Die bedrogverhoor van Julius Malema en sy medebeskuldigdes is Dinsdag in die Polokwane-hooggeregshof uitgestel.
Staatsaanklaer Andrew Laka het die hof versoek om die verhoor uit te stel omdat van die advokate nie beskikbaar was nie. Regter Ephraim Makgoba het gevolglik die saak tot 3 Augustus 2015 uitgestel.
Die geskorste voormalige leier van die ANC-jeugliga staar aanklagte van bedrog, korrupsie, geldwassery en swendelary in die gesig. Malema en sy medebeskuldigdes het hulself glo valslik voorgedoen aan die departement van paaie en vervoer in Limpopo wat daartoe gelei het dat ʼn tender van R52 miljoen aan Malema se projekbestuursmaatskappy, On-Point Engineering, toegeken is.
‘n Hele jaar uitgestel tot Aug. 2015! Haha! Wat ‘n grap! Wat ‘n klug! Tipies NSA!
van uitstel kom afstel :-(
Sluit die agitator so gou as moontlik toe. Buite die gevangenis rig hy net skade aan. Die korupte anc wat op groter skaal skade berokken, sal sekerlik ook nie teleurgesteld wees nie. R52,000,000.00 in sy sak. Is dit wat sy persepsie van ekonomiese vryheid is?
Ek is so bly vir jou oneral member malema jy is n ware staatmaker jy sal ons land reg kry viva EFF viva