Malema sê hy organiseer ‘dalk’ plaasmoorde

Julius Malema. Foto: EFF/Facebook

Julius Malema, leier van die EFF, het op Twitter gesê hy organiseer “dalk, dalk nie” plaasmoorde in reaksie op ʼn stelling van ʼn ander gebruiker.

Die ander gebruiker het vir Malema gesê: “Hulle sê jy organiseer plaasmoorde”, waarop hy geantwoord het “dalk, dalk nie”.

Dit kom nadat Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, tydens die bekendstelling van sy boek, Kill the Boer, weer verwys het na ʼn bandopname waarin ’n leier van die 28-tronkbende beweer dat Malema hulle in die tronk gaan sien het om oor plaasmoorde te praat.

Die bandopname waarin die bewerings oor Malema gemaak word, is reeds in Maart 2017 op die aktualiteitsprogram Carte Blanche uitgesaai. Die EFF het destyds gesê dat Malema nie tyd het om daarop kommentaar te lewer nie. Die kwessie is ook nie verder ondersoek nie.

Roets het ook vertel van sy eie ervaring toe ’n gevonnisde plaasmoordenaar aan hom vertel het dat hy ’n lid van die ANC se militêre vleuel, uMkhonto we Sizwe, is en dat die ANC aan hom opdrag gegee het om ’n boer te vermoor.

Malema se uitlating op Twitter. Foto: Skermskoot

“Hierdie bewerings moet in ’n ernstige lig beskou word en dit moet deeglik ondersoek word,” het Roets gesê.

In reaksie op Malema se jongste uitlating het Roets op Twitter gesê: “Jy is niks meer as ʼn tsotsi en ʼn boef nie. Mense word op plase gemartel terwyl jy grappies maak oor plaasmoorde op Twitter.”

Carte Blanche het intussen ook gereageer op ʼn fopnuusberig wat beweer dat dié ondersoekprogram Malema aan plaasmoorde verbind het. “Dit is nie akkuraat nie en word buite konteks gebruik. In verlede jaar se storie oor plaasmoorde het ons ʼn telefoongesprek uitgesaai wat aan ons gestuur is. Die gesprek was tussen ʼn ‘generaal’ van die 28-tronkbende en ʼn nasionale intelligensie- agent.

“Die ‘generaal’ het Malema geïmpliseer by sy beweerde optrede. Carte Blanche het Malema genader vir kommentaar voordat die program uitgesaai is, maar hy was nie beskikbaar vir ʼn onderhoud nie weens sy skedule. Ons het dit in die uitsending duidelik gemaak dat die bewering nie geverifieer is nie.”

Talle Twitter-gebruikers het Malema gekritiseer oor sy uitlatings en gesê hy sal nog sy dag in die hof kry, waarop hy geantwoord het: “Hou op om ons te irriteer en maak ʼn saak aanhangig”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Riana Venter ·

Hoe kan daar gese word dat die bewerings teen Malema nie waar is nie of ongegrond is en dan is daar herken dat die saak nog nie ondersoek is nie. Daar is al in 2017 begin met hierdie bewerings en lyk vir my niemand het nog regtig ondersoek ingestel nie. Is al hierdie plaasmoorde nie belangrik genoeg om te besef dat waar n rokie trek n vuurtjie is nie? Is dit so maklik vir hom om maar net weer weg te stap.? Ek dink daar is meer as genoeg rede om enige moontlike saak te ondersoek wat met plaasmoorde te doen het of enige moorde en misdaad

Mielie ·

Hy sal net so min sy dag in die hof kry as Jacob Zuma. Die regsbank is banger vir hom as enige iemand anders. Hy weet te veel

ivan ·

Malema moet Pa staan in die hof vir sy aanhitsing ivm die plaas moorde.Ek hoop die regter kyk deur sy leuns en die skade wat dit veroorsaak.

Antoinette ·

Malema is walglik. Besef hy nie swart boere en plaaswerkers word ook gruwelik aangerand of vermoor nie?

Petro Benade ·

As dit geval is dat blanke en swart boere vermoor word hoekom word net blanke boere se moord en nie swart boere se moord op die nuus genoem nie.

Antoinette ·

Toe die Australiese waarnemer hier was ‘n ruk gelede het hy ook onderhoude met swart plaasslagoffers gehou. Van hulle het nog die wonde getoon wat hulle tydens die aanvalle opgedoen het. Sal nie kan se waarom dit nie ook in nuusberigte gemeld word nie.

vonni ·

Malema weet jy nie dat die 10gebooie se jy mag nie moor nie?????!! Malema onthou wat jy saai sal jy maai. God slaap nooit.

