstaan glad nie meer die wet wat rondom rasisme gaan nie.

Lukas van Zyl ·

Ja Mmusi en jy sal ook agterkom hoe baie mense nie meer vertroue in jou het nie. As wit boer met grond is my dae wat ek en my uitgebreide familie vir jou stem ook verby.

Pieter ·

Ek stem ook van nou af VF+ die DA sal nog baat deur n koalisie aan te gaan maar die mag sal meer eweredig versprei wees.

Ooms Koos ·

Solank jy onthou – elke party wat minder as 10000 stemme kry, GEEN seggenskap hoegenaamd het nie – nie eers proporsioneel nie. So as jou party minder as 10000 stemme kry vir jou wyk, is jou stem “tickets”.

Manie ·

Ek stem nie oor baie goed saam met die DA. Maar ek moet hulle gelyk gee hierdie man oorspeel sy hand met sy rassehaat

Ed ·

Malema se,”Kill the farmer, killl the boer, take his land” en niks word gedoen teen sy rassistiese aanhitsing tot moord. Nie. Wat sal met my gebeur as ek in n openbare vergadering mense aanhits en se “maak die swart mense dood en vat hul besittings.”Is die gereg dan eensydig en net vir sommige rasse bestem?

Selfbeskikking ·

Die plaaslike mense sal eers te laat agterkom wanneer daar nie meer geld is om sosiale ‘grants’ te betaal nie wanneer ons uitgedruk is soos wat in Zim gebeur het, maar dan is dit te laat. Ons moet NOU onderhandel vir selfbeskikking, terwyl ons nog kan. Dis regtig enigste opsie.

Jakkalsdraai ·

Selfbeskikking jy is ‘n man so na my hart. Hoekom kan mense dit nie insien nie, daar is geen ander opsie nie. Ons gaan nie oorleef in die groter Suid-Afrika nie. Wens daar was meer mense wat so sterk gevoel het oor Selfbeskikking.

Selfbeskikking ·

Glo my ons gaan groei, soos wat misdaad en haatspraak, werkloosheid en korrupsie toeneem, gaan almeer mense besef selfbeskikking is die enigste opsie. Die kantel gaan plaasvind wanneer hulle ons eiendom gaan begin vat, dan gaan selfbeskikkingsonderhandelinge onafwendbaar word.

Chris ·

Dankie Maimane. Jou positiewe kommentaar is opvallend en waardevol. Ons moet nie swig voor rassisme en korrupsie nie. Ons moet saamstaan, ook in die geloof, hoop en liefde.

piper ·

cyril r. wil malema terug he in die anc. dit beteken hy ondersteen sy rasistiese uitlatings. ons wittes in die land gaan sukkel. gister my en my vrou na gegaan op die kieserlys. ons het jare by die een plek gestem en ons name was op die kieserslys by die lokaal maar is aangese om by n ander lokaal te gaan want die wyke het verander. by die ander lokaal was ons name nie op die lys nie en vorms is ingevyl. verder was die straat waarin ek woon nie op hulle kaart nie. ek kon dus enige straat noem sonder bewys. so enige persoon van ander woonbuurte kan in enige woonbuurt stem. dit gee die anc en eff kiesers om in oorwegend blanke gebiede te kan stem al woon hulle nie daar nie. so kan die stempersentasies verwrongge en skeefgetrek wees. passop vir die 2019 verkiesing.

Stem saam ·

Het die laaste twee verkiesings ook by dieselfde plek gestem maas 15 strate laer in die dorp afgetrek en skielik moet ek in n ander distrik gaan stem? Was toe weer by my ou lokaal waar ek vorms ingevul het en daar is my id no weer onder die gewone distrik. So….wat nou……waar moet ek nou gaan stem? Die deurmekaar spul is vir my ook agterdogtig en wat jy uitspel maak sin. Wat is aan die gang IEC?

