Malema ‘sal nie vandag in hof wees’

EFF-leier Julius Malema. Foto: EFF

Julius Malema, leier van die EFF, sal glo nie vandag self in die Newcastle-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn nie waar die grondgrypsaak teen hom voortgesit word.

Vusi Khoza, voorsitter van die EFF in KwaZulu-Natal, het Sondag gesê Malema sal nie self in die hof wees nie, maar sy prokureurs sal wel daar wees om hom te verteenwoordig. Khoza het gesê hy verwag dat die saak bloot uitgestel sal word, aangesien Malema se regspan steeds besig is om die grondwetlikheid van die Wet op Oproerige Byeenkomste te betwis.

Malema word daarvan aangekla dat hy dié wet in 2014 in Bloemfontein en in 2016 in Newcastle oortree het. Hy word ook van betreding aangekla.

Op 26 Junie 2016 het die EFF-leier aan sy ondersteuners in Newcastle gesê om enige grond wat hulle wil hê te beset omdat dit aan swart mense behoort; wit mense kan nie eienaarskap van Suid-Afrikaanse grond hê nie, het hy gesê. Hy het twee jaar vantevore in Bloemfontein soortgelyke uitsprake gemaak.

Nadat hy aangekla is en in November 2016 in die Newcastle-landdroshof verskyn het, het Malema uit die hofgebou gestap en weer eens aan sy ondersteuners gesê om grond te beset. “As ek moet tronk toe gaan omdat ek vir julle sê om die grond te vat, dan is dit so. Ek is nie bang om tronk toe te gaan oor die grondkwessie nie, maar ek is bang vir die tronk as ek soontoe moet gaan oor korrupsie. Ek wil nie tronk toe gaan oor korrupsie nie, maar ek sal tronk toe gaan vir grond,” het hy aan sy ondersteuners gesê.

Nou voer Malema en sy regspan aan die Wet op Oproerige Byeenkomste is “apartheidswetgewing” en moet geskrap word, omdat dit gebruik word om vryheid van spraak te onderdruk – veral die vryheid van spraak van politici.

Maroela Media het verlede week berig die hooggeregshof in Pretoria het Malema se aansoek om die wet as ongrondwetlik te verklaar van die hand gewys. Die leier van die rooi barette weier egter om die saak daar te laat en sal nou die konstitusionele hof nader in ʼn poging om die wet ongrondwetlik te laat verklaar.

Hy sal in November weer in die hof verskyn in verband met die Bloemfontein-saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Grassie ·

Hy het mooi by Zuma geleer hoe om ‘n hofsaak te laat sloer totdat dit later in die vergetelheid verdwyn.

fred ·

en hulle het almal baie geld om te mors…weet ons al wie sy sponsors is?

Skroef ·

Dus is hy van voorneme om met voorbedagte rade die hof te minag. Dis alreeds strafbaar met tronkstraf en n lywige boete.

Johan ·

Dis sorgwekkend dat hulle reken dat hulle die grondwetlike reg het om met oproerigheid te betoog en onwettighede aan te vang soos infrastruktuur te vernietig, grond te beset, klippe te gooi en soms selfs moord. Dan probeer hulle skuil agter die kleur van hulle vel…. Hulle is rassistiese anargiste

HM ·

So jap jap jap hy nog steeds oor grond kwessie en sake sloer en sloer en sloer.

Johan ·

As ek reg onthou was hy in Limpopo betrokke by projekte wat nogal onder verdenking is… Miskien moet daar in hierdie saak ingegaan word…. Daar mag dalk groot korrupsie betrokke wees…. Dan kan hy dalk sy rooi oorpak vir ‘n groene ruil.

John ·

… dan dan moet hy sy over-all gaan was… onthou dis Maandag…

Rm ·

Hy is mos ook verhewe bo die reg, wonder as Aggrizzi ook besluit om nie by sy vlg hofverskyning op te daag, hoe lank sal dit vat voor hy toegesluit word, wet almal, dit sal net n paar ure vat, so malema het sommer klaar besluit saak sal uitgestel word, wonder maar net waar hy inligting kry, laat mens dink

marous ·

Alles wat wit mense hier kom doen en oprig het is van die bose . Dehalwe moet diegene wat so vuur blaas daaroor hul totaal distansieer daarvan . Dit sluit alles in , vanaf teer paaie tot selfone en sommer pruike en sokker balle ook . Hulle mag net gebruik wat hulle self tot stand gebring het . Punt

Oujongvrou ·

Fred ek het gehoor charlize Theron verskaf aan hom geld. En dit sal my glad nie verbaas nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.