Wondermaarnet ·

Brei asb uit oor die swart boere en plaaswerkers wat vermoor word? Ek kan nie onthou dat ek al gelees het of gehoor het van ‘n swart boer en sy vrou en kinders wat wreed vermoor is of eers verkrag en toe vermoor is nie. Waar was hierdie artikels publiseer en hoeveel van moorde het plaasgevind?

Sarie ·

Carte Blanche is ook maar polities korrek. Waarom doen hul nie moeite om dit op te volg met die bendeleier en Julius. Ander onderwerpe kan hul wel deeglik ondersoek.

Askies dat ek lewe. ·

Carte Blance doen niks goed nie. Dis maklik om iemand uit te vang net om nuuswaardig te wees en jou joppie te doen vir sensasie. Maar hulle blaf is 1000 keer erger as hulle byt.

Heinrich ·

Sal my glad nie verbaas as hy agter baie van hierdie aanvalle sit nie.

Ekke ·

As Julius Malema nie sy dag in die hof kry nie, sal hy dit GEWIS voor God kry. Voor Hom sal hy nie kan wegkom nie.

Hannelie ·

Dit verbaas my glad nie!!! Want van hom kan jy dit verwag?? Dalk moet hy tronk toe gaan, dalk nie?? Kom ons kyk of hier iets van gaan kom, soos Koos de Meyer sê. Julius dink hy is “ontouchable”.

Cherokee ·

Koos de Meyer sê nie malema dink so nie.
Koos de Meyer sê self malema is “on aan tasbaar”. Hy sê dit asof hyself so dink.

Anoniem ·

Net soos alle ander mense, sal Julius eendag voor die Regter se troon staan. Dis wanneer al hierdie dinge hom in totaliteit sal inhaal, en hy verantwoording sal moet doen. Dan sal hy nie wegkom met “witty” antwoorde nie.

Ek staan nie aardse ondersoeke, vervolging en straf teë nie. Maar ek troos my daaraan dat sou hy op aarde wegkom met sy bose dade, sal God hom wel straf daarvoor. En God se straf is ewig, daar is geen vroeë parool nie.

Maro ·

Stem saam, maar as goeie mense staan en toekyk hoe die slegte dinge oorneem, dra hulle in ñ mate ook skuld daaraan.

Anoniem ·

Dis waar, Maro. Jy is reg. Dis ons plig as kinders van God om boosheid op aarde teen te staan. Maar as daar ten spyte van ons beste pogings niks met Julius gebeur nie, raak ek nie moedeloos nie. Ek weet dan God sal dit later finaal uitsorteer.

Rynhardt ·

Ai,die afrikaners en Landbou unie moet wakker raak!Verlede jaar na die debat oor plaasmoorde in parlement het die EFF geskater van die lag!Malema se uitsprake oor hoe hy die afrikaners n les gaan leer, spreek alles boekdele!Verder word alles van buite aangehelp deur swart militante groepe!Afrikaners sukkel nog steeds om alles te lees.Voor die einde van 2018 gaan SA groot probleme he met grondonteiening.Beide Anc en EFF baklei vir mag,Afrikaners!!Zoeloes dreig Anc ook met geweld rakende onteiening!Nou het jul n goeie prentjie van wat voorle!Gemoedere loop hoog!

cool ·

Ja grood man malema wat straat kinders kry om sy werk te doen, hy moet self sy les vir ons kom probeer leer

Stadig oor die klippe ·

Rynhardt, Jy is heeltemal reg. Juliaas vry na die presidensiele pos. Voor die einde van die jaar sal hy terug wees by die ANC. Nou is die anc besig om hom te gebruik om hulle vuil werk te doen. Hy is so skuldig soos 10 aan die plaasmoord wat besig is om te gebeur. Carteblance is reg met dit wat hulle oor hom gese het. Net jammer hulle is te papbroekig om n saak teen hom oop te maak.

Joshua ·

Ons se dit al lankaal-jou plaas moordenaars word in die EFF beskerm deur jou.

ne ·

Jammer hy is so onbereikbaar! Hy is ‘n lafaard om ou/sieklike mense te laat vermoor!
Elke hond kry sy dag, maar ‘n brak kry ‘n naweek of sommer JAAAARRRREEEE

Maro ·

Julius Malema se hoofdoel is om ń burgeroorlog te begin. Hy wonder self seker hoekom dit sooo lank neem. So nou en dan lewer hy sinnelose kommentaar om almal weer vuurwarm te maak…tot volgende keer.

Trompie ·

Presies. Dit is ‘n hengse probleem maar ek dink nie mense besef regtig die gevolge daarvan nie, ongelukkig!