Vee ·

Dieselfde het gister met ons gebeur. . .
My man en ek wou gaan stem waar ons altyd stem en moes ook hoor die area is n nuwe wyke ingedeel en grenslyne is verskuif! Eers na die 3de skool was ons volgens hulle nou by die regte plek om te registreer om sodoende te kan stem. Altans ek dink hulle dink ons was op regte plek . . . want selfs hulle was nie seker nie!!! Ons vorms was 3 keer verkeerd ingevul wat beteken dis bedorwe vorms en hul ag dit blykbaar nie vernietig nie.
Geeneen van die beamtes by die punte kon ons reg help of het geweet in watter wyk of skool of plek ons moes stem nie. My man moes dit self uit werk en helaas is ons geregistreer . . . so ja 2019 se verkiesing word nou al beheer tot hul voordeel

Sê net ·

Bring dut onder die DA se aandag, al stem jy nie vir hulle nie. Sê net.

Casper Labuschagne ·

Maimane is heeltemal reg, die deursnee burger verwerp Malema se rassehaat. Maar hier is die vlieg in die salf – die gemiddelde EFF ondersteuner se ouderdom is tussen 13 jaar en 29 jaar. En ‘n blik na die Wikipediablad oor “Demographics of South Africa” sal bevestig dat nagenoeg 60% van SA se bevolking jonger as 30 is en met elke vierkiesing kom 5 miljoen meer stemgeregtiges by. Daarby is daar prakties gesproke geen verskil tussen die linkervleuel van die ANC en die EFF nie, en van hulle sê Maimane niks nie.

Willie ·

Jip ek stem Ramaposa vry na Malema… die paddas moet mos kook… Rassime is stek by die meerderheid….

Malherbe ·

Ek is so bly ek is teen die DA omdat hulle nie ‘n vinger verroer het en niks gese het teen plaasmoorde toe die geleentheid aan hulle gegun was in die parlement nie .
Hulle is onder dieselfde sambreel as die EFF.
Die wat nog vir hulle stem moet mooi gaan dink waarvoor hulle stem.
Ek is so bly ek het niks meer met die D A te doen nie. Hulle is huigelaars en teen vooruitgang – kyk maar na hulle standpunt oor kolonisasie.

T N ·

Mors gerus jou stem op niksseggende partye wat in die werklikheid geen verskil kan maak nie . Die Afrikaner het deur die jare nog altyd gekyk na lawwighede ipv werkbaarheid .

jakkalse ·

Ek kan nie teen my grein en waarvoor ek staan stem nie.
Ek kan nie vir iemand stem wat ‘n veer vir plaasmoorde stem nie.
Ek kan nie myself verraai deur om vir die D A te stem nie.
Ek is nie ‘n verraaier nie en sal nooit een kan wees nie.

Irene ·

Wit mense moet beter dink as wat hul skryf as almal weghardloop vanaf DA of te sleg is om te gaan stem us ons in groot gemors Hoe se hulle vir wie stem ons naar wil net kla ek is wit ek stem DA as wat ek nie gaan stem nie

Pop ·

TN, daar slaan jy die spyker op regte plek. Afrikaners sal stem vir n party wat nie eers 1% kan haal in verkiesing omdat iemand daar iets gese het waarvan hulle hou. En praat en preek sal nie help nie. So ek stem maar vir n party waar ek sien iets uitgerig word.

Anoniem ·

Malema en andere het veroorsaak dat hier meer haat onder mekaar is as in die apartheid jare en die haat gaan net groei en groei en niemand gaan dit kan keer. Praat so bietjie onder mekaar en sien en hoor wat aangaan. Mense is glad nie gediend met wat aangaan en ongelukkig is ek ook een van hulle. Ek weet nie of ek eens gaan stem of wil stem in 2019 want wat belowe word en wat gebeur is twee verskillende dinge.

jakkalse ·

Ek hoop die VF groei met rasse skrede – want ek gaan vir hulle stem – en dalk kry die DA ‘n verrassing .

