
(Argieffoto: Michele Spatari/AFP)
“Wanneer ʼn volk sistematies geteiken word en daar gedurig moorde op die volk plaasvind, volg daar altyd ʼn bespreking oor die kwessie of dit volksmoord kan wees; dit behoort nie anders te wees wanneer dit by plaasmoorde in Suid-Afrika kom nie.”
Só het ʼn parlementslid van Vlaams Belang, Kristof Slagmulder, se parlementêre vraag aan die minister-president in die Vlaamse parlement, Jan Jambon, gelui.
“In die afgelope 30 jaar is meer as 3 000 boere deur swart Suid-Afrikaners vermoor, dikwels op ʼn gruwelike manier.
“Slagoffers word vasgebind en lewend verbrand, doodgesteek en met pikke doodgeslaan. Hulle word verneder, mishandel en verkrag. Mans, vroue en kinders – almal word geteiken. Elke dag is daar ʼn gemiddeld van tot vyf slagoffers en die misdade teen wit boere word dikwels met baie haat en aggressie gepleeg,” sê Slagmulder.
“Ek raak ook toenemend bekommerd oor die leier van die EFF, Julius Malema, wat volksmoord op wit boere openlik aanhits. Op 29 Julie het hy voor ʼn stampvol stadion ʼn oproep vir die moord op boere gedoen. ‘Shoot to kill’ en ‘Kill the Boer’ het hy gesing.
“Hoewel Malema ontken dat die ‘strydlied’ aanhitsing tot volksmoord en haatspraak is, is daar verskeie toesprake wat die teendeel bewys,” sê hy.
“Malema sê byvoorbeeld graag aan sy ondersteuners dat hulle nooit bang mag wees om dood te maak nie, ‘want dood is deel van die revolusie wat aanbreek’.
“Minister-president, die Afrikaners is ʼn boerevolk, hul taal is ʼn susterstaal van Nederlands en as Vlaminge kan ons nie wegkyk van hierdie aanhitsings tot volksmoorde nie.
“Ons moet waag om te erken dat rassisme teen wit mense in baie gevalle die grondslag is. Daar moet ook erken word dat Julius Malema en sy kommunistiese ondersteuners ʼn beroep doen op moord teen wit Afrikaners.”
Slagmulder het verskeie vrae aan die minister-president gerig.
“Hoe staan jy teenoor Malema se oproepe? Is dit volgens jou ʼn oproep tot volksmoord of nie?
“Sal jy die Suid-Afrikaanse regering weer hieroor toespreek en hulle aanspoor om in te gryp?
“Erken jy dat plaasmoorde plaasvind? Erken jy dat dit volksmoord is?”
Jambon het op die vrae gereageer deur te sê dat hy geen rede het om aan te neem dat die lied die goedkeuring van die Suid-Afrikaanse regering wegdra nie.
“Ek dink nie ek kan vanaf hierdie verre afstand bepaal of Malema se uitsprake juridies as ʼn oproep tot volksmoord kwalifiseer nie. Ek wil dit egter baie duidelik stel dat ons elke oproep tot geweld sonder voorbehoud veroordeel, dus ook die bogenoemde.
“Hoe staan ek teenoor plaasmoorde? Misdaad in Suid-Afrika is baie hoog, die land het van die hoogste misdaadsyfers ter wêreld. Volgens die jongste misdaadstatistieke word daar elke dag byna 70 mense in die land vermoor.”
Hy sê ʼn verslag van 2022 toon dat altesaam 333 plaasaanvalle in daardie jaar plaasgevind het, waarvan 50 moorde was.
“Dit is nie net wit boere wat slagoffers hiervan is nie, plaaswerkers word ook aangeval en vermoor. In die algemeen is die meeste slagoffers van geweld in Suid-Afrika onder arm swart mense in landelike gebiede,” sê Jambon.
Hy sê dat hy reeds verlede jaar plaasmoorde met die Suid-Afrikaanse ambassadeur bespreek het.
“Ek het dit boonop ook tydens my besoek aan die land met die Suid-Afrikaanse minister van buitelandse sake en minister [Alan] Winde, hoof van die regering van die Wes-Kaap-provinsie, bespreek.
“Winde het ʼn aantal interessante inisiatiewe aangehaal wat hy onderneem het om geweld in stedelike en landelike kontekste in sy provinsie aan te pak. Die Wes-Kaap moedig die nasionale regering byvoorbeeld aan om meer polisiemagte te desentraliseer sodat die provinsies self oor prioriteite kan besluit.”
Jambon sê verder dat Suid-Afrika ʼn “funksionerende regstaat is wat self oor kwessies soos haatspraak moet beslis en dat “die probleem met plaasmoorde nie die verhouding tussen die Vlaamse staat en Suid-Afrika sal beïnvloed nie”.
Slagmulder sê hy vind dit egter problematies dat daar sistematies en voortdurend gevra word vir die moord op wit boere.