Anni ·

Ek sal dit GOED glo! Maar wat gaan met hom gebeur, wat so openlik rassisties en hatig teenoor blankes is? Absoluut niks!!! Dis mos 100% reg en absoluut niks daarmee verkeerd as dit swart op wit rassisme is nie, maar o wee, behoed jou as dit omgeruil is. Waar is ‘n weerligstraal uit die bloue Hemele as mens dit die dag nodig het?

Jerry ·

Dit is n fout om in n bekgeveg betrokke te raak met n populis soos Malema. Dit is nog n groter fout om hom te beskuldig van plaasmoorde wanneer daar nie bewyse is wat hom direk daarmee verbind nie. Die fout is dat jy jou gaan laat intrek by n geveg wat jou verkeerd gaan bewys en jou gaan verneder. Malema en sy uitsprake moet geignoreer word in die puplieke domein terwyl daar agter die skerms bewyse gesoek en gevind moet word.

Aggenee ·

God slaap nie hy gaan eendag verantwoording doen, hy het baie bloed aan sy hande.

ChrisE ·

Daar is geen ding wat meer irreterend is as ‘n stout kind of iemand wat aandag soek nie. Malema se dae is getel en dit is hoekom hy sulke stellings maak. Hy soek aandag. Die goorste emosie/gevoel is om ignoreer te word. Malema en sy benselede weet hulle moet sulke uitlatings maak. Eerstens kry hy reaksie en publisiteit. Die raksie wat hy kry swaai hy om teen die persone wat dit teen hom maak. Hy kan dan sê, “ja, kyk die wittes. Hulle sê dit of dat”. Die persone wat Malema van kant wil maak of uitsorteer, klim in jou kar en ry na die man toe en doen dit. Moenie op die kantlyn staan en kef en vir iemand wag om dit te doen nie. Mense moet ophou op hol raak oor beuselagtighede. Die Malemas en Ramapohosas van die wêreld is nie ons grootste vyande nie. Kyk wyer. Wie steun hulle geldelik? Wie plaas hul name in die koerante? Wie gee die mense gratis publisiteit?

Susan de Klerk ·

Malema is duidelik besig met uitlokking, aanlokking van die Afrikaners. Hy minag, beledig, spoeg op ons en wag dan vir reaksie vanuit ons geledere. Hoelank dink hy kan ons dit nog uithou?

Penellope Jones ·

Rakende die opskrif: Ja. ons is deeglik bewus daarvan.

andre louw ·

Omdat Malema deur magsug en haat gedryf word , gee hy nie ‘n duit om wat van die land sal gebeur nie ten spyte van die feit dat sy skep van verwagtinge by die massa hom een of ander tyd gaan inhaal wanneer realiteite inslaan. Ek het werklik gehoop dat ons tot ‘n oplossing sou kom vir die komplekse vraagstukke van die land maar die leierskap in alle fasette ontbreek net. My vraag is aan iemand wat werklik weet; is daar iewers in die grondwet voorsienning gemaak vir selfbeskikking en waarom het dit nog nie ‘n opsie geword nie

Waarom betaal ons nog belasting ·

Waarom betaal ons nog belasting aan ‘n regering wat ons vermoor?

Johan ·

Sal ons ASSEBLIEF nou ophou om naïrf te wees. Hierdie mense verstaan en gevruik nie sarkasme nie. As hy iets sê bedoel hy dit of hy wens dit was so.

JJ ·

Ek sal graag wil weet wat het geword van die saak teen hom dat hy SARS omtrent R16 miljoen skuld. En dis nou al jare terug!! As dit een van ons was, moes ons al lankal in die tronk gaan sit het. Hoekom kom hy daarmee weg.

JJ ·

Wat het geword van die feit dat hy SARS ten minste R16 miljoen skuld, en dit al vir jare lank. As dit een van ons was, was ons al lankal toegesluit. Hoekom kom hy weg daarmee.

Francois ·

Of hy nou direk daaragter sit of nie is irrelevant. Sy rasse-retoriek en haatspraak hits mense aan om geweldadig op te tree. G’n blanke sal waag dieselfde dinge in publiek kwytraak as hy. Jy sal vinniger vervolg word as 1,2,3….

Dat hy nog die vermetelheid het om te spot oor plaasmoorde is absoluut walglik. Sy haat en sensasiesoekery gaan nog sy ondergang beteken. Onskuldige mense is wreed om die lewe gebring juis oor sy aanhitsing.

Vervolg die vent!!!

gatvol ·

Kyk wie voorsien die EFF van geld, dan sal jy ook sien vanwaar die opdragte kom..

Presies ·

Dit is die kragtrige invloed wat ons kan he om misdaad in die land te stop.