Stem saam ·

Stem saam met jou…….om nie te stem is om jou land weg te gooi…….daar is by partye so’n lae persentasie omdat ons nie almal as wittes kan saam staan nie. As die meederheid nou n’ slag VF+ stem dan sal ons dalk heelwat meer setels in die parlement kry as byvoorbeeld die EFF wat absoluut net rassissme in hierdie land aanblaas en dalk meer aandag geskenk word aan plaasmoorde.

Gatvol ·

My liewe dierbare Afrikaner volkie….
Lucas…. en wie ookal soos hy dink….
Gaan ons soos in die verlede maak, en nóg kerke en nóg partye stig?
Wees nou vir eens en vir altyd slim asseblief:
Ek hou van die VF. Verstaan my mooi.
Ek sal so graag vir VF wil stem….maar dit sal een stem wees wat gemors is.
O, hel, ek wens die VF het ‘n kans gestaan!
Maar nou, moet ons mooi dink.
Die syfers…(getalle..), maak ons ‘dood’.
Ons moet eers werk om die ANC te onttroon.
Daar is net een party wat kans het, en dis die DA. Ons MOET iewers realisties begin dink, ter wille van ons kinders se toekoms.
Ons moet begin opvaar teen BEE… dit wurg ons !!
Ons moet die feit dat 3 miljoen witmense nie ‘n bedreiging is.. maar wel die 20 miljoen onwettige buurland ‘indringers….’
Daar is nie meer water, kos, riool beplanning vir die hordes nie.
Daar is groot dinge by die DA wat my pla, ja, maar hulle is 100% beter as wat ons nou het!!
En dan laaste… wat de duiwel kla julle oor ‘n wit man wat in PE aangestel is???
Miskien is hy die beste kandidaat gewees!!??
Ek sluit af… asseblief, stem DA.. kom ons staan saam… kom ons probeer ‘n verandering maak.
Asseblief….vir ons behoud!

jacoba ·

Ek stem ook saam gatvol ons koppe raak nou deurmekaar bly eers vd DA stem hulle was tog die 2de sterkste party die EFF was 3de mt vorige verskiesing.As van ons nou vir die VF gaan stem gaan die DA seats verloor in parlament.Dit gaan darem goed in Kaap met DA in bewind.Asb mense dink mooi hou vir eers die DA sterk anders sien ek die EFF kom 2de volg jaar met meer seats in parlement as die DA

Aasvoels ·

Ek het nou net op Netwerk 24 gelees dat die D A se sy koalisie met die EFF is besig om te verswak.
So dan het hulle ‘n koalisie en mense wil nog steeds vir die DA stem?
Daar is nie ‘n manier nie.

koalisie ·

Ons behoud is nie by die DA nie.
Hulle is in koalisie met die EFF.
Lees maar op daaroor.
Skrik wakker.

Anti DA ·

Sal defnitief nie DA stem nie want dan gaan my stem ook vir die EFF!
Daar is nie ‘n manier nie. Ek sal VF stem – sonder om ‘n oog te knip.

VF plus groei ·

VF het dit nou duidelik gemaak dat hulle vir ons opstaan, hulle het nog altyd maar doen dit nou baie sigbaar.

AgTwak ·

Kyk, ek like ook nie die DA nie maar hou op twak praat oor die DA is in koalisie met die EFF. Die EFF het dit BAIE DUIDELIK op ‘n perskonferensie (en daar’s tientalle websites wat dit aanhaal) bevestig hy sal SAAMWERK met die DA om die ANC uit te hou, maar hy sal NIE ‘n koalisie dokument onderteken wat hom bind aan een of ander iets nie (ook maar tipies in elk geval). So kry grip mense.

Oom Kalahari ·

Stem vir selfbeskiking en ondersteun VF+ wat dit sal beveg saam ander organisasies. JM soek nie die blanke nie en laat ons dan nou nie vir hom ‘n meulsteun wees en iewers op ons eie gaan potjie krap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.