“Ek glo nie dat ʼn liedjie soos ‘Kill the Boer’ bloot ʼn strydlied is nie. Dit word in baie gevalle al vir jare letterlik opgeneem. Mense probeer plaasmoorde uitbeeld asof dit net ʼn doodgewone misdaad is, maar baie wit boere in Suid-Afrika weerspreek dit – ek dink hulle is reg.”
Slagmulder het daarna ʼn lys van 65 bladsye aan die Vlaamse parlement oorhandig wat die name van plaasmoordslagoffers bevat.
“Ek glo dat hierdie misdade beslis nie geïgnoreer moet word nie. Dit moet nie geminimaliseer word nie. Ek dink nie dit gaan net oor misdaad waarvan daar soveel gevalle in Suid-Afrika is nie. Ek dink daar skuil duidelike rassistiese motiewe hieragter.”
Hoor, hoor! Iemand in die wye wêreld sien wat regtig hier aangaan.
…maar gaan dit genoeg wees?
Ek is so bly die Buiteland sien wat in SA aangaan, sodat buitelanders kan sien ons is net Wiet Targets”
Ek staan verstom oor die menings wat veral die Nederlanders, Vlaminge en ander stamnasies van ons (wit/blanke) bevolking huldig. Leer die mense dan nou nie. Die Nederlanders is die beterweterige lot, die Vlaminge weet ek nie veel van nie. Nou wil hulle ewe skielik bekke rek oor die werklike stand van sake in die land. Die Britte het eiesoortige probleme/uitdagings, nie dat hulle hulself aan ander steur nie, Solank dit nie hulle verontrief nie. Maar met die invloei van vlugtelinge/ellendellinge sal hulle ook nou begin voel hoe dit is om met ander bevolkingsgroepe te probeer saam leef. Die heer Malema sal aanhou met sy kaskenades. Hy het beslis nog nie die spreekwoord gehoor wat as volg lui nie, “When you live by the gun, you die by the gun”
Die einste spulletjie was taamlik in die ANC se agterente ingekruip.
Wow dat ander lande sien en verstaan wat hierdie aanhutsing beteken sê beslis nie veel vsn SA se geleerdes nie
Ons moet voorwaar dankbaar wees dat die buitewereld vir ons begin opstaan, want ons medemens is teen ons en word opgevuur en mee gesleep. Die wat dit doen sal nooit bloed op hulle hande he nie, maar die kanon voer wel.
Dis n onverwagse nuwe wending . . .
Maar ons almal weet dit gaan die water net roer en nie kook nie
Dankie tog. Ek is so bly dit raak wereldwyd bekend. Mense moet weet wat regtig in ons land aan die gebeur is.
Die wêreld sien laaaaankal wat hier aangaan blom. Die meeste lande verkies om blind te raak as dit by SA se misdaad kom…
Asof ou Ramaphosa luister! Kan jy dink as iemand in Nederland sing “dood de boer!”
En jy weet van beter Piet, want jy is sekerlik die erkende outoriteit wat weet, volgens jou skrywe, van “Snert praatjies”.
Hierdie knaap kry soveel publisiteit, dat dit hom aanmoedig om haatspraak te bevorder!
En wat gaan hulle doen ?????
Word ander moorde met soveel wreedheid gepleeg soos met Plaasmoorde?
Indien die blankes swartmense martel afslag en verkrag en dan doodmaak sal dit rassisties en volksmoord in jou oe wees Piet?
Wees ‘n man en gaan kyk na ‘n plaasmoord toneel en kom vertel ons dan dit is snert Piet! Jy gaan vir baie lank nagmerries kry glo my.
Ek daag jou uit met die wete jy sal nie want linkse papbroeke is orals te vinde selfs mense wat Afrikaans besig.
Bly vir dit iemand suen raak wat in SA aan gaan dankie
Piet wonder maar net oor waardes
So ek mag nie verwys na kleur nie maar die Vlaamse mense mag ,hierdie is die groot probleem as dit by sekere sa media kom weier om ‘n probleem by die naam te noem ,maar roem dat die media vry en regverdig is.
Er staat een kleine vertaalfout in dit artikel … Kristof Slagmulder zei niet “boerevolk” maar “broedervolk”.
Wij kijken vol afschuw naar wat jullie aan het overkomen is, Afrikaner broeders en zusters. Jan Jambon is een lafaard om dit niet te erkennen.
En ons se AMEN!
Hierdie rassistiese haat liedjie moet verban word.
Dink jy dit gaan die rooi pette en vetal vir malema keer…?
‘n Oplossing is om vir wit Suid-Afrikaners dit maklik te maak om na België te immigreer siende dat hulle ‘n taal- en kulturele uitvloeisel van Nederland en ‘n deel van België is. Dan kan wit mense terugkeer soontoe as hulle wil. Maak dit net maklik wat betref administrasie, kostes, ens.