Nikita ·

“SA would be boring without whites…no bloodshed over land, we want white people in SA. They are like our trees and mountains; like our nature”. Maar dan …..”We have not called for the killing of white people….at least for now” . En nou se hy, hy organiseer “dalk” plaasmoorde. Natuurlik sit Malema en sy rooimannetjies agter die plaasmoorde. Glo niks wat uit sy mond uitkom nie. Hy het twee aangesigte….hy’s vals! Hy sal die waarheid geweld aandoen met al sy leuens.

Piet ·

Julle vra nog, hoe kom Malema met dit weg? Dis maklik! Kyk net met hoeveel deernis rapporteer mense oor arme ou Zumie se seun wat oorlede is. Jou bybel leer jou mos duidelik wie jou vyande is. waarom is mense dan so vol simpatie as God sy oordeel kom vel? Almal vra dan dat God moet kom ingryp. Hou dan op kerm as hy dit wel doen!

Richard ·

Piet, jy het iets kragtigs daar beet, na Oom Angus se Bloemfontein veldtog is Zuma en baie van sy meelopers omver gewerp. Die oplossing staar ons in die gesig. As n nasie vra ons nou afsonderlik of gesamentlik sonder haat en sonder n rasistiese aanslag, dat die God van die heelal, wat hulle wat aan hom behoort Sy kinders noem, vir Malema met genade moet neutraliseer. As God hom red en hy bekeer hom dan juig ons saam met die engele. As hy God se genade en liefde minag dan vra ons dat God hom (met genade) sal neutraliseer volgens Sy wil. Ek daag die volk uit – doen dit met n rein maar leeue hart en met geloof en verwag die resultate met blye en biddende afwagting.

What a joke! ·

Ja ou Piet, Zuma moet gewis pa staan vir sy dade maar om jouself te verlekker aan iemand anders se smart spreek baie van haat wat ook as n sonde geag word!
Daar is in elk geval groter probleme as Zuma…bid eerder vir n antwoord oor die malema probleem …

Adam ·

Ignoreer die nar. Daar is geen rede hoekom hy soveel gratis publisiteit hoef te kry nie.

RM ·

Malema se^ presies wat sy ondersteuners will hoor, hulle jubel en gil die dak af as hy haatspraak teen mense lewer. Trump het gewen want hy het presies gese^ wat sy ondersteuners will hoor. Malema ken sy mense en bring hulle saam as slagoffers onder een sambreel. Hoekom sal hy sukkel om aanhangers te kry wat plaasmoorde namens sy agenda uitvoer? Die ANC/EFF pas geweld toe teen minderheids groepe en hulle stilte bewys dit. Die selfde geweld het hulle ‘n land gewen in 1994. Ek sien hom raak as die volgende Mugabe, wat hy nogal Pappa noem. In Zimbabwe het hulle ook die plase skoon gemaak van Boere vir die Staat (cronies). Ons is al lankal op ons eie, al besef min mense dit, maar ek glo die Here bedoel dit so want dit versterk ons geloof in Hom en in mekaar. Die Boere sal ‘n sukses van ‘n woestyn maak, wag maar en kyk.

SP ·

Hou asseblief op om vir hierdie man media-dekking te gee. Hoe kan hy julle (die media) rond lei? Ek dink hy is besig om met sy 6% party steunbasis sy gewig so rond te gooi soos ‘n party wat die amptelike opposie is. Vergeet hom en sy party, hy is ‘n warm windbol!

suanette ludick ·

Ons almal weet hy is tenminste 90% agter plaas moorde, indien hy dit nie reel nie, stook hy wel die mense op om dit te gaan doen.

Etienne ·

66 mesne het sy post ge like…. ons almal weet hulle geniet dit om te hoor nog n boer was vermoor.

Piet ·

Hi SP, ek dink jy weeg hom ligter as wat hy werklik is. Sy jong party het eintlik 8.25% gekry in 2016. Die druk wat hy op die ANC plaas het wetgewing i.v.m onteiening sonder vergoeding in ‘n nagmerie werklikheid omskep. Dit is ook druk deur die EFF wat sorg vir oordrewe, onregverdige optrede teen blankes wat hulself skuldig maak aan crimen injuria en dies meer. Sy invloed in ANC kringe is baie duidelik as mens b.v sien hoe Cyril self by hom vlerk sleep. Hul beleid is presies dieselfde, maar Malema doen in die openbaar die goed wat die ANC in die geheim doen, dit is iets wat respek afdwing. Wat my bekommer is baie blankes sy houding teenoor die leiers van hierdie haatgedrewe partye. Mens sou sweer om so laag te kruip dat jy eintlik seil soos ‘n slang is nou mode en dit alles terwyl die ganse land om ons ten gronde gaan.

Chris ·

Om te praat sal nie help nie het ons al planne wat ons gaan doen as die plaas probleme dorpe toe skuif nee daar word nie eers aan planne gedink nie ag toggie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.